KAMP MET JOU KINDERS ENS. [By Shanda Luyt ]
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, August 9, 2011 at 1:25pm.
Dis heerlik om die kinders op 'n kampeervakansie te neem! Hier's ons wenke om dit makliker te maak.
Om saam met jou kinders te kampeer, waarborg ’n skatkis onvergeetlike herinneringe. Dit skep goue saamweestyd waarin jy en jou kind saam die natuur – en mekaar – beter kan leer ken. As die gedagte aan ’n baba of peuter in ’n tent jou wil laat weghardloop, skep moed. Dit kan gedoen word – en boonop heerlik wees! Hier’s ons wenke vir ’n suksesvolle kampuitstappie met jou kleinding.
Dis stil – selfs al hoor jy mense ’n entjie weg gesellig om kampvure gesels. Bo jou skyn die sterre so helder jy voel jy kan dit pluk. Weerskante van jou, styf ingewurm, sit jou japsnoete elk met ’n langs stok en swartgebrande malvalekker aan die punt, moeg ná ’n vol dag. Binne jou kom ’n salige vredigheid nesskop...
En vir jou kind is dit amper soos om ’n stukkie hemel te proe. Miskien omdat dit soos huis-huis speel voel, behalwe dat ma en pa saamspeel. Of omdat dit julle dwing om onverdeelde aandag aan mekaar te gee, mekaar beter te leer ken en die natuur saam te geniet.
Bun Booyens, redakteur van die reistydskrif Weg, sê die wonderlike ding van die natuur is dat dit hom nie by ’n kind aanpas nie; dit werk andersom. “In die proses leer jou kind dat omstandighede soms groter as ’n mens self is. Dinge gaan op ’n bepaalde manier werk – lekker of sleg – en dis hoe dit gaan wees, punt. Jy leer jou kinders dat hulle soms ondergeskik is aan groter omstandighede en dat ’n mens jou daarby moet aanpas.”
VOORAFBEPLANNING:
1.Waarheen? Jou stryd is halfpad gewen as jy in ’n kindvriendelike omgewing kampeer. Doen huiswerk: Is daar gesinsbadkamers? Is daar ’n speelterrein vir kinders en is dit in ’n goeie toestand? Hoe ver is die swembaddens van die kampterrein, en is dit omhein? (Daar is niks so sleg as om heeltyd bekommerd te wees dat jou kind in die oop swembad naby jou staanplek gaan beland nie.)
2.Wanneer? Gaan verkieslik buite seisoen, maar terwyl die weer nog lekker is soos in Februarie of Maart. Dan is die karavaanparke nie so vol nie, dis boonop goedkoper, en jy is nie bang jou kinders steur ander kampeerders nie.
3.Hoe lank? As dit jou eerste kampeersessie met jou kleinding is, oorweeg eers ’n proeflopie van ’n naweek voor julle met ’n weeklange vakansie wegspring.
Kies ’n “huis”:
Karavaan is koning vir klein kindertjies omdat jy al jou geriewe byderhand en baie ruimte het. Boonop kan jy klaar pak voor julle ry, sodat julle net tent moet opslaan wanneer julle aankom. Dis egter ’n duur opsie en jy moet ’n voertuig hê wat dit kan sleep.
Tente is minder gerieflik, maar meer avontuurlik. En jou keuse is wyd: Seiltente is duursaam, maar duur. Nylontente is goedkoper en lig, maar nie so duursaam nie. Koepeltente is lig, klein om te vervoer, windbestand en maklik en vinnig om op te slaan. (Dis ’n bonus as jy met moeggeryde kleuters by die kampterrein aankom.)
Huistente is heerlik ruim, maar ’n drama om staande te kry – veral as jy nie weet wat jy doen nie – en neem baie plek in jou bagasie op; iets om in gedagte te hou as jy al die kleingoed se ander benodighede moet saamkarwei.
Moenie oorhaastig ’n tent aanskaf nie. Dink mooi: Hoeveel mense moet daarin slaap? Hoe gereeld gaan julle kampeer en vir hoe lank? Wat kan jy bekostig?
