BOERBOK EN BOONTJIEKERRIE: [Dinner Diva en foto - Anél Potgieter ]
Bestanddele
Genoeg vir 4.
600g bokvleis, in happiegrootte stukkies gesny
2t knoffel-en-gemmermengsel (sien resep onder)
2t groen-marsala (sien resep onder)
1t rooi-marsala (sien resep onder)
1½ sout
½t borrie
2t medium marsala (kerriepoeier)
1t fyn komyn en koljander
3 medium uie, gekap
1e Ghee of gewone botter
2e olyfolie
2 steranys
3 kaneelstokkies
4 kardemompeule
3 naeltjies
410g blik Rhodes geskilde en gekapte tamaties
5 kerrieblare
410g blik Rhodes botterbone
2e vars koljander, gekap
Só maak mens:
1. Meng die bok, knoffel-en-gemmermengsel, groen en rooi marsala, sout, borrie, medium marsala en komyn en koljander saam en sit een kant om te marineer.
2. Braai die uie in die olie en botter tot deurskynend.
3. Voeg die speserye by en braai vir 3-5 minute. Voeg die vleis by en braai tot bruin.
4. Voeg die gekapte tamaties en die kerrieblare by. Verlaag die hitte, sit ’n deksel op en laat prut vir sowat 40 minute. Roer elke nou en dan, as die kerrie te droog word, voeg ’n bietjie water by.
5. Voeg na 40 minute die boontjies (met die vloeistof uit die blikkie) by en prut vir nog 20 minute. Proe en geur na smaak met nog sout en/of rissies. Sprinkel vars koljander oor net voordat jy dit bedien.
KNOFFEL EN GEMMERMENGSEL:
2e geraspersde knoffel
2e gerasperde vars gemmer
Meng die bestanddele.
GROENMARSALA:
1e knoffel-en-gemmermengsel
2e groenrissies, fyngekap
1t olie
knypie sout
knypie borrie
Gebruik ’n stamper en vysel om die bestanddele saam fyn te maal.
ROOIMARSALA:
1e knoffel-en-gemmermengsel
2 rooirissies

SAFFRAAN-EIER EN BASMATI RYS:
Vir die rys:
1k basmati-rys
’n paar stukkies saffraan (as jy nie saffraan het nie, gebruik ’n knypie borrie)
2e Ghee
Vir die uie:
3 groot uie
2e olie
2e Ghee
Vir die eiers:
4 eiers
2k warm water
’n paar stukkies saffraan (of ½t borrie)
1. Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie, maar plaas ’n paar stukkie saffraan in die water en onthou ook om sout by te voeg voordat jy die rys begin kook. Dreineer die rys deur dit deur ’n sif te gooi en spoel af met warm water. Voeg die ghee by en meng liggies deur.
2. Sny die uie in skywe. Braai oor medium hitte in die olie en ghee tot goudbruin.
3. Kook die eiers. Wenk –vir perfekte hardgekookte eiers, laat die eiers in die water kook en sit dan die plaat af. Laat die eiers vir 10 minute in die warm water lê. 4. Dop die eiers af. Voeg die saffraan by die water en sit dan die eiers in die water. Laat dit vir ongeveer 10 minute staan sodat die eiers kleur en geur van die saffraan kan kry.
5.Om te bedien:
Gebruik die rys as ’n basis in die opdienbak. Sny die eiers in kwarte en plaas bo-op die rys. Sprinkel die uie oor en sit dadelik saam met die kerrie voor.