PERLEMOENPOTJIE:
genoeg skoongemaakte perlemoen vir vier persone, in baie dun skywe gesny
1 rooi soetrissie, fyn opgesny
1 rooi rissie, fyn opgesny
2 uie, gekap
8 koffelhuisies, fyn opgesny
125 ml olyfolie
250 ml witwyn
250 ml pietersielie, fyn gekap
125 ml koljander, fyn gekap
1 eetlepel suurlemoensap
1 liter aftreksel
sout
varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie eerste en dan pak jy jou perlemoen, soetrissie, rissie en knoffel. Strooi die pietersielie oor en gooi die aftreksel, wyn en suurlemoensap in. Kook stadig tot reg.
Toets vir sout en peper en roer koljander in net voor opdiening.
(bedien 4)
DIE PAARLBERG-POT:.
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, March 23, 011 at 2:56pm.
Bestanddele (vir 8 tot 10)
Vleis
1 kg skaapskenkels
½ kg skaapnek
½ kg skaapdunrib
12 skaapstertjies
Groente
2 groot uie, fyn gekap
300 g sampioene
3 bakhande vol gekerfde groenbone
2 groot tamaties, in kwarte gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
5 wortels, gesny
3 koppies groenertjies
2 selderystingels, gesny
1 groot raap, in ringe gesny
6 vlapampoentjies, in kwarte gesny
2 hande vol pietersielie, fyn gekap
10 klein aartappels, heel en geskil
Geurmiddels
½ glas droë witwyn
8 heel naeltjies
10 wonderpeperkorreltjies
½ teelepel sout
½ teelepel grofgemaalde swartpeper
1 kaneelstokkie
1 klein rooi brandrissie
4 knoffelhuisies, fyn gekap
'n paar takkies vars tiemie
Braai die skaapstertjies in ’n bietjie olie in die pot.
Sodra die vet uit die sterte kom, voeg die res van die vleis by en braai dit totdat dit bruin word.
Voeg al die geurmiddels by die vleis en braai alles saam vir ’n halfuur.
As dinge droog begin lyk, kan jy water of wyn bygooi.
Jou vleis moet in ’n sousie swem.
Ná ’n halfuur pak jy die groente bo-op die vleis, in die volgorde soos dit genoem word.
Die pot word nie nou geroer nie.
Laat hom vir sowat twee uur prut.
Hou die pot toe, maar skuif die deksel elke halfuur vir 5 minute half-oop sodat die rook die kos kan geur.
Roer die pot net voor bediening één keer voordat jy dit met rys voorsit.
Kultuur het nog nooit so lekker gesmaak nie.
KALAHARI AARTAPPEL EN BOTTERSKORSIEPOT:
Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, January 26, 2011 at 2:43pm
6 - 8 aartappels, geskil in blokkies gesny
3 botterskorsies, geskil in blokkies gesny
Gooi saam in 'n swartpot en kook tot gaar in water met 'n knippie sout. * Terwyl dit kook berei solank die volgende sous voor:
Meng:
1 lt melk
1 pakkie Wit uieroomsop
1 pakkie Potato bake (enige geur)
Gooi oorblywende water af en voeg die sous * by.
Strooi gerasperde kaas oor en laat prut oor lae hitte vir omtrent 20 minute.
Bedien met braaivleis!
WENK:
Werk jou spyskaart uit vir die tydperk wat jy op vakansie gaan wees.
BEEF CURRY AND RICE:
Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Thursday, May 26, 2011 at 12:07pm
1 1/2 pounds stew beef
salt and pepper
flour
1 tablespoon vegetable oil
3/4 cup very hot water
2 cups hot cooked rice
1 tablespoon of curry powder or more, to taste
1 tablespoon chopped pimiento
Cut beef into smaller pieces; roll in flour seasoned with salt and pepper.
Brown beef in a heavy saucepan in a vegetable oil over medium heat.
Add hot water and bring to a boil.
Reduce heat, cover, and simmer for 2 hours.
Check occasionally and add more water if necessary.
Meanwhile, cook rice and add curry powder and pimientos.
Toss cooked rice with the beef.
Season with salt and pepper to taste.
Serves 4.
Jy kan hierby ook 'n bietjie wortels, klein uitjies en aartappels voeg.
COUNTRY OXTAILS:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, May 20, 2011 at 11:30am.
■3 kg oxtails
■House Seasoning, recipe follows
■1 teaspoon olive oil
■1 can beef broth
■1 cup red wine
■1 tablespoon Worcestershire sauce
■6 cloves garlic, large ones cut in 1/2
■1 teaspoon dried basil
■1 teaspoon dried oregano
■2 bay leaves
■1 (8-ounce) can tomato sauce
■1/2 onion, cut into 6 wedges
■6 small new red potatoes, cut in 1/2
■4 medium carrots, cut into 2-inch lengths
■1 pot hot buttered rice
Sprinkle the oxtails liberally with House Seasoning on both sides.
Coat the bottom of a heavy oven-proof Dutch oven with the olive oil. Once heated, add the oxtails and sear on all sides. Remove and set aside. Scrape up the brown bits from the bottom of the pan. Add the beef broth, red wine, Worcestershire sauce, and garlic cloves. Stir. Add basil, oregano, bay leaves, hot sauce, tomato sauce, and the reserved oxtails. Stir to combine all ingredients together.
Cover tightly and cook for 2 to 3 hours.
Add the sweet onion wedges, red potatoes, garlic and carrots to the pot. Cover and simmer until potatoes are almost tender, roughly 15 minutes.Serve oxtails with the vegetables over hot buttered rice.
House Seasoning:
■1 cup salt
■1/4 cup black pepper
■1/4 cup garlic powder
Mix ingredients together and store in an airtight container for up to 6 months.
JOEY RASDIEN SE PENANG KERRIE: [ROER]
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, May 30, 2011 at .
1kg Fillet
250g Tamarind
1 teelepel droe dhana
1 teelepel jeero
3 teelepels tumeric
2 teelepels masala
3 teelepels kerrie poeier
1 teelepel sout
½ teelepel suiker
1 eetlepel knoffel paste
2 eetlepels gemmer paste
1 teelepel gemmer, knoffel en chilli paste
6 gekookte eiers
5 tamaties , gehalveer
4 uie, in skywe gesny
2 eetlepels ghee
1 koppie kookwater
Sny vleis in groot blokke.
Meng die tamarind met kookwater totdat dit ‘n pasta vorm.
Braai die uie tot goudbruin in die ghee.
Voeg die gemmer, knoffel en chilli pastes by.
Voeg ook die tamarind mengsel en ander speserye by.
Braai totdat ‘n kerriesous vorm.
Voeg dan die vleis by en kook op lae hitte totdat die vleis sag is.
Voeg die tamaties by en net voor opdiening die gekookte eiers.
KAAPSE PAMPOENBREDIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, May 30, 2011 at 1:33pm.
500g Lamsbors, in porsies gesny
500g Lamslies, in porsies gsny
2 groot uie, gekap
1 Knoffelhuis, gekneus
2 Kruinaeltjies
5ml Sout
125ml Vleisaftreksel
500g tot 1kg pampoen, geskil en in stukke gesny
Braai vleis bruin in n verhitte swaarboomkastrol sonder om kookolie by te voeg.
Voeg ui en knoffel by en soteer totdat ui deurskynend is.
Voeg al die ander bestanddele behalwe die pampoen by, plaas deksel op en prut totdat vleis amper sag is.
Plaas pampoen ongeveer 30 minute voor bediening bo-op vleis en prut tot sag. ( 8 Porsies)
NB. Moenie n waterige pampoen gebruik nie.
HOENDER EN ASPERSIE ROOMPOT:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, June 15, 2011 at 12:46pm.
1 pak hoenderstukke
50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
50 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous:
410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room
750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie oor matige kole in die pot.
Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit.
Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank.
Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender.
Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by.
Strooi die kaas bo-oor.
Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor.
Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole.
Moenie die potjie roer nie.
Roer dit deur net voor bedien.
KERRIEAFVALPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, June 15, 2011 at 12:53pm
1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie sout -en - peper,
125 ml suiker (verkieslik bruin)
45 ml kerriepoeiermengsel ( van goeie gehalte)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
Stampmielies/rys
sonneblomolie
250 g droë appelkose
500 ml "Old Brown Sherry"
10 ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels
Gebruik 'n #3 pot.
Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend.
Bind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout by.
Plaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor. Laat prut die pot vir ±-4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys.
Moet nie vergeet om die aartappels na ±3 ure in te sit om sag te kook nie.
HAAS POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, June 15, 2011 at 1:02pm.
1 haas
750ml rooi wyn
50g varkvet
2 uie
12.5ml mielieblom
50ml rum
1 lourierblaar
5g roosmaryn
5 gekneusde knoffelhuisies
5g koljander
250g geweekte pitlose pruimedante
speserye na smaak
Sny haas in eetbare stukke.
Marineer vir 24 uur in wyn.
Sny varkvet in klein skyfies.
Braai uie in olie tot sag.
Voeg res van bestanddele behalwe pruime en rum by.
Kook vir 1 minuut en skep in potjie.
Haal haas uit wyn en sit in potjie.
Voeg speserye by en dan die wyn en genoeg water om vleis te bedek.
Kook vir 40 minute op lae hitte.
Voeg pruime en rum by sowat 10 minute voordat kos bedien word.
ROMERIGE HAASPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, June 15, 2011 at 1:13pm.
Potjie nr: 1 en 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 3 uur
1 x 1,5 kg haas
250 g gerookte spek
2 uie, gekap
1 steel seldery, gekap
1 klein wortel, gekap
500 g bruin sampioene, in skyfies gesny
30 ml koekmeelblom
250 ml hoender of wild voorraad
250 ml droë wit wyn
3 klein takkies vars tiemie of 5 ml gedroogde
3 lourierblare
5 ml sout
Vars gemaalde swart peper na smaak
2 snye witbrood
15 ml mosterd
30 ml brandewyn of whiskey (opsioneel)
125 ml suurroom
Sny haas in gedeeltes en sny spek in blokkies.
Braai spek in potjie tot bros.
Verwyder en hou eenkant.
Voeg 'n bietjie ekstra botter of kookolie in die potjie, indien nodig.
Voeg ui, seldery, wortel en sampioene by en soteer tot uie deurskynend is.
Verwyder groente en hou eenkant.
Bruin vleis in oorskiet vet en dan sprinkel met meel.
Verhit aftreksel, wyn, kruie en speserye in kleiner potjie, giet dan oor vleis.
Rangskik spekvleis en groente in lae bo-op vleis.
Bedek met deksel en prut stadig oor 'n baie klein vuurtjie vir 1,5 - 2 uur of totdat vleis sag is.
Versprei brood met mosterd en sny snye in die helfte.
Plaas mosterd-kant neer op die top van die vleis.
Vervang deksel op en prut vir nog 30 minute of totdat die vleis heeltemal tender is.
Gebruik 'n klein houer, verhit brandewyn of whiskey baie versigtig oor die vuur.
Steek aan die brand en giet vlammende brandewyn oor die vleis.
Giet room oor vleis en laat prut vir 'n verdere 2 minute.
Verwyder tiemie takkies en lourierblare en dien.
