BROODKLUITJIES:
8 snye witbrood, korsies afgesny
Water /melk
25 ml botter
15 ml fyn gekapte pietersielie
2 eiers, geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Koekmeel
Week die brood in 'n bietjie water/melk en druk fyn.
Voeg die botter by die brood en meng goed.
Voeg ook die pietersielie en eiers by en geur met sout en peper.
Skep lepelsvol van die broodmengsel in 'n bietjie koekmeel en bedek dit heeltemal daarmee.
Laat staan vir 10 minute.
Heerlik in sop of vleisbredies/pot.
PIETERSIELIEKLUITJIES:
250 ml bruismeel
5 ml sout
30 ml botter
10 ml gekapte pietersielie
water om te meng
Sif meel en sout, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep.
Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om delsel te lig.
Jy kan ook kaas byvoeg vir kaaskluitjies.