CUSTARD MELKKOS:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, May 20, 2011 at 11:49am.
200g sago (1 cup)
2.5 liters milk (10 cups)
2 eggs
60 ml water (¼ cup)
30 g custard powder (4 T)
2 ml salt (½ t)
15 ml butter/margarine (1 T)
cinnanamon sugar
Soak the sago in the milk for about an hour.
Gradually bring the mixture to the boil over moderate heat, using a heavy based saucepan.
Stir it quite often in order to prevent burning and simmer until the sago is soft and transparent.
Separate the eggs. Beat together the egg yolks, water, custard powder and salt.
Add the custard mixture to the milk mixture and simmer until thick, stirring often.
Add the butter/margarine.
Beat the egg whites until stiff but not dry.
Stir a little of the stiffly beaten egg white into the hot melkos until mixed.
Then lightly fold the remaining egg white into the mixture, using a metal spoon.
Pour the custard melkkos into a heat proof serving dish, sprinkle lavishly with cinnamon sugar and serve immediately.
Makes 2,5 litres (10 cups) of melkkos
MELKSNYSELS:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, March 16, 2011 at 2:49pm
2 liter volroom melk
62,5 ml suiker
2 kaneelbassies
250 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
knippie sout
melk om mee te meng
koekmeelblom om mee te werk
15 ml vlapoeier
30 ml melk
kaneelsuiker
Verhit melk, suiker en kaneel in swaarboomkastrol oor matige hitte tot kookpunt.
Laat vir 10 min oor lae hitte prut.
Maak die snysels so: meng meel, bakpoeier en sout met melk tot n stywe maar hanteerbare deeg. Rol deeg in reghoek, 2 tot 3 mm dik uit op meelbestrooide werkvlak.
Strooi meel daaroor, rol op soos rolkoek en sny in 3 mm skyfies.
Strooi hand vol meel oor snysels en vroetel versigtig los.
Hou eenkant onder 'n doek.
Laat kookmelk weer net op kook, verlaag tot matige hitte en voeg snysels met meellagie en al daarby.
Roer versigtig los met houtlepel maar moenie snysels stukkend roer nie.
Prut vir 10 min oor lae hitte.
Wees versigtig om dit nie te laat aanbrand nie.
Meng vlapoeier en die 30ml melk en bind melksnysels daarmee.
Laat bietjie deurkook.
Skep melksnysels op en strooi toe onder kaneelsuiker.
REGTE MELKKOS:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, March 16, 2011 at 2:44pm
* 1 liter melk en 1 liter water (of 2 liter melk)
* 1 eetlepel margarine
* 1 koppie meel
* water om te sprinkel
* 1 teelepel bakpoeier
* 1 teelepel sout
* 1 eetlepel vlapoeier
* ½ koppie suiker
Voeg melk en water saam in kastrol en laat kook (of 2 liter melk, dan is dit romeriger).
Terwyl dit nog begin kook, sit meel, sout en bakpoeier saam in bak. Sprinkel water daaroor en skud die meel sodat frummels vorm.
Meeste van die meel sal los bly en nie frummels maak nie.
Wanneer dit melk kook, voeg die vlapoeier, botter, suiker en meelfrummels by.
Hou aan roer terwyl jy die hitte afstel tot dit net prut.
Laat baie stadig prut vir 30-45 minute - roer gedurig anders kook dit oor.
Bedien met suiker-kaneel mengsel oorgestrooi.
Nog 'n lekker idee is om 2 stokkies heel kaneel saam met die melkmengsel te kook.
MAKLIKE MELKOS:
15 kop kookwater
1 blik kondensmelk
3½ kop meel
Gooi die meel in mengbak en gooi kookwater bietjies- bietjies by en vryf meel met houtlepel teen kant van bak om growwe krummels te vorm.
Gooi dit nou by die 15 kop kookwater en roer.
As klontjies vorm klits met eier/draadklitser.
As gaar is voeg die kondensmelk by, roer en verhit.
Bedien met kaneelsuiker of as soet genoeg is, net met kaneel.
Resep kan gehalveer word of verdubbel word met sukses.