VRA VIR NOG SKAAPNEKPOTJIE:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, March 11, 2011 at 11:26am
As jy met hierdie resep onthaal, sal jy behoorlik moet bontstaan. Sit dit voor met 'n Potbrood. Dis genoeg vir 6-8 mense en 'n no. 3-pot word aanbeveel.
60ml kookolie
4 middelslag-uie, in dun skywe gesny
500g swordlose streepspek, in stukkies gesny
2 kg skaapnek, in stukke gesny
sout en peper na smaak
375 ml water
5 ml gedroogde tiemie
3 ml gedroogde pietersielie
3 ml suurlemoenpeper
3 ml knoffelsout
375 ml laatoes-wyn
4 groot geelwortels, geskil en in skyfies gesny
6 groot aartappels, geskil in blokkies gesny
500 ml groenboontjies, gekerf
125 ml water
1 pakkie sampioensoppoeier
Verhit die olie in die pot en braai die uie tot sag.
Verwyder die uie en hou eenkant.
Braai die streepspek in die pot tot ligbruin en hou eenkant.
Braai nou die skaapnek wat liggies met sout en peper gebeur is tot ligbruin.
Voeg die water, kruie en speserye by.
Sit die deksel op en laat stadig prut vir ongeveer 45 minute tot 1 uur.
Voeg nou die wyn by.
Pak die groete in lae op die vleis in die volgorde waarin dit aangegee is.
Besprinkel die groente liggies met sout.
Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur sonder om die deksel te lig.
Voeg nou die streepspek en uie by.
Meng die water en soppoeier goed en giet oor die kos.
Sit die deksel op en laat prut vir 10 minute.
Roer die potjie dan een keer versigtig om en dien op.
RYSPOT:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, March 9, 2011 at 12:09pm
Hierdie resep se middelste naam is ‘Watookal’, want jy kan feitlik enige bestanddeel met enige ander vervang, en solank as wat die rys reg gemaak word sal jy iets hê wat eetbaar genoeg is om enige honger mansmens tevrede sal stel.
Gooi ‘n goeie dik pan se bodem toe met olyfolie.
Sny twee kleinerige uie in kwarte en sny dan op, sommer in jou hand en laat val in die olie. Sny drie velle skouerspek klein op en gooi by.
Knoffel is ‘n moet en ek het sommer opgesnyde winkelknoffel gebruik, seker net-net minder as ‘n teelepelvol.
Gooi Ina Paarman se seesout bo-oor, roer, maak toe, en sorg dat die hitte matig is. Sodra die uie goed sag is word die volgende bygegooi in die volgorde wat jy dit uit die yskas haal en opsny:
‘n Handvol chives
‘n Halwe green pepper
Twee Enterprise gerookte kaas-Russians, opgesny in skyfies
Sit deksel op en kook stadig verder – hou ogie op die olyfolie dat dit nooit droog raak en vasbrand nie.
In ‘n platterige dik pot, eintlik ‘n baie diep pan sonder ‘n steel, gooi jy nou weereens die bodem vol olyfolie (ek is seker enige ander olie sal ook werk).
Op matige hitte (nommer 3 op die stoof), wag tot olie warm is en gooi dan ‘n koppie gewaste Tastic-rys in. Versprei oor die bodem, gooi Ina se sout by en maak toe. Hierdie pot en pan van ons het glasdeksels so mens kan mooi sien wat gaan aan met jou kos.
Na ‘n redelike kort rukkie sal jy sien die rys begin bruinerig word, en as jy dit met ‘n houtlepel krap dan sien jy als sit aanmekaar vas. Krap dus los en versprei die rys sodat dit orals bruin word. Gooi dan versigtig water by, ek het seker water ingegooi tot klein effentjies bokant die rys. Maak toe en kook verder.
Dis op hierdie stadium dat mens begin wonder of jy op die regte pad is, maar sodra jy sien die rys begin uitswel dan voel jy sommer beter. Sodra die water amper op is proe ‘n paar korrels van die rys – dit sal nooit sag wees nie, maar die hardheid bereik ‘n punt waar mens dit gemaklik kan eet. As dit nog nie reg is nie gooi nog bietjie water by en kook verder.
Sodra die rys reg is, gooi die hele pan se inhoud by. Gooi dan’n hele blikkie Spaanse opgekapte tamaties (Pick 'n Pay) en ‘n teelepel marjoram by en roer die hele storie. Sit ‘n paar vars basilliekruid-blare bo-op, stel die stoof af na nommer twee en kook alles saam vir ‘n rukkie maar moenie al die sous opkook nie.
Die oortollige olie en water in die rys, saam met die tamaties se sous, sorg op die ou end vir ‘n lekker sousie tussen die kos.
Hierdie is genoeg vir twee volwassenes en ‘n kleintjie of twee!
MAVROU POT:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, April 4, 2011 at 2:12pm
Tradisioneel Suid-Afrikaanse dis.
1 kg beeshaas in blokkies gesny
10 ml sout
10 ml fyngemaalde koljander
10 ml fyngemaalde vinkel
15 ml gekapte rooi rissies
3 naeltjies
10 ml gemaalde gemmer
10 ml gemaalde knoffel
3 kardemom sade
3 stokke kaneel
'n paar toutjies saffraan
4 uie, dun gesny
2 tamaties, gerasper
olie
Kombineer al die speserye met die vleis en marineer so vir een uur.
Verhit olie in 'n groot pot en braai die uie tot sag.
Voeg die vleis by en kook tot sag.
Gooi water by indien nodig.
Bedien met baie vars koljander en rys.
BEESSTERTPOTJIE:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, April 6, 2011 at 10:27am
60 ml Brandewyn
750 ml droë rooiwyn
375 ml blatjang
125 ml Worcestersous
125 ml tamatiesous
botterbone se vloeistof
1 pakkie beesstertsoppoeier
250 ml kookwater
30 ml gemengde, gedroogde kruie
30 ml Aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare
45 ml olyfolie
2 kg beesstert, opgesny
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 preie, in skyfies gesny
8 wortels, in skyfies gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
16 klein uitjies
250 g knopiesampioene
410 g botterbone
vars, gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank.
Voeg die knoffel by en roer dit 1 minuut lank.
Giet die sous oor die vleis.
Moet dit nou nie weer roer nie.
Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis.
Daarna volg die wortels en aartappeltjies.
Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole.
Voeg kookwater by as dit te droog word.
Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by.
Bedek dit en laat dit prut vir nog 30 minute lank. Roer dit deur en garneer met pietersielie voor bediening.
Wenk :
Hierdie sous kan ook gebruik word met blokkies vleis.
BOLAND SE WINTER-LAMSKERRIE POT:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, April 6, 2011 at 10:23am
Lewer 8 - 10 porsies
Sous:
750 ml rooiwyn (indien hoender gebruik word i.p.v beesvleis; gebruik dan witwyn)
46 g beesstertsoppoeier (1 pakkie) (Indien hoender - gebruik hoendersoppoeier)
250 ml blatjang
250 ml water
15 ml gemengde gedroogte kruie
5 ml fyn koljander
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml masala
15 ml borrie
Bestanddele:
2 kg skaap/lamskenkels of blokkiesvleis of lamsnek
60 ml brandewyn
10 ml knoffel fyn gekap
2 Preie in ringe gesny
2 Selderystingels in ringe gesny
2 preie in ringe gesny
6 Wortels in ringe gesny
1 pakkie knoppiesampioene
16 klein uitjies
20 klein aartappeltjies
15 Pruime
15 droë perskes
410 g gekapte tamaties met origanum en basielkruid (1 blik)
Pietersielie vir garnering
Meng die bestandele vir die sous deeglik en hou dit eenkant.
Verhit jou potjie en roerbraai die vleis 5-10 minute lank.
Voeg die knoffel en brandewyn by en roerbraai dit vir nog n minuut lank.
Plaas die seldery en preie bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Voeg die aartappeltjies en wortels by.
Giet die sous oor.
Plaas die deksel op en laat prut vir 90 minute oor matige hitte as jy lam gebruik en 120 minute as jy skaap gebruik.
Voeg dan die sampioene, uitjies, tamaties, pruimedante, gedroogte perskes by, plaas die deksel op en laat prut vir nog 30 minute oor matige hitte.
Voeg die pietersielie by net voor jy dit bedien en roer dit deur.
Bedien met rys.
Wenk
Monitor die vloeistof en voeg kookwater by indien nodig-
Gesnipperde piesang help vir die brand as die hand dalk gly met die masala.
Variasie:
Vervang die vleis met 1 kg hoenderboudjies en 1 kg hoenderdye.
HOLLANDSE HUTSPOT: [berie smith]
rders met idees vir kampering on Friday, April 8, 2011 at 12:33pm
• 6 onions
• 6 carrots
• 8 potatoes
• 1/2 cup evaporated milk
• 1/4 cup butter
• salt
• pepper
1. Dice & boil onions and carrots 20 minutes.
2. Drain.
3. Boil peeled and quartered potatoes 20-25 minutes, til tender.
4. Drain and dry thoroughly.
5 Add onions and carrots mash well.
6 Add salt, pepper, butter and milk.
7. Mix.
8. Warm all together and serve hot.
[Ek sit ook baie keer varkrib wat in stukke gesny is hierby.
Braai dit eers bruin en voeg dit dan by wanneer jy die wortels en uie kook sodat dit sag word. Dit gee 'n heerlike volledige maaltyd.]
TAMATIEKOS:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, April 11, 2011 at 1:04pm
1kg Skaapvleis in stukke gesny of beesvleisblokkies [ek persoonlik verkies beesvleis]
25ml Margarine of olie
2 Uie gekerf
1 Knoffelhuisie gekneus
10ml Sout
Vars gemaalde swart pepper
Aftreksel, water or wyn
500g Aartappels in stukke gesny
1kg Tamaties, ontvel en gekap
5ml Suiker
2ml Droë Tiemmie
5ml kaneel
Verhit olie in ´n groot kastrol en sorteer die uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg vleis by en verbruin vinnig.
Voeg sout, pepper and ´n bietjie aftreksel by en stowe met deksel op totdat die vleis sag is.
Voeg aartappels, tamaties, suiker, tiemmie en kaneel by en stowe vir nog ´n uur langer.
Bedien met rys, stampmielies of pap.
HOENDERKERRIEPOT:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, April 18, 2011 at 1:37pm
Kerriesous :
750 ml rooiwyn
250 ml blatjang
250 ml water
15 ml gemengde, gedroogde kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml Bombay masala
5 ml borrie
410 g tamaties, gekap (1 blik)
46 g hoendersoppoeier (1 pakkie)
3 lourierblare
GEREG SELF:
45 ml olyfolie
1 kg hoenderdye, met vel
1 kg hoenderboudjies, met vel
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 groot ui, grof gekap
3 selderystingels, grof gesny
1 prei, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g knopiesampioene, heel
16 klein uitjies, heel
250 g ontpitte pruimedante
250 g gedroogde perskes
250 ml vars gekapte koljander
125 ml vars, gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie en braai die vleis egalig goudbruin.
Voeg die gekapte knoffel en brandewyn by en roerbraai dit 'n minuut lank.