Slaan jou tent altyd eers by die huis op sodat jy kan sien hoe maklik dit is (en kan seker maak al die noodsaaklike benodighede is daar). Jy wil nie ure sukkel om dit staande te kry terwyl jou kinders kerm vir kos nie.
Superwenk: Doen ’n hele toets-kampnaweek in jou agterplaas. Jou kinders sal dol wees daaroor en julle sal kan sien waarsonder julle kan en nie kan klaarkom nie.
Pak slim:
Sommige kampeerders vat so min moontlik saam om naby aan die natuur te voel, terwyl ander hul geriewe saamry sodat dit soos ’n replika van hul huis lyk. Moenie alles oornag aanskaf nie. Kampeer dalk ’n slag met geleende goed en kyk wat julle werklik nodig het. Mettertyd kan julle kampeertoerusting aankoop sonder dat julle ’n fortuin aan onnodige katoeters uitgee.
Superwenk: Maak ná elke kampeerdery ’n lysie van goed wat jy gemis het en volgende keer moet saambring. Skryf dit neer, anders vergeet jy!
Onthou...
1.’n Tent/karavaan.
2.’n Rubberhamer om die tentpenne mee in te slaan.
3.Genoeg slaapsakke of beddegoed.
4.’n Gemaklike matras (opblaas of skuimrubber) of kampbedjie vir elkeen.
5.Ligte (oorweeg LED-kampeerlanterns en gee vir elke kind sy eie klein flitsie).
6.’n Lang, dik elektriese koord (die kragbokse staan altyd te ver).
7.Jou ketel en braaipan/skottelbraai.
8.’n Skotteltjie en emmer (vir skottelgoed, water en allerlei).
9.Swartsakke (dit het honderde gebruike).
10.’n Besem en skoppie.
11.’n Opvoutafeltjie.
12.Gemaklike, opvoubare stoele.
13.Eetgerei.
14.Grondseil (as jou tent nie een het nie of vir ’n stoepie voor).
15.’n Klein yskassie of koelhouers met baie ys (draai die ys in foelie toe, dan hou dit langer).
16.’n Volledig toegeruste noodhulptassie.
17.Klere (maak voorsiening vir alle weersomstandighede).
18.Sonskerm, swemklere, armbandjies, hoedjies.
19.Jou kamera of videokamera.
20.Ekstra batterye vir flitse.
21.Rooster, vuurhoutjies, blitz en hout.
22.Badproppe en toiletpapier.
Superwenk: As julle gereeld gaan kampeer, skaf ’n krat aan waarin julle al die kampeergoed hou sodat julle voor jul vertrek jul voorraad net vinnig kan nagaan en kan inlaai.
Etenstyd:
Dis altyd ’n goeie idee om ’n basiese spyskaart uit te werk. Gaan in jou gedagtes deur elke ete en dink of julle alles gepak het wat daarvoor nodig sal wees.
■Braai is altyd ’n goeie opsie. Oorweeg sosaties of klein worsies wat julle kan spitbraai.
■’n Gasbraaier of braaipan kan jou help om die spyskaart af te wissel met ander kos.
■Aluminiumfoelie is ’n wenner: Jy kan halwe botterskorsies, mielies, aartappels en ander groente daarin toedraai en op die kole rooster.
■Beskuit, kitspap, Smash, tweeminuut-noedels en eiers werk goed as jy vinnig honger gaatjies moet vol maak.
■Hou ’n verskeidenheid vinnige happies byderhand wat jy kan gee as jou kind honger en moeilik raak. Happies kan insluit klein worsies, kasies, vars vrugtehappies en gedroogte vrugte soos rosyne en vrugterolle.
■Koop klaar brooddeeg by jou supermark se bakafdeling en maak stokbrode of ’n potbrood.
■Potjiekos bly ’n wenner.
■Moenie die malvalekkers vergeet nie.