MELKKOS:
1/2 K Sago
1 E Suiker
1 E Maizina
2 Eiers
1 E Botter
Kaneel (Opsioneel)
Kook melk en draai plaat af na 2.
Prut
1/2 k sago by melk tot sago deurskynend en sag is (+/- 20min).
Klits 1 E Suiker,1 E Maizina en 2 eiers saam.
Voeg bietjie van die melk by die eiermengsel en klits AANHOUDEND, voeg 1 E botter by en roer goed.
Haal melk van die plaat af en klits eiermengsel by.
Prut 15 min. Strooi bietjie kaneel oor net voor jy eet.
MELKPAP: [ 'n Vinnige manier om melkkos te maak en dis lekker ook!']
Maak n pasta van:
120 ml meel
120 ml suiker
100 ml melk
5 ml sout
5 ml neutmuskaat ( ek sal volgende keer net 3 ml gebruik)
Kook 1 liter melk en roer melkpasta by. Kook oor lae hitte vir so 10 minute. Skep in bakkies en strooi kaneelsuiker oor.
MELKKOS MAKLIK:
125ml-150ml Water
5ml Sout
300ml Koekmeel
Koue water
Botter
Kaneel of Bruinsuiker
Metode:
Voeg die eerste drie bestanddele in ‘n groot kastrol bymekaar en bring tot kookpunt.
Sif die meel en sprinkle koue water liggies oor.
Vryf die meel met die vingerpunte tot fyn, dun snysels vorm; lig en dun soos sneeuvlokkies en nie dik swaar kluitjies nie.
Laat die snysels liggies in die kookmelk val terwyl dit geroer word.
Verlaag die hitte en laat stadig prut, terwyl dit liggies heen en weer geroer word. Wanneer gaar, roer ‘n groot klont botter by.
Sit voor met kaneelsuiker of Bruinsuiker en nog melk, indien verlang.
Jy kan ook blikkie kondensmelk, aangevul met water i.p.v. gewone melk.
LEKKER MELKKOS: [JANNIE MOSTERT]
6 koppies Melk
1 Koppie meelblom
12.5ml Vlapoeier
10ml Sout
Suiker en kaneel vir opdiening
1. Bring die melk tot kookpunt
2. Meng meelblom, vlapoeier en sout met klein bietjie melk tot n glade pasta, voeg by die kokende melk, kook stadig vir 15 min
3. sit voor met suiker en kaneel.
MELKKOS: [DINE VAN ZYL]
Hier is ‘n vinnige luierige melkkosresep – maar dit is steeds lekker. Dit behoort so 15 minute te duur om alles klaar te maak van begin tot end. Sowaar!
Kook 2 liters melk.
Sif 1 k koekmeel en 1 t sout saam. Loer dat die melk nie oorkook nie.
Vryf 1 E sagte botter met die vingerpunte by die meel in (botter is nie margarien nie) sodat dit frummels maak.
Voeg die frummels geleidelik by die kokende melk terwyl daar gedurig geroer word. Daar sal klonte vorm, maar hou net moed. Sit die deksels skuins op en prut vir ongeveer 8 minute.
Klaar!
Skep op in bakkies en bedien met kaneelsuiker. Voeg klontjies botter by as jy nie gepla is van cholesterol nie. (ag net die ou een keertjie, dis so lekker).
OUMA SE MELKSNYSELS:
4 kop melk [afgeroomde melk is ook goed]
3/4 kop suiker
1 kop meel
1 eier
1t botter
'n stukkie nartjie- of lemoenskil of kaneel
Kook melk en kaneel [of skil].
Maak meel, stukkie botter en eier tot 'n stywe deeg.
Rol uit.
Sprinkel meel oor, rol op en sny fyn snyseltjies solank die melk kook.
Roer in melk en kook tot gaar.
Gooi suiker na smaak by.
Ekstra kaneel [opsioneel].
MACARONI MELKKOS:
1 kop macoroni
1lit melk
3 eiers
2 e mielieblom - mazena
kaneelstokkie
3 e botter
Kook macaroni apart, kook melk met sout.
Voeg gedreineerde macaroni by
Klits eiers goed, gooi stadig by melk em roer aanhoudend.
voeg kaneelstokkie by verdik met mielieblom en voeg botter by
Roer goed tot dik - bedien met kaneelsuiker.