Plaas die ui, seldery en prei bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Voeg die aartappels en wortels by en giet die sous oor.
Sit die deksel op en laat prut dit 50 minute lank oor matigge kole.
Voeg die sampioene, uitjies, pruimedante, perskes en koljander by.
Sit weer die deksel op en laat prut n verdere 20 minute lank oor matige kole.
Roer dit deur net voor bediening en strooi die pietersielie oor.
Bedien dit met bruin rys.
LAM EN LENSIEPOT:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, April 19, 2011 at 1:34pm
Potjie nr: 1 en 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 2,5 uur
500 ml bruin lensies
1 kg bors van lam, gesaag, in gedeeltes
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
3 geelwortels, in skyfies gesny of heel "baby carrots".
5 Groot aartappels in blokkies gesny [opsioneel]
2 stingels seldery, in stukkies gesny
7-10 ml sout
Vars gemaalde swart peper na smaak
1 takkie vars tiemie of 5 ml gedroogde
1 takkie vars roosmaryn of 5 ml gedroogde
1 lourierblaar
500 ml vleis aftreksel
30 ml asyn
250 g gerookte wors
Plaas lensies in kleiner potjie, bedek met koue water en bring stadig tot kookpunt.
Kook vir 5 minute.
Verwyder van die hitte, maar hou deksel op en week vir 1 uur.
Dreineer en hou eenkant tot benodig.
Verhit groter potjie goed en verbruin die vleis 'n paar stukke op' n tyd.
Voeg uie, knoffel, wortels en seldery by en soteer tot uie deurskynend is.
Verhit sout, peper en kruie met aftreksel en asyn en voeg by vleis.
Voeg lensies by.
Maak seker dat die lensies heeltemal bedek met vloeistof.
Voeg meer vloeistof by indien nodig.
Bedek met deksel en prut vir 1,5 - 2 uur of totdat lensies en vleis sag is.
Maak insnydings in die wors en plaas bo-op die lensies.
Vervang deksel en prut vir nog 15 minute of tot wors tot in die middel gaar is.
Verwyder wors, sny dit in skywe en plaas dit terug in die pot.
Roer deeglik om te meng.
Bedien met geelrys/witrys/pap of stampmielies.
BEESSTERT MET PERSKES EN ROSYNE:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, May 4, 2011 at 1:08pm
1 beesstert, opgesny (die vleis kan aangevul word met goeie stowe-beesvleis)
gegeurde meel (geur meel met sout, peper en ’n bietjie fyn komyn)
1 groot ui, grof gekap
30 ml olie (of beesvet, as jy dit kan kry)
2 geelwortels, in skyfies gesny
500 ml rooiwyn (pinotage as jy kan)
500 ml beesvleisaftreksel
sout en vars gemaalde swartpeper
5 ml droë gemengde kruie
2 lourierblare
8 repies streepspekvleis, gesny of
1 kasslertjop, in blokkies gesny
50 g pitlose rosyne
12 droë perskes, geweek en opgesny
30 ml vars gekapte pietersielie
Rol beesstertstukke in gegeurde meel en braai alle kante tot goudbruin.
Haal uit en hou eenkant.
Braai ui tot sag.
Roer wortels, wyn, aftreksel en kruie by.
Sit vleis by.
Prut stadig vir 1½ uur totdat die vleis sag is.
Voeg nog wyn/aftreksel by soos nodig.
Soteer rosyne, spek of kasslerblokkies en die perskestukkies.
Roer by die vleis en prut totdat vleis behoorlik van die been afval.
Verwyder lourierblaar.
Roer pietersielie by.
Geur na smaak.
Heerlik saam met stampkoring, rys of koeskoes.
GESTOPTE HOENDERPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, June 17, 2011 at 1:15pm
Bedien 6
Hoenderlewers
80 g gemaalde varkvleis
30 g varsbroodkrummels in melk geweek
60 g gemaalde amandels
60 g rosyne
Sout en peper
Fondor en gemengde kruie
2 g fyn kaneel
1 eier, geklits
1 heel hoender
1 groot ui, gekap
Botter en sonneblomolie
3 grt tamaties, ontpit en in kwarte gesny
Bouquet garni
125 g geblanseerde amandels
100g rosyne of sultanas
Gebruik ‘n platboompot.
Maal die hoenderlewers fyn, meng met die varkvleis, vars melkgeweekte broodkrummels, gemaalde amandels, rosyne, geurmiddels, gemengde kruie en kaneel.
Meng die geklitste eier by.
Stop die hoender met die mengsel en werk of steek toe.
Braai die ui in die pot tot sag, verwyder en hou eenkant.
Braai die hoender bruin in die botter en olie.
Voeg die tamaties , ui en bouquet garni by.
Bedek en laat prut vir ‘n half uur.
Voeg warm aftreksel by, indien nodig.
Voeg die amandels by en prut vir nog 45 minute.
Voeg dan die rosyne/sultanas by en kook vir nog 1 uur.
Bedien baie warm.
HOENDERPOTJIE IN ROOMSOUS:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, June 17, 2011 at 1:25pm
Hierdie potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met n hoender- en spekgeur. 'n No 3 pot word aanbeveel.
8 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250g ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60ml fyn appelkooskonfyt
100ml witwyn
15ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies
750ml gemenge groente
300g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk
Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender.
Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute.
Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute.
Voeg die uitjies, gemengde groente en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute.
Voeg nou die sampioene by.
Sprinkel die geuropwekker (aromat)oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute.
Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie.
Laat prut vir 30 minute.
HOENDERPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, June 17, 2011 at 1:29pm.
Bedien 6
2 hoenders, ontbeen en in blokkies gesny
2 uie, gekap
10 klein aartappeltjies
250 ml gaar rys.
Meng die volgende in ‘n bottle.
3 ml knoffelsout
3 druppels tabascocous
15 ml asyn
15 ml worcestersous
15 ml suurlemoenpeper
30 ml tamatiesous
Gebruik nr. 3 pot.
Braai die hoenderblokkies vir 5 – 10 minute oor matige hitte.
Voeg die uie en aartappels by en prut vir 40 minute.
Voeg die gaar rys by.
Voeg die mengsel uit bottle by en roer goed.
Laat nog toe om vir 10 minute te prut.
PYNAPPEL, RYS EN MAALVLEISPOT:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, June 27, 2011 at 11:59am.
Potjie No: 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 1 uur
500 g gemaalde varkvleis grof
30 ml kookolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250 ml ongekookte rys
375 ml vars of bevrore mieliepitte
250 ml vars of bevrore ertjies
1 vars pynappel, in blokkies gesny
1 tamatie, geskil en gekap
15 ml sojasous
50 ml vrugte blatjang
500 ml vleis of hoenderaftreksel
Verhit die olie in die potjie.
Voeg die vleis, ui en groenrissie by en soteer tot vleis verander van kleur en ui deurskynend is.
Verwyder die helfte van die vleis en hou dit eenkant.
Skep die helfte van die rys op die top van die vleis en dan rangskik die mielies, ertjies en pynappel in lae bo-op, eindig met 'n laag elk van die oorblywende rys en vleis.
Skep tamatie bo-op.
Verhit sojasous, blatjang en aftreksel en gooi oor.
Bedek met deksel en prut vir 45-60 minute of totdat die meeste van die voorraad opgeneem is.
Die mengsel moet nie uitdroog, maar redelik klam wees.
ROLY POLY KERRIE POT:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, June 27, 2011 at 11:56am.
Potjie nr: 1 en platboom Potjie No: 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 1 uur
Vulsel:
15 ml kookolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
15 ml medium kerriepoeier
2 ml sout
500 g gemaalde vleis
1 klein groen appel, gerasper of gekap
15 ml wyn asyn
15 ml vrugte blatjang
Deeg:
500 ml koekmeel
5 ml sout
30 ml botter
Koue water om met deeg te meng
Kerriesous:
15 ml kookolie
1 ui, gekap
5 ml medium kerriepoeier
2 ml borrie
250 ml vleis aftreksel
2 ml sout
1 ml gerasperde neutmuskaat
1 lourierblaar of suurlemoen blare
15 ml vrugte blatjang
15 ml asyn of suurlemoensap
Vir die vulsel, plaas kookolie in die ronde-boom pot en verhit.
Voeg ui en knoffel by en soteer tot deurskynend.
Voeg kerriepoeier en sout by en braai vir 'n paar minute.
Voeg oorblywende vulsel bestanddele by en braai vir 5 minute, met behulp van 'n vurk breek enige knoppe in die maalvleis.
Verwyder uit die potjie en laat in 'n koel plek staan tot koud.
Vir die deeg, sif die droë bestanddele saam.
Sny botter in klein stukkies en vryf die meel in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
Maak 'n holte in die middel van die meel en voeg genoeg koue water om' n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg uit in 'n 10 mm dik reghoek.
Versprei verkoelde vulsel aan die binnekant van die deeg en laat 25 mm duidelik rondom die kante die vulsel te verhoed om uit te val tydens gaarmaaktyd.
Rol die deeg soos 'n rolkoek.
Smeer die kante met 'n bietjie koue water dit te verseker.
Draai die vleis rol in 'n klam doek, dan met kleefplastiek.
Hou in 'n koel plek terwyl jy die kruie voorberei.
Vir die sous, plaas olie in die platboom-potjie.
Voeg ui by en soteer tot deurskynend.
Voeg kerriepoeier by en braai vir 2 minute.
Voeg oorblywende sous bestanddele en prut vir nog 5 minute.
Plaas versigtig die toegedraaide, verkoelde vleis rol in die sous.
Bedek met deksel en prut oor 'n lae hitte vir 30-40 minute of tot deeg gaar is.
Bedien met piesangs in hul velle gebak in die kole.
SEEKOSPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, June 29, 2011 at 1:42pm.
Baai 2 uie saam met 'n halwe potjie knoffel. (my keuse - kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ´n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5 min saam.
Roer by 250 ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir ´n halfuur prut.
Wenke:
*as jy en jou vriende wil saam kuier om ´n pot, sal ek ´n seekos-potjie afraai.
*indien jy jou skoonfamilie moet nooi vir ete, is dit ideaal - sorg net dat daar al kole is as hulle opdaag.
*indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi, of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie bietjie rek.
*vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2 pakke seekos; 2 uiesop en 2 room.
*jou kole moet redelik koel wees.
*dien op saam met rys en Franse brood.
SJERRIE HOENDERPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, July 1, 2011 at 2:13pm.
100g swoerdlose ontbytspek in repe gesny
6-8 Hoenderstukkies
50g margarien
3 geelwortels
4 middelslag aartappels geskil en gehalveer
1 blik ertjies
250g knopiesampioene
3ml matige kerriepoeier
5ml swartpeper
3ml geuropwekker
3ml knoffel
125ml Sjerrie
1 hoenderaftreksel-blokkie opgelos in 300ml kookwater
Braai die hoender en spek in die margarien tot bruin.
Voeg die groente in hierdie volgorde by die hoender: wortels, ertjies, aartappels en sampioene.
Meng die speserye met die sjerrie en die hoenderaftreksel en giet dit oor die groente.
Sit die deksel op en laat 45 – 60 min. prut.