Kies ’n plek en skop nes:
Kies jou staanplek met oorleg. Jy sal dinge vir jouself makliker maak met ’n staanplek met elektrisiteit sodat jy jou ketel en braaipan kan gebruik. Dink mooi oor watter kant jou tentopening moet wees. Maak seker jou staanplek is gelyk en doringvry.
Kampeer verkieslik naby die ablusiegeriewe – jy sal daardie paadjie baie met jou kleingoed stap! As daar min ander kampeerders is, maak jou staanplek ’n entjie weg sodat jy minder gespanne raak as jou baba in die nag moeilik is. ’n Lekker groot boom wat skadu gee is ’n bonus; wees net versigtig vir giftige bessies. As daar ’n speelparkie is, kies jou staanplek so dat jy die parkie van jou voorstoep af kan dophou.
Slaan eerste baba se kampkot op en sit hom daarin met ’n paar speelgoed voor julle die tentopslaan aanpak. Bakkies met kougoed kan jou peutertjie besig hou. Delegeer en span jou ouer klompie in om goed aan te dra of punte vas te hou tot alles ’n plek het.
Ontspan en geniet dit!
Die kern van ’n goeie kampeerervaring is om tot stilstand te kom en net asem te haal. Hoe jy dit doen, is jou saak. Sommige mense hou daarvan om heeldag by die tent lui te wees, ander wil uitgaan en verken. Kyk wat vir jou gesin lekker is.
Probeer by ’n redelike roetine hou, met slaaptyd in die middag sodat jou kleinding nie oormoeg word nie.
BYVOORBEELD:
Opstaan en ontbyt eet. Dan rustig speel voor die tent terwyl julle gou dinge binne regruk en jul goed bymekaarkry vir die dag se uitstappie. Teen tienuur pak jy die stootwaentjie, sorg dat almal skoene en hoede op het en vat die pad swembad toe. Ná swem is dit middagete en dan ’n bietjie rustig speel of slaap oor die warmste deel van die dag. Dan weer ’n uitstappie, gevolg deur badtyd, etenstyd, storietyd en slaaptyd.
■As jou kind reeds van die doek af is, vat ’n potjie saam. Dit sal dinge veral snags vergemaklik.
■Moenie baie speelgoed saamneem nie – kry een klein rugsakkie waarin elkeen sy speelgoed kan pak. Dis al wat hulle mag saamneem.
■Vat vermaak saam vir stil tye of reëndae, soos ’n storieboek of speletjies.
■Neem baie foto’s.
■Gaan stap soveel moontlik en staan stil om dinge te bekyk en te bespreek soos ’n miernes, molsgat of akkedissie wat julle gesien het.
■Kry boeke oor voëls en diere. Skaf ’n verkyker aan en bekyk die diere van naderby.
■Leer jou kind respek vir medekampeerders. Leer hulle om saans na die naggeluide te luister eerder as om te jil en gil.
■Gee jou spruit kampwerkies soos om vir pappa kleinhoutjies aan te dra of water te gaan haal.
Superwenk: Sit jou selfoon af.
Kampeer met ’n baba:
Kampeer met klein babatjies is glad nie so moeilik nie, want hulle slaap die meeste van die tyd. Baie ma’s vertel hul babas is gelukkiger in die tent as by die huis!
■Borsvoed is bobaas wanneer jy kamp, maar bottelvoed is ook glad nie moeilik nie. Belê in ’n termosfles of twee (Cadac se metaalflesse is duursaam) om water warm te hou vir bottels en kry ’n melkpoeierhouertjie waarin jy voedings vooraf kan afmeet.
■As julle nie elektrisiteit het nie, gebruik Sterilon of Milton om jou baba se bottels in ’n emmertjie te steriliseer.
■Purity is ’n wenner wanneer jy kamp.
■’n Dra-kot werk lekker vir ’n klein babatjie, veral in ’n klein tent. Vir ’n groter baba is ’n kampkot ’n goeie slaap- en veilige speelplek. As baba nie tuis in ’n kampkot slaap nie, laat slaap hom daarin ’n paar dae voor julle kamp sodat hy dit gewoond raak.