SAGO-VLA MELKKOS:
Lewer 8 porsies
250 ml (1 k) sago
2,5 liter (10 k) melk
2 eiers
60 ml (¼ k) water
60 ml (¼ k) vlapoeier
2 ml (½ t) sout
15 ml (1 e) botter of margarien
kaneelsuiker
Week die sago 1 uur lank in die melk.
Verhit dan die mengsel in ’n groot swaarboomkastrol tot kookpunt terwyl jy dit die hele tyd roer.
Skei die eiers. Klits die eiergele, water, vlapoeier en sout saam.
Roer die eiermengsel by die sago-en melkmengsel in, en kook totdat dit verdik.
Roer die botter of margarien by.
Klits die eierwitte tot styf en vou by die melkkos in.
Bediening
Sit voor saam met kaneelsuiker.
MELKKOS MET VERMICELLI: [BRON ONBEKEND]
3 k vermicelli
water om te bedek
knypie sout
2 t kookolie
6 k melk
2 stukkies pypkaneel
2 steranyse
3 huisies kardamom
1 E suiker
sout
3 E mielieblom
1/2 k water
2 E botter
SO MAAK JY:
Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies te vul. Bedek met water in 'n kastrol, voeg 'n knypie sout en die kookolie by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.
MELKNOEDELS MET KANEEL: [WENKOS VIR ‘N WENSPAN]
5 pakkies 2 minut Maggi noodles ongegeur
2 blikke 380g elk Neslté Ideal lae vet ingedamptemelk
200ml water
100ml botter
2 kaneelstokkies
125ml suiker
15ml vanieljegeursel
Fyn kaneel vir bo-oor strooi
Vrugte vir garnering indien verkies
METODE:
Plaas die noodles, ingedampte melk, water, botter, kaneelstokkies en suiker in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte tot die meeste van die vloeistof geabsorbeer het, sowat 10 minute.
Roer elke dan en wan.
Roer die vanieljegeursel by en laat afkoel tot lou-warm.
Roer die styfgeklitste room deur en sit voor met ‘n goeie springeling kaneel en vars vrugte, indien verkies.
SAGO- SJOKOLADE MELKKOS: [OUMA BEER SE EIE RESEP]
MODERNE WEERGAWE VAN MELKKOS EN KIDS SAL BAIE HIERVAN HOU! HEELTEMAL IETS ANDERS, RYK EN LEKKER!
Lewer 8 porsies
250 ml (1 k) sago
2,5 liter (10 k) sjokolade melk
60 ml (¼ k) room/water

Voeg die sout en room/water by.
Kook totdat dit verdik.
Roer die botter of margarien by.
Klits tot lekker romerig.
Bediening
Sit voor saam met kaneelsuiker.
WENK:
Jy kan 12.5ml kakao byvoeg om dit nog meer sjokoladegeur te gee.
Jy kan ook sjokolade skaafsels byvoeg en dit laat smelt.

400ml Nestlé dessert room, geklits

MELKKOS MET KWEPERS IN ORANGE RIVER CELLARS ROSE-STROOP: [ROOI ROSE STOMENDE POEDINGS]
GENOEG VIR 6
2 kwepers, geskil, klokhuise uitgehaal en in kwarte gesny
1 bottel (750 ml) Orange River Cellars Rosé
250 ml suiker
2 liter volroommelk
2 kaneelstokkies
310 ml bruismeel
2,5 ml sout
15 ml botter
45 ml bruinsuiker
MAAK SO:
Kook die kwepers, Orange River Cellars Rosé en suiker in ’n middelslagkastrol tot die kwepers sag is.
Lig die kwepers met ’n gaatjieslepel uit en kook die stroop verder af tot dik en blink.
Verhit die melk en kaneel in ’n groot kastrol oor lae hitte.
Sif 250 ml van die bruismeel en die sout saam in ’n bak.
Werk die botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Hou die meelmengsel onder ’n druppende kraan en maak frummels met jou vingers, skuif die frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe
meel.
Meng die res van die meel deur die frummels en voeg dit en die suiker by die warm melk.
Kook vir 30 min. tot dit verdik.