SKAAPPOT:
2 kg Gemengde skaapvleis of hoender
2 Groot uie fyngekap
20 Klein aartappels geskil
10 baba wortels
Medium Patats geskil en gesny
Sout na smaak
Bestanddele Sous
500 ml Warm water
2 Bees Sous Blokkies
250 ml Droë Rooi Wyn
50 ml Blatjang
50 ml Tamatiesous
50 ml Worcestersous
30 ml Mielieblom
30 ml Oxtail Sop Poeier
25 ml Soja sous
10 ml Knoffel
1 ml Naeltjies
Smelt margarien of maak olie warm in pot.
Verbruin die vleis.
Haal vleis uit en hou eenkant.
Braai die uie tot sag.
Haal uie uit.
Plaas vleis terug in pot.
Plaas uie bo die vleis.
Los die OXO blokkies op in warm water.
Meng al die ander bestanddele vir die sous met die OXO mengsel.
Gooi sous oor die vleis.
Plaas aartappels, wortels en patats in lae bo die vleis.
Prut vir 2½ ure.
Die room kan vervang word met 250 ml room en 250 ml melk, die potjie sal dan nie so ryk wees nie.
Vervang die gevriesde groente met enige klein groente.
Vir ons vriende oorsee. Julle kan net so lekker potjie maak op die stoof in die kombuis.
n Mens kan nie so lekker om die vuur kuier nie maar jy kan die smaak kry.
Onthou net as 'n potjie geroer word is dit stew.
VINNIGE POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, August 29, 2011 at 12:06pm.
4 groot uie
1 pakkie gesnipperde bacon
1 pakkie Russians
1 pakkie cheese grillers
1 pakkie viennas
1 blik bake beans
1 blik botterbone
1 blik heel pitmielies
1 green pepper
Braai uie en bacon en voeg dan die gesnyde worsies by asook die bone en mielies.
Laat kook vir n rukkie tot jy voel dit is reg.
Voeg gesnipperde greenpepper by vir 5 minute voor jy opskep.
Heerlik saam met gewone of bruin rys en slaai.
EISBEIN (KROEK) POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, August 30, 2011 at 1:05pm.
Neem 2 Eisbeins van ongeveer 800 g elk en braai in bietjie Botter in ‘n warm pot tot die vleissappe begin uitbraai.
Ons het genoeg vleissap nodig om uie in te braai.
Verwyder vleis uit pot en braai 4 uie wat in kwarte gesny is in die vet-sappe tot deurskynend.
Sny 4 Wortels in happie-groote stukkies en braai saam met uie vir 2 minute.
Voeg 2 Soetrissies (rooi of geel met groen vir kleur) wat in 1 cm stukke gesny is en 1 gekneusde knoffelhuisie by uiemengsel en braai vir 5 minute om ‘n lekkker geurige basis te kry.
Voeg 1 Blikkie Bier (340ml) en 340ml Vleisaftreksel by.
Plaas vleis terug in pot en prut vir 1 uur.
Voeg nou 4 Aartappels wat in stukke gesny is, 2 Seldery stingels opgesny, Sout en Peper na smaak en 1 teelepel Mosterdpoeier aangemaak in bietjie Asyn by.
Bedek die hele spul met die blare van ‘n Halwe Kopkool.
Die koolblare moet soos ‘n seël oor die vleis wees.
Sit deksel op en prut vir 2 ure.
KERRIEBOONTJIEPOTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Saturday, September 3, 2011 at 1:33pm.
2 Koppies Haricot-boontjies
2 Koppies Nierboontjies
2 Koppies Suikerboontjies
1½ Kg Stowe beesvleis
2 Medium uie gekap
4 Medium geelwortels in ringe gesny
4 Groterige aartappels
4 Vet knoffelhuisies gekneus
2 Selderystingels opgekerf
35 ml Matige kerriepoeier
7 ml Borrie
7 ml Vleis masala
4 Kruienaeltjies
1½ Handvol groenbone opgekerf
10 ml Rooi brandrissie (sonder pitte)
10 ml Vars groengemmer gekneus
¼ Koppie olyfolie
3 Koppies droëvrugte vir ‘n wyle in koue water geweek. (1 elk appelkose, perskes en pruimedante) Die perskes en appelkose kan middeldeur - gesny word.
Blik (410g) heel tamaties, gekap
2 Lourierblare
2 Vingerlengtes pypkaneel
1 Eetlepel growwe sout
1 Biefblokkie
Varsgemaalde swartpeper
Water
Plaas die boontjies in ‘n kastrol en bedek heeltemal met water.
Kook die boontjies vir 5 minute en skakel dan die stoof af.
Laat staan tot volgende môre in kastrol met water in.
Dreineer dan die water.
Verhit dan die olie in die swart pot oor vuur en braai die vleis tot bruin.
Voeg dan die uie en knoffel by en braai saam met die vleis totdat die uie mooi helder is.
Gooi bietjie water by. Voeg dan die naeltjies, pypkaneel en gemmer by en roer goed deur.
Na ‘n rukkie kom die seldery en wortels by en die brandrissie.
Voeg dan die groenbone by en pak die droëvrugte bo-op.
Hou die vloeistof dop en pasop vir brand.
Nou kom die droëbone bo-op asook die tamatie en die lourier.
Sit die deksel op en laat ‘n wyle prut.
Wanneer die bone sag is kom die vleisaftreksel (biefblokkie) opgelos in kookwater by.
Sny die aartappels in groterige blokkies en pak bo-op.
Strooi baie varsgemaalde swartpeper bo-oor.
Kyk of daar genoeg vloeistof in die pot is.
Sit die deksel op en prut verder.
Wanneer die aartappels sag is kom die kerriemengsel i.e. kerriepoeier, borrie en vleismasala met bietjie water aangemaak by.
Sit die deksel terug en laat deurkook.
Bedien oor rys.
HOENDER MET PIESANG EN SPEKPOT:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, September 5, 2011 at 12:00pm.
50 ml meelblom
10 ml uiesout
5 ml paprika
8 piesangs
1,5 kg hoender, in stukke gesny
250g spek, gesnipper
250 ml hoenderaftreksel
Meng meelblom, uiesout, paprika en peper en rol die hoenderstukke in die mengsel.
Plaas die gesnipperde spek op die bodem van 'n potjie
Rangskik die hoenderstukke daarop en giet die hoenderaftreksel oor.
Sny vier van die piesangs in 1 cm-skywe en voeg by die inhoud van die potjie.
Plaas die deksel op en kook stadig vir 1 1/2 uur.
Sny nou die res van die piesangs in kwarte en voeg dit ook by die hoender.
Laat nog 30 min stadig kook.
Draai die hoenderstukke gereeld om.
Plaas die hoender op opskepskottel en skep die spek en piesang daaroor voordat dit voorgesit word.
Lewer 6 porsies.
KAAPSE WINTER KERRIESKAAPNEKPOT: [MICHAEL COETZEE]
"Smeer" potjie met 'n klein bietjie (baie min) olyfolie en 'n eetlepel regte botter.
Voeg n 1/2'e tot 'n eetlepel currypasta en nie droeë kerriepoeier nie, 'n bietjie varsgemaalde swartpeper, 1 x heel steranys, 3 naeltjies, 3 - 4 loerierblare, teelepel borrie en bietjie sout.
Voeg een gekapte ui by en braai totdat die pot lekker warm is.
Voeg nou 'n skeut witasyn by
Voeg skaapnek (lam) en 4 gesnyde wortels by en braai die nekstukke tot lekker bruin. Voeg 1 koppie witwyn en 1 koppie coke by en kook totdat vleis en wortels 80% gaar is. Voeg nou alle groentes by en gebruik nou jou tyd met die potjie.
Voeg ook een pakkie oxtail soppoeier by en maak seker daar is genoeg vog in die pot vir die soppoeier.
Wanneer jou groentes so 80% gaar is, voeg 2 x hande pasta (macaroni) by saam met 'n 3/4 koppie chutney.
Laat die pasta sag kook en hou ten alle tye die vog in die pot dop aangesien die pasta heelwat van die water opsuig tydens die gaarmaak proses.
STEAK AND KIDNEY POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, September 16, 2011 at 12:53pm
1kg diced steak and kidney
3 med potatoes (peeled & diced)
1 onion
1 cup celery (diced)
1 cup frozen vegetables (mixed)
4 cups beef stock
1 tablespoon margerine ( for frying)
Salt & Pepper (to taste)
Heavy dash of Worceshire Sauce
Pinch of cayenne pepper.
2-3 tablespoons corn flour for thickening.
Melt margerine in one large pot.
Add steak & kidney and onion.
Fry until brown.
Add potato, celery, salt & pepper, cayenne pepper and worcestshire sauce.
Stir.
Add beef stock & frozen veges & bring to the boil.
Let simmer for about 45 minutes.
Thicken with a paste of cornflour and water.
Stir.
Check the liquid levels while the stew is simmering.
Add more if needed.
Serve with pasta, rice, mash or pap.
LAMB POTJIE WITH INDIAN SPICES:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, September 20, 2011 at 12:38pm
Preparation time: 15 min
Cooking time: 40-45 min
Serves 6
15 ml (1 tbsp) olive oil
1,5-2 kg stewing lamb pieces
15 ml (1 tbsp) steak and chop spice
1 onion, finely sliced
5 ml (1 tbsp) balsamic vinegar
10 ml (2 tsp) indian potjiekos spice
5 ml (1 tsp) lemon and herb
spice or grated rind of
1 lemon
1 can (410 g) peeled and diced tomatoes
375 ml (1½ cups) chicken or vegetable stock
500 g baby potatoes, whole and unpeeled
500 g butternut, cut into chunks
10 baby marrows, sliced
Heat the oil and season the meat with steak and chop spice.
Bown in batches.
Add the onion and sauté until soft.
Add the vinegar and stir.
Add the rest of the spices (or lemon rind, if using) and stir-fry lightly.
Add the tomatoes and mix together.
Lower the heat; add the stock and simmer for 10 minutes.
Add the baby potatoes and simmer for 15 minutes until they are almost soft.
Add the butternut and heat for 5 minutes until they’re just done.
Lastly, add the baby marrows and heat for another 5 minutes until all the veggies are cooked but still firm. Serve with wild brown rice.
LEG OF LAMB POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, 26 September 2011 at 11:28
■1 Leg of lamb (on the bone, I assume, but off the bone also fine and will be ready sooner).
■2 chopped or sliced onions
■3 cloves of chopped garlic
■1 stick of chopped celery
■1 kg of chopped tomatoes
■about 5 peeled & cut potatoes
■about 5 peeled & cut carrots
■Whichever other interesting vegetables are on hand. This could be green beans, baby marrow, mushrooms, peppers, sweet potato, etc. Anything really.
■Dried fruit
■Olive oil or butter
■Salt & pepper
1.Place the pot on the fire and heat the olive oil or butter.
2.Add the onions, garlic & celery and fry for 2 minutes.
3.Add the leg of lamb, and brown on all sides. If the pot is too warm and the meat is burning, add a few tots of wine. (At the time of writing it was 28 December, I assume there is some leftover wine in your fridge).
4.Grind salt & pepper onto all sides of the meat.
5.When the meat is brown, add all the tomatoes.