■Pak ’n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam.
■’n Stootwaentjie is ’n moet, veral vir wanneer baba sukkel om te slaap.
■Indien moontlik, moenie gaan kampeer as baba siek is nie. Dit gaan vir niemand ’n plesier wees nie.
■Vat jou Kango-drasak saam vir jou kleinding, of belê in ’n abbasak vir jou ouer baba.
Geniet die avontuur!
Wees gewaarborg dat dinge verkeerd gaan loop. Julle gáán goed by die huis vergeet, soos toe ons al ons beddegoed vergeet het en onder ’n tafeldoek moes slaap. Dan is dit tyd om te improviseer en lekker te lag. Agterna sal dit van jou kinders se kosbaarste herinneringe word.
WENKE WAT WERK:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, 27 September 2011 at 09:57.
As jy iets oor die kole rooster en jy wil die gereg van bo laat bruin word, bedek dit met ‘n vel Hulett Heavy weight Foelie en skep ‘n lagie warm kole bo-op.
Loer nou en dan onder die foelie in om te sien of die regte kleur verkry is en lig net die foelie met kole en al af wanneer die kos gereed is.
WENKE OOR HOE OM JOU ROOSTER AS OOND TE KAN GEBRUIK:
Ons het vir ons 'n groot ronde koepeldeksel gekoop en dit werk baie lekker op die rooster as 'n oond, om soos byvoorbeeld 'n gebakte nagereg of hoenderpastei te maak.
Sorg net dat die deel waar jy jou bakwerk op die rooster doen nie te warm is nie, maar wel matige kole.
Jy kan ook van swaargewig foelie gebruik maak om die voedsel te bedek, indien jy nie 'n deksel het nie.
Jy kan ook die metode gebruik wat jy anders sou gebruik om 'n potbrood te bak, maar wees versigtig dat jou gereg nie brand nie. Vang maar so na 20 - 25 minute 'n vinnige loer, net om seker te maak dat als nog wel is.
Dan is daar natuurlik ook die klein Bush Baby webertjie wat jy kan aanskaf [Checkers Hypers verkoop hulle @ R200], wat jy met gemak kan saamneem as jy gaan kamp, dis lekker klein en kompak, wat jy kan gebruik as 'n oond.
Baie mense skaf ook en van hierdie oonde met die 2 plate aan en gebruik dit by die kamp.
So daar is niks wat jy by die huis gaarmaak wat jy nie ook by 'n kamp of braai kan maak nie.
Alle resepte kan aangepas word om by 'n kamp te maak, selfs al daardie gunstelinge wat jy by die huis maak.
Al hierdie metodes is getoets en dit werk soos 'n bom, jy moet net weet hoe!
Braaivuur: Verhinder dat die kole vlamvat terwyl jy vleis braai deur vooraf sout oor die kole te sprinkel.
Vleismeulmessie wat stomp is, kan geslyp word deur eierdoppe in die meul te maal.
Silverware sal `n mooi glans hê as dit met suur melk skoongemaak word.
Ruite: Gebruik warm asyn om verf van vensterruite te verwyder.
VUURAANSTEKERS:
'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie. Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop.
ALLES WAT JY WEET EN NIE WEET VAN BEESVLEIS, SKAAPVLEIS EN VARKVLEIS NIE: [uit DIE GROOT VLEISBOEK]
Die BEESVOORKWART bestaan uit die:
Bolo, Skenkel, Skof, Nek, Primarib, Dikrib, Platrib en Borsstuk, en word verkieslik so gebruik:
BOLO: Stowe, Smoor, potbraai of bak in foelie of in bak sakkie, maalvleis geregte
SKENKEL: Stowe, Smoor of prut in vleisaftreksel met geurmiddels tot sag en ook vir vulsel vir pasteie.
SKOF: Potbraai en Kook
NEK: Stowe en maalvleis geregte
PRIMARIB: gebruik vir Rooster en Oondbraai, met been of ontbeen en in rolle.