Laat staan vir nog 1 uur om verder te verdik.
Sit saam met die kwepers, rosé-stroop en glase Orange River Cellars Rosé voor.
MELKSNYSELS “BOERERESEP”: [Bron: Voortrekkerresepte. herdruk 1949]
BENODIG:
2 koppies Meelblom
1 Eier
‘n Weinig sout
MAAK SO:
Melk om ‘n stywe deeg te vorm
KLits eier op en meng met meelblom, voeg melk by om ‘n stywe deeg te vorm en knie. Rol dun uit, strooi meel om te voorkom dat deeg aanmekaar vassit, rol deeg nou op, kerf soos die ou mense tabak gekerf het.
FRUMMEL-MELKKOS:
Ma het melksnysels en frummelmelkkos uit haar kop uit gemaak. Ek sal volgende keer gaan dophou hoe sy dit maak en afskryf. Tot dan loer ek in by die versamelstuk Dine van Zyl se Groot Boerekos-boek.
Dine se belofte dat dit 15 minute behoort te duur om dit van begin tot einde te maak. Ek moes eers kaneelsuiker aanmaak, langlewemelk in die spens gaan haal, so as dit my bietjie langer geneem het: Dine, dit was nie jou skuld nie!
(Ek het die resep halveer vir my lee-nes gesin, maar hierdie is Dine se afmetings)
BENODIG:
2 l melk
250 ml meelblom
2,5 ml sout
15 ml sagte botter (BOTTER, nie margarien nie)
MAAK SO:
Kook die melk (hou oog daaroor dat dit nie oorkook nie) Sif die meel en sout saam. Vryf sagte botter met vingerpunte by die meel in tot dit frummels maak. Dit kan in in die voedselverwerker gedoen word (ek hou te veel van hierdie lekker stap om dit vir ‘n masjien te gee om te doen.) Voeg die frummels geleidelik by die kokende melk en roer aanhoudend. Verlaag die hitte en laat sag prut vir sowat 8 minute.
Bedien met kaneelsuiker.
MELKSNYSELS of te wel Slinger-om-die-smoel: [Dine se resep]
BENODIG:
3 eiers
375 ml meelblom
5 ml sout
Water om mee aan te maak
1,25 l melk
2 stukke pypkaneel
Kaneelsuiker vir oorstrooi
Klont botter
MAAK SO:
Klits eiers. Sif meelblom en sout by en meng goed. Voeg NET GENOEG water by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie tot elasties. Strooi meelblom oor ‘n deegplank en rol die deeg dun uit om ‘n reghoek te vorm. Strooi meel oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die een kant af op en sny met skerp mes in dun repies. Strooi meel oor die snysels.
Verhit die melk saam met 2 stukke pypkaneel. Sodra dit begin kook, gooi die snysels geleidelik daarby en roer met ‘n vurk sodat die snysels nie aanmekaar klou nie. Werk liggies om ‘n pappery te voorkom. Laat stadig kook vir 20 minute. Skep in groot sopborde en bedien met kaneelsuiker.
Klont botter as jy hou van overdaad (of troos, reken ek).
CAPE STYLE QUICK MELKKOS: [Rialien Furstenburg - Recipe courtesy of www.clovermamaafrika.com]
A dreamy, creamy version which is very quick, reasonably economical and delicious and also a good way to use up slightly dry good quality bread.
Yields 10 – 12 generous servings
INGREDIENTS:
1x 397 g can Clover Full Cream Sweetened Condensed Milk
1 liter water
1 ml salt
375 ml Clover Fresh Full Cream Milk
100 g Butter
100 ml cornflour
100 ml additional water
500 ml finely diced crustless white bread (± 2 cm dices)
Ground cinnamon or cinnamon sugar to sprinkle
WHAT TO DO:
1. Combine condensed milk, water, salt, milk and butter in a heavy based saucepan and bring to boil over very moderate heat, stirring constantly to dissolve the condensed milk. Take care not to scorch the milk.
2. Mix the cornflour and water and stir into the hot mixture. Stir and cook until thickened and stir in the diced bread. Simmer gently for 10 minutes and serve piping hot sprinkled with cinnamon or cinnamon sugar.