6.Put the lid onto the pot, and gently simmer for 1 hour.
7.Open the lid, smell the pot, pat yourself on the back.
8.The piece of meat should lie roughly in the middle of the pot.
9.Pack all the potato pieces and then all the carrot pieces around the meat.
10.Now all other vegetables that have to be eaten cooked (for e.g. sweet potato & pumpkin) as well as the dried fruit. Grind salt & pepper onto the top layer of what you see.
11.Do not stir the pot, but gently ensure there is enough liquid in the bottom, and that it’s not burning. If unsure, add a bit more wine.
12.Replace lid and simmer for another hour or 2.
13.Now add all the vegetables that one can eat uncooked (e.g. mushrooms, baby marrows, peppers).
14.Replace lid and simmer for another half hour.
15.Remove pot from fire and prepare to serve with rice or, and I prefer this, fresh bread.
16.You will still need to slice the meat. Either in the pot, or on a cutting board on the side.
Other comments:
■Do not stir the pot at any time. This will break the vegetables and make you look like an amateur.
■At the end of the process, just before serving, you should have minimal free flowing liquid in the pot and a nice thick sauce surrounding the bottom vegetables. We are not making soup. Using chopped tomatoes instead of water at the start will greatly aid you in this goal at the end.
SMULLEKKER BEESSTERT IN JOU DRUKKOKER/ POTJIE OF OOND:.
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, 27 September 2011 at 10:28.
Die beesstert word in ‘n drukkoker gaargemaak om tyd te bespaar.
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel (opsioneel)
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in ’n bak en hou eenkant tot benodig.
Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
Voeg aartappels & wortels by vleis
Voeg die sous by die vleis
Drukkook nog 15 minute.
Haal deksel af en prut vir nog 20 minute – die sous behoort nou al so lekker dik en bruinerig te wees by die vleis.
Bogenoemde kan ook gebak word in ’n swart ysterpot in die oond of selfs op die vuur.
Beide die volgende gaarmaakmetodes verg baie tyd. Dit is ideaal as jy ander dinge wil doen want jou vleis is in die oond besig om gaar te word en jy kan solank aangaan met die dinge wat jy moet doen. Jy kan so teen 11 uur in die oggend begin en teen skemer is die beesstert heerlik sag en sappig – reg om te eet!
As jy die voorreg het om in die bos op op vakansie te wees, stel net iemand aan om die kole dop te hou en teen ’n konstante lae hitte te laat voortgaan, terwyl jy miskien ’n draai gaan ry of iets dergeliks. Moet net nie dat die vleis aanbrand nie.
In die oond – Nadat jy die vleis en uie effens bruin gebraai het, voeg bietjie water by in die ysterpot en bak die vleis op ’n lae hitte vir omtrent 5 ure. Dit moet warm genoeg wees dat die vleis gaar en sag word maar nie so warm dat die vleis in die pot aanbrand nie. Die vleis moet baie stadig gaar word sodat dit lekker sag is. Plaas dan die aartappel, wortels en sous by, maak die deksel toe en bak op dieselfde stadige hitte vir nog omtrent een uur. Bak dan met lae hitte verder vir omtrent 15 minute met die deksel af.
Op die vuur – Braai die beesstert effens bruin in klein bietjie olie in die driepoot-Sterpotjie, maak die deksel toe en laat die pot op die medium kole staan (hoog genoeg van die kole af sodat dit nie kan aanbrand nie. Sit van tyd tot tyd ’n paar kole bo op die deksel sodat daar hitte van bo af ook kan wees. Na omtrent 5 tot ses ure, sit die aartappels, wortels en sous by. Laat staan op die kole (met die deksel op) vir omtrent nog een uur – jy kan weer ’n paar kole op die deksel plaas. Kook dan vir so 15 minute sonder die deksel.
Die belangrike ding van die gereg is dat die vleis sag moet wees en amper van die bene afval, sonder dat dit aangebrand het.
KAROO POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, 28 September 2011 at 14:34
Potjie No: 3
Genoeg vir: 10
Gaarmaaktyd: 2 uur
30 ml skaap stert vet of 15 ml botter en 15 ml kookolie
2 groot uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1,5 kg nek van lam snye
10-15 ml sout
Vars gemaalde swart peper na smaak
8 medium aartappels, in kwarte gesny
500 g rou rys
2,5 liter vleisaftreksel
Verhit vet of botter en olie in potjie en braai ui en knoffel tot deurskynend.
Verwyder en hou eenkant.
Sny kante van vet vleis te krul voorkom terwyl jy kook.
Voeg die vleis geleidelik tot potjie en braai tot goudbruin en bros.
Sprinkel die vleis met 'n bietjie sout en peper.
Rangskik aartappels bo-op vleis en sprinkel met die oorblywende sout en peper.
Versprei ui en knoffel mengsel oor aartappels.
Strooi rys oor.
Verhit voorraad in 'n aparte potjie en giet versigtig oor rys.
Seisoen met meer sout en peper.
Die vloeistof moet 25 mm bo die rys.
Bedek met deksel op en prut vir 1,5 - 2 uur of totdat die vloeistof verdwyn uit die top van die rys.
VENISON SHEPPARD’S PIE IN POTJIE:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Thursday, 29 September 2011 at 15:06.
Hoeveelheid bestanddele hang af van hoeveel mense jy kos wil gee.
Ground venison
Mashed potatoes
Garlic
Egg
Onion
Green beans
Corn
Tomato sauce
Distribute mashed potatoes in a layer along the bottom of a large pan.
Combine ground venison, garlic, egg and onion into a meatloaf mixture and layer over the mashed potatoes.
Next, layer green beans, corn and tomato sauce; followed by a layer of grated cheese.
Repeat these layers until ingredients are exhausted.
Finish with a layer of mashed potatoes.
Cook 45 minutes in the oven.
Kan in 'n potjie gemaak word met kole op die deksel om die kors bruin te kry.
Jy kan ook 'n slapdeegkors bo-op sit.
MONGOLIAN OXTAIL B-B-Q (CHINESE):
Ingredients
10 to 15 lbs. oxtail
1/2 cup kosher salt
a dash of granulated black peppercorn
spring water for cooking
half a cup Chinese wine or dry Sherry wine
4 oz. chopped fresh garlic
3 oz. chopped fresh ginger
4 pieces star anise (available in oriental market)
1 teaspoon of 5 spice (available in oriental market)
1/2 cup of Heinz ketchup
1/2 cup oyster sauce
1/2 cup Hoizin sauce
3 tablespoon brown sugar
1 cup pineapple chunks with juice
1 tablespoon hickory liquid smoke
1/2 cup soy sauce
1 tablespoon dry mustard (Coleman)
a few drops red coloring (optional)
2 bunches Vietnamese lettuce
a few sprigs of cilantro
Directions
to prepare the recipe, lets get the butcher chop the oxtail trim the fat off, then bring it in pot with cold water and salt, bring it to boil until all the scum (dirty blood) float in surface. then strain in the colander wash it of one at a time scrubbing all the dirt, wash off the pot where it boiled too.
the second phase of cooking is place the oxtail on the cleaned pot, add spring water, pineapple juice, soy sauce, Chinese wine, star anise, 5 spice, ginger, garlic and black pepper, bring to a boil & transfer to a pressurized pot for at least half- way tender of 15 minutes. Then reduced the liquid into a sauce of the oxtail adding the ketchup, oyster sauce & Hoizin sauce, to finished the recipe add liquid smoke, Coleman mustard add red coloring, if desired.
Prep Time: 15 Min
Cook Time: 45 Min
Total Time: 1 Hr
Servings: 10
LOUWTJIE SE ONDERSTEBO HOENDERPOT:
5-6 aartappels, geskil en gehalveer • 125 ml kookolie • 4 geelwortels, geskil en in ringetjies gesny • 250 g jong murgpampoentjies, gehalveer • 250 g blomkool, in groterige stukke gesny • 375 ml bevrore ertjies • 1 heel hoender • 10 ml Hoenderspeserye • 10 ml sout • 5 ml paprika • 2 ml gemengde speserye • 125 ml water
Verhit potjie oor kole. Braai aartappels in olie tot goudbruin. Pak groente op aartappels in volgorde waarin dit aangegee is. Sny hoender deur borsbeen oop en vlek dit oop oor groente met velkant na bo. Strooi geurmiddels oor en giet water versigtig oor. Sit deksel op. Skep rooiwarm kole op deksel en laat 1 uur prut tot gaar. Moenie die deksel oplig voor uur verby is nie. As die kole op die deksel afkoel, vervang dit deur warm kole.
SPRINGBOKPOTJIE:
(6 porsies)
1 Springboknek, in skywe gesaag
1 Springbokblad, ontbeen en in blokkies gesny
500g Swoerdlose spekvleis, gesnipper
1 Blikkie (340 ml) bier
Sout en peper
5ml Fyn naeltjies
10ml Fyn gerasperde neutmuskaat
250ml Asyn
30 ml Worcestersous
80ml Rooiwyn
80ml Tamatiesous
80ml Vrugteblatjang
500g Aartappels, geskrop
350g Murgpampoentjies, in skyfies gesny
250g Wortels, geskraap
250g Sampioene, afgevee
Smoor nek, blad, die helfte van die uie en die varkspek vir 1½ uur in ‘n ysterpot. Voeg die res van die uie by, asook die knoffel en spekvleis. Roer een of twee maal deur totdat die meeste van die vet uitgebraai is. Voeg die bier by , geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele - behalwe die murgpampoentjies, wortels en sampioene by. Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 20 minute.
HOENDER IN BIER POT:
2 e botter
1 e kookolie
125 g spek, in blokkies gesny
2 gekapte uie
2 gekapte knoffelhuisies
1 gekapte wortel
1 gekapte selderystingel
1 hoender, in porsies gesny
1 t origanum
1 t sout
‘n paar draaie van die swartpeperpot
1 blikkie bier
3 bakhande knopiesampioene
1 stewige hand vol gekapte vars pietersielie
Maak jou pot warm soos hierbo verduidelik. Voeg botter en olie by. Braai spek in pot tot dit so lekker bruinerig bros is, haal uit en hou eenkant. Braai ui, knoffel, wortel en seldery oor die hitte, skep uit en hou eenkant. Braai hoender tot lekker bruin. Plaas pot op koeler kole wat die hitte vir die res van die kookproses gaan verskaf. Gooi jou spek, uie, seldery, wortel en knoffel terug in pot saam met origanum, sout en peper. Gooi bier uit oor die bestanddele, sit deksel op en sorg dat jou waaksame prutproses begin. Loer kort-kort, maar moenie roer nie. Jou hoender hoort binne anderhalfuur reg te wees om van die been te val. Voeg sampioene en pietersielie by, laat prut vir nog 15 minute, en siedaar! (Verdik die sous as jy wil.)
HUTSPOT MET KOOL, WORTELS EN ERTJIES:
Bestanddele:
4 pond Skaapblad
1 klein Koolkop
1 wit Ui
1 koppie Groenertjies (gemeet na dit uitgedop is)
4 Aartappels
Sout en Peper na smaak
4 Geelwortels
Metode:
Kap die vleis in netjiese stukkies, sny die uie, aartappels en wortels in ringe. Sny die kool stukkend. Maak ‘n bietjie vet warm in ‘n kastrol en smoor die uie en vleis daarin. Sit nou die groente in lae oor die vleis, voeg sout en peper na smaak by, voeg ook bietjie kookwater of ekstrak by en stowe 2 – 3 uur.