DIKRIB: Potbraai of in foelie of bak sakkie, Smoor, Stowe, Maalvleisgeregte en oondbraai mits dit rypgemaak is.
PLATRIB: Stowe of Potbraai of in foelie of bak sakkie
BORSSTUK: ook bekend as die “Brisket” Baie geurig, Kook, Potbraai of in foelie of bak sakkie, en Smoor.
Die AGTERKWART bestaan uit die:
Dunlies, Voorrib, Filet, Lende, Kruis, Binneboud, Dy, Stertstuk, Diklies en Skenkel.
En word so gebruik:
DUNLIES: Potbraai of in foelie of bak sakkie, Smoor, Stowe, Maalvleisgeregte
VOORRIB: Oondbraai en Rooster , Die sg. Rib-oog snit is goeie gehalte beenlose snit uit die ribgedeelte.
Die “oog” verwys na die ronde kruisspiersnit wat uiters sag is.
FILET: Rooster en Oondbraai Dit bly jou uitmuntende tafelkeuse. Dit bly die sagste biefstuk wat daar is.
LENDE: Rooster skywe, oondbraai groot snitte, snitte hieruit meer bekend as “Sirloin”-skywe, die gunsteling vir wanneer jy gaste kry,
T –Been, geurvol en is 'n saamgestelde biefstuk met doeksagte filet aan die een kant en sappige sirloin aan die anderkant van die been.
“Rump” en Porterhouse –skywe, hierdie biefstuk skywe word gesny uit die sirloin en is baie gewild, vol geur, sag en sappig.
Die klub-skyf word gesny uit die kort lende langs die einde van die rib, en is sagte geurvolle waarde vir geld.
Hierdie is gewilde braai keuses vol geur en sagtheid, op sy beste oor die kole of in 'n droë pan.
KRUIS: Rooster en Oondbraai
BINNEBOUD: Potbraai of in foelie of bak sakkie, Smoor en Stowe.
DIKLIES: Smoor, Stowe en Potbraai of in foelie of bak sakkie.
DY en STERTSTUK: Potbraai of in foelie of bak sakkie, rook, gekook as Soutvleis, Smoor en Stowe.
SKENKEL: Stowe, Potjie en Smoor of prut in aftreksel tot sag en ook vir pastei vulsel.
My Gunsteling snitte vir :
Rolle, Oondbraai of “Potroast”: Bolo , ontbeende “Chuck”/ Skof en ontbeende platrib, kort-rib, dun-lies, ontbeende “Brisket”,
Dik flank, “Topside” of “Silverside”, en Filet.
- Beste snitte vir Stowevleis :Skenkel, “Brisket” , Nek, Rib-snitte, Bolo, “Chuck” Lies, en “Topside” of “Silverside”.
- Beste snitte vir Maalvleis: “Topside” of “Silverside”, “Chuck” of Kruis en Nek .
- Beste snit vir Sosaties, Goulash en “Stroganoff” : Rump, “Topside” of “Silverside”.
- Alle snitte wat geskik is vir Maalvleis is ook geskik vir Wors, en alle afsny stukkies kan ook gemaak word en gebruik word vir wors,
HOEWEL Wors verkieslik gemaak word met vetter vleis.
BEESVLEIS WENKE:
-Kyk vir ʼn tekstuur wat ferm, nie droog, glad en fyn is.
-Reukloos of vars vleis reuk. ( LW. Dat vakuum verpakte snitte 'n effe “af” reuk mag hê wanneer
jy dit oopmaak, maar sodra dit aan suurstof blootgestel word, verdwyn die reuk, indien nie,
dan is die vleis wel inderdaad “af”!)
-Die buitenste lagie vet moet ferm en eweredig versprei wees.
(Kleur is slegs 'n voedings indikator en irrelevant t.o.v. smaak.
Geel mielies as voer is die oorsaak van daardie lekker (ongesonde!) helder goudgeel vet...)
-Die kraakbeen of werwel weefsel tussen die vleis behoort wit en jellie-agtig te wees, die afwesigheid daarvan
is teken daarvan dat dit 'n ou dier was.