VISBLITZPOT:
Hier word ‘n ander tegniek ingespan, naamlik meer hitte en minder tyd. Die resep is afkomstig van een van die talle weergawes van die Franse se vissop/bredie bekend as bouillabaisse, maar smaak lekkerder langs ‘n stuk Suid-Afrikaanse kus as in enige Europese kafee.
2 fyngekapte uie
1 kg tot 1,2 kg vars ferm vis (geelbek, koningklip, geelstert, kabeljou), sny in stukkies wat net mooi ‘n eetlepel gaan vol lê
4 fyngekapte knoffelhuisies
3 blikke tamaties, in fyn stukkies gesny
¾ k olyfolie
1 t gedroogde vinkel
skil van halwe lemoen, verkieslik drooggebak in die son, in klein stukkies gesny
hand vol vars, gekapte pietersielie
2 knippies saffraan/borrie
Kry jou pot, vuur en gaste in orde, want dié gereg is binne 20 minute gereed. Maak pot lekker warm, gooi ‘n leksel van die olyfolie in die warm pot en braai jou uie tot hul deurskynend is. Plaas pot nou op ‘n goeie hoop warm kole en, glo dit of nie, gooi al die bestanddele behalwe pietersielie en saffraan in die pot. Roer vinnig deur, want die olyfolie is die bindmiddel waarin alles gaan kook — geen wyn of suurlemoensap wat die olie se effek gaan breek nie. Wanneer die pot goed begin borrel, plaas jy die deksel op, gee dit 12 tot 15 minute, sprinkel pietersielie en saffraan oor als en skep in sopborde. Lekker met rys, maar veral lekker op dik snye roosterbrood.
VEGETARIESE EIERVRUG POTJIE:
500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2 uie, gekap
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
10ml droë tiemie
10ml droë roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend. Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte.
Lewer 6 porsies.
LAMSNEK PEPERPOTJIE:
2½-3kg lamsnek
5 knoffelhuisies, gekneus
125ml superieure ou brandewyn
20ml gemengde kruie
20-40ml knoffelsout
20-40ml suurlemoenpeper
aromat
5 uie, in ringe gesny
3 groen soetrissies, gesnipper
500g-pak groen pasta
500g wortels (1 bossie), in ringe gesny
1 kg waterblommetjies (opsioneel)
15 klein aartappels (heel)
250g pakkie sampioene
30g pakkie pepersous, gemeng met 250 ml water
425g blik sampioenroomsop
125ml blatjang 250ml Cheddar-kaas, gerasper
Braai vleis en knoffel in die pot tot bruin. Voeg brandewyn by. Sit deksel op en prut 10 minute. Besprinkel met gemengde kruie en helfte van knoffelsout, suurlemoenpeper en aromat. Plaas groente as volg by vleis in pot: uie, soetrissies, pasta, wortels, waterblommetjies, aartappels en sampioene. Voeg oorblywende speserye, pepersousmengsel, sampioenroomsop en blatjang by. Strooi kaas oor. Prut bo-oor kole sowat 70 minute of tot vleis sag is. Die resep lewer 10-12 porsies.
SHEEPNECK & NOODLES POT: [unknown]
This delicious pot is made unique by the noodles and veggies which makes it so filling that it can be served on it’s own. It’s enough for 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS:
125ml Cake flour
8 Baby Marrows, quartered
1.5kg Sheep neck, cut into pieces
300g Button mushrooms
125ml Oil 15ml Salt
4 Medium oniouns, diced
15ml Coriander
625ml Port 5ml Mixed herbs
1 Litre water
3 Whole cloves
250ml Raw shell noodles
7 Whole peppercorns
1 Green, red & yellow pepper, diced
1.5ml Fine nutmeg
8 Carrots, peeled and sliced
Grated cheese
8 Medium potatoes, peeled and diced
METHOD
Coat the meat with the flour. Heat the oil in the pot and brown the meat.
Add the onions and brown the combination in an open pot.
Add 125ml of the port and 125ml of the water. Cover with the lid and allow to simmer for 45 minutes.
Sprinkle the noodles and the green-peppers over the meat.
Layer the veggies as they appear in the recipe.
Mix the salt, herbs and spices in the remaining port and water and pour over the food.
Cover with the lid and allow to simmer for about 2.5 hours.
Finally, sprinkle some grated cheese over the pot 30 minutes before the pot is served.
POTJIEPAELLA: [potjiekos wenners]
1 gaar hoender in stukke gesny
2 grt uie, in skywe gesny
4 knoffelhuisies
6 groenrissies in skywe gesny
250g streepspek gekap
Sonneblomolie
500 ml wit wyn
500 ml hoenderaftreksel
300g tjokka in ringetjies gesny [calamari]
Sout, peper en fondor
Knypie saffraan of 5 ml borrie
10 garnale
1 kg kreef opgesny
1 blikkie mossels
Suurlemoensap
250g bevrore ertjies
Gebuik nr 3 pot.
Braai uie, knoffel, groenrissies en spek saam.
Voeg die wyn, hoenderaftreksel, tjokka, sout en peper by en laat 1 uur prut.
Voeg die rys en saffraan by en kook tot rys sag is.
Voeg die garnale, kreef, hoender, mossels en suurlemoensap by.
Kook tot alles sag is.
Voeg ertjies by en laat goed deurwarm word.
Bedien warm.
SOETSUUR HOENDERPOTJIE: [potjiekos wenners]
•1 kg hoenderstukke goed opgekap
•500g skulp noodles
•250g spek
•1 bottel Sauvignon Blanc
•500g wit sampioene
•1 All Gold Mushroom pasta sous
•1 pakkie hoender noodle sop
•2 x 250ml room
•2 uie
•Olyf olie
•Braai die uie in die olyf olie, tot lekker bruin en sag, voeg die hoender by en laat die pot stadig prut vir 20min.
•Kook die noodles gaar binnenshuis en voeg die spek by die hoender en prut vir n ekstra 10 min.
•Voeg dan die gesnyde sampioene by en laat dit 10 min toe om te kook.
•Oplaas voeg die gekookte pasta en die sop (gemeng in 50ml water), die pasta sous, die room en sout en peper na smaak en laat die pot toe om 20 min te prut.
LIPLEKKER HOENDERPOTJIE:
250ml vars room
2 tot 3 groot uie
1 x kg pak hoenderstukke
8 medium aartapples
500g gemengde groentepak
500ml lemoensap
1 pak heuning en mosterd ‘cook-in-sauce’
Braai uie tot bruin.
Voeg die hoendestukke by en braai tot ligbruin.
Voeg aartappels, groente en bietjie water by.
Bring tot kookpunt en voeg dan die sap en room by.
Voeg laastens die ‘cook-in-sauce’ by.
Laat dit stadig oor matige hitte prut totdat die gereg gaar is.
LEKKERSTE PAELLA: [sariekos]
50 ml olyfolie
200 g chorizo- of Russiese worsies, in skyfies gesny
500 g ontbeende hoenderboudjies
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
5 ml vars tiemieblare
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
350 ml witrys
5 ml gerookte paprika
100 ml witwyn
1 ml saffraandrade, geweek in ± 1 L hoenderaftreksel
4 groot tamaties, geskil, ontpit en in blokkies gesny
100 g vars of bevrore ertjies
sout en vars gemaalde swartpeper
200 g afgedopte, bevrore steurgarnale of seekosmengsel
25 ml botter
12 – 14 bevrore steurgarnale in doppe, gewas (opsioneel)
15 ml suurlemoensap
12 – 14 vars mossels in hul skulp, geskrop, of bevrore mossels in die skulp
30 ml gekapte, vars Italiaanse pietersielie
12 ontpitte swartolywe vir garnering
Verhit die olyfolie in ’n paellapan of swaarboomkastrol en braai die worsies en hoender tot bruin.
Skep dit uit met ’n gaatjieslepel.
Voeg die uie, knoffel en soetrissie by in dieselfde pan en soteer tot sag.
Voeg die tiemie, brandrissie en rys by en roer tot die ryskorrels met die olie bedek is.
Voeg die paprika en 80 ml van die wyn by.
Voeg die saffraanaftreksel by sodra dit begin kook.
Roer liggies, voeg die gebraaide worsies en hoender by en laat prut tot die meeste van die vloeistof geabsorbeer is.
Roer die tamaties en ertjies by en geur met sout en peper.
Laat nog 10 minute prut.
Skep die afgedopte steurgarnale of seekosmengsel bo-op en stoom 6 minute of tot gaar.
Roer die mengsel liggies sodat die geure kan vermeng.
Verhit die botter in ’n aparte pan en braai die steurgarnale ’n paar minute tot dit effens pienk verkleur, sprinkel die suurlemoensap oor en skep dit met ’n gaatjieslepel uit op die paella.
Voeg die res van die wyn in die pan by en stoom die mossels net tot dit oopgaan. (Gooi die mossels weg wat nie oopgaan nie.)
Skep die mossels ook op die paella.
Sprinkel die pietersielie en olywe oor en sit dadelik met ’n vars groen slaai voor.
WENK:
Na gelang van die geleentheid kan jy dit spoggerig of minder spoggerig maak deur steurgarnale in die dop by te voeg of nie. Wat ons resep so besonders maak, is die chorizoworsies, saffraan en gerookte paprika, maar dit kan ook deur Russiese worsies, borrie of gewone paprika vervang word. Onthou net dat jy dan smaak sal inboet.
MALEISIES HOENDER EN PATAT GEREG:
(bedien 6)
125 ml meel
5 ml Cayenne peper
5 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde naeltjies
2 hoenders, in stukke gesny
125 ml olyfolie
2 uie, dun gesny
3 eetlepels fyngekapte gemmer
2 eetlepels fyngekapte knoffel
5 eetlepels kerriepoeier
2 eetlepels fyngekapte rissie
2 blokkies hoenderaftreksel, aangemaak met een liter water
4 patats, in stukke gesny
250 ml kokosneutmelk
¼ koppie vars fyngekapte koljander
Meng die meel, peper, kaneel en naeltjies.
Bedek elkeen van die hoenderstukke met die meelmengsel.
Verhit die olie in 'n kastrol en verbruin die hoender, so vier minute aan 'n kant. Verwyder die hoenderstukke en gooi die uie in. Braai vir vyf minute. Voeg die gemmer, knoffel, kerrie en rissie by en braai vir nog 'n minuut. Voeg die hoender, patats en aftreksel nou by. Bedek en kook vir een uur.
Gooi die melk in en kook vir nog 'n minuut.
Verwyder van die hitte, gooi die koljander in en bedien.
Kan ook in potjie buite gemaak word.