-Rypmaking is die proses waardeur die spierweefsel proteïen deur ensiem werking afgebreek word om sagter,
sappiger snitte te bekom. Beesvleis kan tussen 0º en 4 º vir 5 – 6 dae hang en by 0 º tot 12 dae.
-Vakuumverpakte vleis kan tot 2 weke behoue bly by 'n konstante temperatuur van 0º tot 4 º en vars vleis
in die yskas by dieselfde temperatuur vir slegs 2-4 dae.
-Bevrore vleis behou volle voedingswaarde, voorkoms en geur , en lugdigte, verseëlde vleis kan by -18º vir 6 maande tot 'n jaar gevries word,
maar gaar vleis net vir 2 maande.
-Ontdooide vleis behou meer sappigheid en voedingswaarde voor dit gaargemaak word, en die beste manier om vleis te ontdooi is in die verpakking
binne in jou yskas. Alle ander metodes werk, maar jy boet sappigheid in, want baie van jou vleis vog gaan daardeur verlore.
SKAAP
(Beste snitte vir BRAAIVLEIS: Boudtjops, Rugtjops, Lendetjops, Ribtjops, Bladtjops, Ribbetjies.
Beste snitte vir OONDBRAAI: Boud, met been of ontbeen, Rugbraaistuk, Ribbetjie en ontbeende Blad-vleisrol.
Beste vir MAALVLEIS, SOSATIES: Boud en Lende.
Beste vir STOWEVLEIS: Skenkels, Nek, Bors en Ribbetjie.
WENKE:
Lam is ligter van kleur en het 'n fyner tekstuur as die van ouer skape.
Vet is ferm en eweredig deur hele karkas versprei.
Die vleis se tekstuur moet ferm wees met aanraking en nie ingeduik bly na jy daarop gedruk het nie.
Wit en jellierige werwel weefsel en kraakbeen is aanduiding van Lam, ouer diere s'n is hard.
Rypmaking is korter as by Beesvleis, 2 – 3 dae by 0º en 4 º, en 7-10 dae by 0º.
VARK
KOP: Stowe, Lewerwors, Oondbraai en Sult/Bron en vir paté.
SKENKELS en POOITJIES: beste vir Sult/Bron, “Eisbein” en stowevleis. Kook en bedien saam met suurkool, of in boontjie of ertesop!
DIKRIB: Ontbeen vir oondbraaistukke, as tjops vir braaivleis, en in strokies vir roerbraai geregte.
Gebak in foelie of in baksakkies, gerooster, gestowe en gesmoor met soet-suur-sous.
BORS: Saam met die RIBBETJIES, as gerookte of gemarineerde “Spareribs”, stowe , potjie, ontbeen vir oondbraai, en maalvleis.
Bors ook lekker gemarineer en oor kole gerooster, en Lies-en-ribbetjie, lekker pangerooster as ontbytgereg, gemarineer vir sosaties,
gepekel, berook, gerol en gaargemaak as ham of in skywe as spekvleis. Kombineer met maer beesvleis in maalvleisgeregte en wors.
RIB ook as gerookte tjops en gerook en gepiekel as “kasseler-ribs”
MAAG: Lekker gevulde rolle vir oondbraai, maalvleis, gestreepte spek, kebabs.
LENDE: vir rooster en braai, in Saal-tjops gesaag, of ontbeen as oondbraaistuk.
BOUD: Heel of ontbeen as oondbraaistuk, gerook en gepekel as ham of spek, of vir braai as Boudtjops.
Ook vir sosaties, varkrepies en maalvleis.
WENKE:
Jong vark se kleur is grys-pienk, hoe ouer die dier hoe donkerder die kleur.
Vet is meesal wit tot roomwit, olierige voorkoms dui op ouer diere.
Die vleis se tekstuur moet ook ferm wees met aanraking en nie ingeduik bly na jy daarop gedruk het nie.
Wit en jellierige werwel weefsel en kraakbeen is aanduiding van jonger karkasse, ouer diere s'n is hard.