VOLSTRUISNEKPOTJIE: [potjiekos resepte]
30ml Kookolie
1,5kg Volstruisnekskywe
2 Groot knoffelhuisies, gekneus
5ml Droë roosmaryn
500g Swartsampioene, in skyfies gesny
30ml Ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
80ml Brandewyn
50ml Droë sjerrie
375ml Droë rooi wyn of ½ rooi wyn en ½ hoenderaftreksel
30ml Suurlemoensap
15 Vars piekeluitjies, geskil
10 tot 15 Klein, heel wortels
8 Geskilde klein, heel aartapeltjies of skoongeskropte jong aartappels in die skil
1 x 300g-pak verroomde spinasie en sampioene, ontdooi
15ml Koekmeelblom
Bietjie Melk
Knippie neutmuskaat
Sout na smaak
Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene, en peperkorrels in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot. Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis. Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45 tot 50 minute. Meng die ondooide spinasiemengsel met 'n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
BILTONGPOT: [potjiekos resepte]
• 6 Uie, gekerf
• 5 Pakke 250g sampioene of 5 blikke 410g geroomde sampioene
• 1 kg Biltong
• 5 Blikke pitmielies of geroomde ‘sweet corn’
• 5 Pak noedels (gaargemaak)
• 2 Groen rissies, in repies gesny
• 5 pakkies witsous of kaassous, word met kookwater aangemaak (5 boksies langlewe room kan ook gebruik word ipv sous)
• 5 koppies gerasperde cheddarkaas (opsioneel as jou kaas al op is)
Braai uie en sampioene. Voeg groen rissies, mielies en biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Gooi sous of room oor. Plaas laaste die kaas bo-op. Hou pot op stadige kole totdat die kaas gesmelt het.
WENK:
Die geheim is om nie te veel met die bestanddele in die pot te vroetel nie, anders sit jy met ‘n pappery. Vleis kook eers sag, dan kom die groente in lae by. Dan een vinnige roer. Resep is vir die nommer 3-driepootpot en min of meer genoeg vir ses mense. Onthou dat die pot nooit meer as driekwart vol kos moet wees nie anders gaan daar nie genoeg stoom opbou om als te laat kook nie.)
WORS EN NIERTJIEPOT:
genoeg vir 10
50 ml olie
25 ml botter
3 groot uie (gekap)
12 lamsniertjies ( middeldeur gesny, vliese en kerns verwyder)
50 ml koekmeelblom
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
12.5 ml tamatiepasta
200 ml hoenderaftreksel
50 ml droë wit wyn
8 varkworsies middeldeur gesny
200 g sampioene
50 ml brandewyn
12.5 ml gekapte pietersielie
Plaas olie en botter in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir 3 minute.
Rol niertjies in ‘n mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by die uie in die pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer. Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een maal om en dien op.
AFVALPOTJIE: [POTJIEKOS RESEPTE]
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250 ml halfsoet wit wyn
sap van ½ suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2 ml rissiepoeier
10 ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is – ongeveer 3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer goed om en dien op.
OXTAIL & BANANA POT:
This lovely pot is best when served with brown or white rice. It’s enough for 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS:
1 Large oxtail, cut into pieces
12 Baby potatoes
3 Medium onions, finely sliced
250g Button mushrooms
30ml Butter
1 Large tomato, sliced
2 Garlic cloves, finely chopped
5ml Chopped parsley
0.5 Red chilli, finely chopped
10 Whole uitjies
5 Whole ‘kruienaeltjies’
SAUCE:
5ml Mixed herbs
62ml Brown vinegar
2 Bay leaves
20ml Tomato sauce,
500ml Warm water
20ml Chutney
Salt and pepper to taste
20ml Honey
2 Ripe bananas, sliced
10ml Medium curry powder
5 Medium carrots, cut into strips
METHOD:
Smeer the pot with the butter and heat the pot. Braai the meat for about 15 minutes. Add the onions, garlic, chilli, naeltjies, herbs, bay leaves, salt and pepper and braai for a further 15 minutes.(If the pot gets too dry, add some warm water) Now add the 500ml warm water, cover with the lid and allow the pot to simmer for about 2 hours. In the meantime, mix the ingredients of the sauce and put one side. After 2 hours, pack the bananas on top of the meat and layer the veggies as they appear in the recipe. Sprinkle the parsley on top, and then layer the uitjies and allow the pot to simmer for 1 hour. Add the sauce and allow to simmer for a further 30 minutes.
MY BILTONGPOT: [FINGER LICKING GOOD!!!!!]
Genoeg vir 4 - 6 persone [wat nie groot eters is nie]
500g Macaroni [gekook, sonder enige sout]
Botter/margarien en olyfolie om mee te braai
R30 gesnyde biltong, breek dit in kleiner stukkies
1 Botteltjie fyn biltong [poeier biltong]
1 x 250g houer Sampioene in skyfies gesny
1 Middelslag ui, gekap6 - 8 repies streepspek, sny in kleiner stukkies
1 x 410g Blik Denny se geroomde sampioenesop
1 x 250ml Houertjie room
1/4 kop Mrs Ball's se bladjang, die gewone een
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Suurlemoensap na smaak [ek gebruik botteltjie en gee so 3 goeie skutte]
3 Soorte kaas gerasper, 250ml elk van Mozerella, Cheddar en Parmasaan of Pecorino [moenie skaam wees vir baie kaas nie]
15ml gelyk eetlepel droë pietersielie
suurlemoen peper na smaak
Braai uie in bietjie botter en olyfolie tot sag en deurskynend.
Voeg die spek en gesnyde sampioene by en braai tot gaar.
Voeg die knoffel by en braai vir 'n paar sekondes, net om die rou smaak weg te kry.
Voeg nou die gesnyde biltong en die helfte van die fyn biltong by.
Braai vir so ongeveer 1 - 2 minute.
Voeg die sop, room en chutney by.
Laat dit goed deur warm word.
Voeg die 3 soorte kase by, maar nie alles nie, hou 'n bietjie van elk oor.
Voeg die geurmiddels by, onthou glad nie sout nie.
Roer nou die suurlemoensap by en haal af van die stoof.
Meng goed.
Voeg nou die orige fyn biltong by jogaar macaroni en meng goed deur.
Skep die sous by die macaroni en meng deeglik.
Strooi nou die orige kaas bo-oor.
Ek maak dit voor die tyd gaar en wanneer ons wil eet, maak ek dit warm in die mikrogolf.
MOSSELPOTJIE:
Hierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap
60ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous
sout en peper
Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.
MAALVLEISPOTJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE:
'n Diep no 3-platboompot word aanbeveel.
20ml kookolie
300g gemaalde beesvleis
200g gemaalde varkvleis
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250ml rou rys
10ml matige kerriepoeier
3ml borrie
1 pypkaneelstokkie
1 lourierblaar
3 ryp tamaties, geskil en gekap
200g vars groenboontjies, gekerf
250ml bevrore wortelblokkies
50ml vrugteblatjang
sout en vars gemaalde peper na smaak
375ml hoenderaftreksel
Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45 minute oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.
SKAAP/BEESPOTJIE:
2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die vleis is jou keuse. Wat baie lekker is, is heel skaap skenkels. Moet net nie goedkoop snitte vat nie want dan gaan jy baie teleurgesteld wees.
Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)
10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene
Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie. Rol vleis in meel en braai vleis in olie tot bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1 liter water by. Kook stadig tot sag. Pak dan jou groente bo-op MAAR moenie roer nie. Eerste die aartapels en wortels dan die groentes wat gouer gaar word. Laaste die sampioene. Kook tot amper gaar. Meng al die ander bestandele in bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie. Sit deksel op en kook vir nog 15 minute. Bedien saam met rys of stampmielies en ´n groen slaai. Die sous kan verdik word indien nodig - met mielieblom.
BILTONG POTJIE - Genoeg vir 10 mense
6 Uie
1 Pak sampioene
R60,00 se biltong
1 Blik pitmielies
1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ "Green Pepper"
2 Houertjies vars room
Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)
1. Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas "green pepper" en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
2. Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met 'n lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.
GROENTE POT:
1 blik soetmielies
1 pakkie murgpampoentjies
1 gerasperde ui
sout en peper
4 eiers
1 koppie koekmeel
1 pakkie Veggie bake 'creamy garlick"
300 ml Melk
Meng die meel, eiers, melk, sout, peper en veggie bake om ‘n dun beslag te maak. Sny die murgpampoen in skyfies en meng dit saam met die mielies in die meelmengsel. Smeer ‘n platboom gietysterpot met ‘n bietjie botter en giet die mengsel daarin. Sit die pot tussen ‘n paar kole en plaas ook ‘n paar kole op die deksel. Toets na 30min en bak langer indien nie mooi gaar.
Vir variasie kan jy enige groente wat jy het ook byvoeg. Gerasperde wortel, gerasperde aartappel fyn gesnyde boontjies, groen rissie, patats ens. Dit is heerlik.
STOWEPOTJIE VAN VARK EN BOEREWORS:
600 g in geskilde aardappels in stukke gesny
- 1 ½ t sout
- 3/4 t peper
- 200 - 250g groen kool of witkool
- 3 wortels in stukke gesny
- 3 selderie stele in stukkies gesny
- 3 middelgroot uie in halwe ringe gesny
- 300 g boerewors of ander neutrale wors
- 500 g varkrib(spare ribs) of lamskouer
- 2 t aromat
- 1/4 t tiemmie
- 1/4 t sweet basil
- 3-4 e olie
Metode:
Kook aartappels in weinig water met sout en peper. 5-10 min.
Braai die vleis bruin in die olie en haal uit die potjie.
Braai nou die uie goed bruin en knappig en haal ook uit potjie.
Pak nou op die aartappels, eers die kool,dan wortels en dan seldery terwyl dit elke keer met basil,sout,peper,aromat en tiemmie bestrooi word.Hou kruie oor vir bo-op. Plaas nou die vleis en wors bo-op alles en dan die geraaide uie daar bo-op. Strooi die laaste kruie oor alles en vul aan met n klein bietjie water.Onthou dat die groente ook vog bevat. Hoe meer water jy invoeg hoe meer word dit 'n sop.
Plaas die deksel op die pot en laat prut vir drie uur.
WENK:
Hoe langer die gereg opstaan, hoe lekkerder word dit. Ek maak dit altyd 'n dag van tevore sodat die smake goed te kan meng. Jy kan die kool met waterblommetjies vervang.
BLIKPOTJIE:
1 x groot blik ingelegde iets.
Sny blik oop, maar nie heeltemal nie, sodat die deksel weer kan terugvou as bedekking wanneer kos op vuur gesit word.
Gooi inhoud uit en hou of eet soos verkies.
Plaas in leë blik:
1/3 koppie rys.
1 koppie water
1/2 fyngesnyde ui.
1 klein aartappel, in blokkies gesny ( opsioneel)
1/2 koppie gekerfde groente ( wortels) ( opsioneel)
sout.
100 gram maalvleis/ bully beef ( fyn opgesny)
Plaas blik op vuur en kook totdat rys gaar is.
Voeg water by indien nodig. Roer indien nodig.
1 Groot maaltyd vir 1 - 2 mense
TAMATIEBREDIEPOT: [Hierdie is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse resep.]
25 ml botter of margarien
2 groot uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1.5 kg lamsvleis of skaapvleis in blokkies gesny
10 ml sout
bietjie aftreksel, water of wyn
500 g aartappels in skywe gesny
1 kg medium tamaties, geskil en gekap
5 ml witsuiker
2 ml gedroogde tiemie
5 ml gekapte vars marjolein (marjoram)
• Verhit die botter in 'n pan eb braai die uie en knoffel vir omtrent 5 minute of tot die uie deuskenend is. Voeg vleis by en braai vinnig tot bruin aan alle kante. Voeg sout, peper en bietjie van die aftreksel, water of wyn by en prut, bedek, vir 90 tot 120 minute of tot die vleis begin sag word.
• Voeg die aartappels, tamaties, suiker, tiemie en marjolein by en kook vir nog 'n uur.
• Bedien met rys, pap of stampmielies.
ONTBYTPOTJIE VIR SONDAGOGGEND:
Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
Uie
Blikkie tamatie smoor
Maalvleis
Gesnipperde bacon
Groenrissie
Sampioene
Klein blikkie boontjies in tamatiesous
Eiers
Kaas
Sommer enigiets waarvan jy hou
Braai uie, groen rissie,sampioene. Voeg vleis daarby en braai. Voeg tamatiesmoor en boontjies (baked beans) by en laat prut.Geur met sout, peper,speserye .Breek eiers bo-op en sit deksel op om gaar te word .Rasper kaas bo-oor en as dit gesmelt is,dien op op 'n broodjie of enige oorskiet stysel .Wat ookal byderhand is. Sodoende word die oorskiet braaivleis nie gemors nie en enige kombinasie van bestandele kan gebruik word .Basies enigiets waarvan jy hou .
SMULLEKKER BEESSTERT:
Die beesstert word in 'n drukkoker gaargemaak om tyd te bespaar.
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel (opsioneel)
Omtrent 250ml water
15ml margarine
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak:
• Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in 'n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak:
• Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
• Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
• Voeg artappels & wortels by vleis
• Voeg die sous by die vleis
• Drukkook nog 15 minute
• Haal deksel af en prut vir nog 20 minute – die sous behoort nou al so lekker dik en bruinerig te wees by die vleis.
• Bogenoemde kan ook gebak word in 'n swart ysterpot in die oond of selfs op die vuur.
• Beide die volgende gaarmaak metodes verg baie tyd. Dit is ideaal as jy ander dinge wil doen want jou vleis is in die oond besig om gaar te word en jy kan solank aangaan met die dinge wat jy moet doen. Jy kan so teen 11 uur in die oggend begin en teen skemer is die beesstert heerlik sag en sappig – reg om te eet!
• As jy die voorreg het om in die bos op op vakansie te wees, stel net iemand aan om die kole dop te hou en teen 'n konstante lae hitte te laat voortgaan, terwyl jy miskien 'n draai gaan ry of iets dergeliks. Moet net nie dat die vleis aanbrand nie.
• In die oond – Nadat jy die vleis en uie effens bruin gebraai het, voeg bietjie water by in die ysterpot en bak die vleis op 'n lae hitte vir omtrent 5 ure. Dit moet warm genoeg wees dat die vleis gaar en sag word maar nie so warm dat die vleis in die pot aanbrand nie. Die vleis moet baie stadig gaar word sodat dit lekker sag is. Plaas dan die aartappel, wortels en sous by, maak die deksel toe en bak op dieselfde stadige hitte vir nog omtrent een uur. Bak dan met lae hitte verder vir omtrent 15 minute met die deksel af.
• Op die vuur – Braai die beesstert effens bruin in klein bietjie olie in die driepoot ysterpotjie, maak die deksel toe en laat die pot op die medium kole staan (hoog genoeg van die kole af sodat dit nie kan aanbrand nie. Sit van tyd tot tyd 'n paar kole bo op die deksel sodat daar hitte van bo af ook kan wees. Na omtrent 5 tot ses ure, sit die aartappels, wortels en sous by. Laat staan op die kole (met die deksel op) vir omtrent nog een uur – jy kan weer 'n paar kole op die deksel plaas. Kook dan vir so 15 minute sonder die deksel.
• Die belangrike ding van die gereg is dat die vleis sag moet wees en amper van die bene afval,sonder dat dit aangebrand het.
MILD CURRIED CHICKEN POTJIE WITH BANANA: [INA PAARMAN RESEP]
8-10 chicken thighs
2 T (30 ml) flour
1 T (15 ml) medium curry powder
3 T (45 ml) canola or sunflower oil
2 t (10 ml) Ina Paarman’s Chilli and Garlic Seasoning
2 large onions, sliced
2 large carrots, sliced
1 x 400 g chopped tinned tomatoes
1½ cups long grain rice
6 bananas
1 x 200 ml Ina Paarman’s Tikka Curry Sauce
2 cups (500 ml) hot water
1 T (15 ml) Ina Paarman’s Chicken Stock Powder
1 cup (250 ml) coconut milk or regular or fat reduced cream
fresh coriander (optional)
Remove excess fat from thighs and dust with a mixture of flour and curry powder. Warm the potjie until hot, before adding the oil. Coat the base by tilting the pot. Add the chicken pieces in 2 batches and brown both sides. Spoon out on a plate and season the chicken with Chilli and Garlic seasoning. When all the chicken pieces have been browned, add the onions and carrots to the remaining oil in the potjie and stir-fry until soft and aromatic. Spoon out onto a separate plate.
Now start layering the potjie. Place half the chicken pieces back in the pot, sprinkle half of the raw rice over. Add half of the vegetables and half of the tinned tomatoes. Cover with 3 sliced bananas. Repeat the layers once more. In a separate jug or bowl mix together Tikka Curry sauce, hot water, chicken stock powder and coconut milk. Pour down the side of the pot. Cover with a tight fitting lid and cook slowly over moderate coals for 1½ hours. Just before serving, top with plently of fresh coriander leaves stripped from the bigger stems.
CHEF’S TIP :
Also excellent done in the oven as a casserole. Bake in a deep casserole or ovenproof saucepan with a lid at 180ºC for 1½ hours.
TO SERVE :
Delicious with sambal salads of apple and tomato.
APPLE SAMBAL:
2 red skinned apples, grated
2 T (30 ml) lemon juice
¼ cup (60 ml) seedless raisins
½ t (2,5 ml) Ina Paarman’s Lemon and Black Pepper Seasoning
Mix all ingredients together.
TOMATO SAMBAL:
2 ripe tomatoes, finely diced
1 small onion, finely chopped
¼ cup (60 ml) fresh coriander
1 t (5 ml) Ina Paarman’s Garlic and Herb Seasoning
Mix all ingredients together.
CHEF’S TIP :
Both sambals can be made a couple of hours or the day before, but add fresh coriander at the end. Season at the last minute to prevent the vegetables from drawing water.
LIPLEKKER HOENDERPOTJIE:
250 ml vars room
2/3 groot uie
1pk hoender (1kg pak)
8 med aartappels
500g gemengde groentepak
500ml lemoensap
1pk heuning en mosterdsous (cook-in-sauce)
Braai uie tot bruin,voeg hoender by en braai tot ligbruin.

Voeg sap en room by.
Laat oor matige hitte prut tot gaar.
ITALIAANSE SKAAPSKENKELPOT:
Bestanddele: (vir agt mense)
4-6 selderystingels, gesny
• ’n paar wortels, in blokkies of wieletjies
• 2 kg opgesnyde skaapskenkels
• ’n koppie beesvleisaftreksel
• 1 pakkie All Gold Pasta Pronta-sous (songedroogde tamatie en olyf)
• Sout & swartpeper
Metode:
1. Braai die seldery en wortels liggies in olie in ’n ysterpot om die geur te ontwikkel.
2. Skep uit en braai die skenkels ’n paar op ’n slag tot effens bruin aan albei kante. ’n Mens kan ook die skenkels op die gasbraaier braai tot net bruin.
3. Plaas al die vleis terug in die pot, skep groente bo-op.
4. Gooi eers beesvleisaftreksel oor, dan die pakkie sous. Moenie roer nie.
5. Sprinkel goed met sout en peper (onthou sous en aftreksel het reeds sout).
6. Prut 1–2 uur bo op die stoof of in die oond OF 'n potjie.
7. Hou dop, as die sous min raak, kan jy nog aftreksel, ’n glas rooiwyn of selfs nog ’n pakkie sous byvoeg.
8. Bedien net so in die ysterpot, met rys of koeskoes en hoogstens ’n vars slaai vir groente.
• Die resep is ’n variasie op die Italiaanse Osso Bucco wat gewoonlik met kalfsvleis gemaak word.
VOLSTRUISPOTJIE: [Chantelle Geldenhuys]
30 ml kookolie
1,5 kg volstruisnekskywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë roosmaryn
250 g swartsampioene, in skyfies gesny
30 ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
75 ml brandewyn
50 ml droë sjerrie
375 ml droë rooi wyn of ½ rooi wyn en ½ hoenderaftreksel
30 ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 geskilde klein, heel aartappeltjies of skoongeskropte jong aartappels in die skil
1 x 300 g-pak verroomde spinasie en sampioene, ontdooi
15 ml koekmeelblom
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak
Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot.
Skep die vleis terug in die pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis.
Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45 - 50 minute.
Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
NIERTJIEBREDIE: [UIT OUMA SE KOMBUIS]
6 skaapniertjies skoongemaak
10ml sout
1ml peper
25ml margarien
37.5ml ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
25ml tamatiepuree
375ml kookwater
1 vleisekstrakblokkie
25ml mielieblom
1ml tiemie
1ml paprika
Sny die niertjies in blokkies en sprinkel die sout en peper daaroor. Verhit die smeer en soteer die niertjies, ui en soetrissie daarin. Voeg die tamatiepuree by. Meng die vleisekstrak met die kookwater en voeg dit by die niertjies. Sit die deksel op en laat prut 20 minute lank. Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en roer dit by die niertjiemengsel. Roer totdat die sous verdik. Voeg die tiemie en paprika by en laat prut nog vir 5 minute.
Lewer 4 porsies.
BLINDEVINKBREDIE: [uit OUMA SE KOMBUIS]
1 ui, fyn gekap
75ml vars broodkrummels
5ml sout
2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien
1 eiergeel
500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny
30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny
1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater
12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE: [uit OUMA SE KOMBUIS]
90ml koekmeelblom
5 ml sout
15ml paprika
2 kg beesstert, in porsies gesny
50ml braaivet
kookwater
300g sampioene, gekerf
1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
2 groot uie, in ringe gesny
2 vleisaftreksel-blokkies
15 ml kerriepoeier
225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.
Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in 'n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van die orige meelblom en 'n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.
PAMPOENBREDIEPOT:
(Lewer ses porsies)
Bredies word van vleis en groente gemaak en baie stadig gekook om te verseker dat die geure van die bestanddele volkome meng. 'n Bredie kan van feitlik enige groente gemaak word, maar tradisioneel is slegs vet skaaprib as vleis gebruik. Omdat bredies lank en stadig moet gaar word, is dit ideaal om hulle in 'n gietysterpot oor die kole te laat prut.
25 ml botter, margarien, varkvet of sonneblomolie
2 groot uie, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 kg stowelams- of skaapvleis, in blokkies gesny
10 ml sout
gemaalde swartpeper
100 ml aftreksel, water of wyn
500 g aartappels, in skywe gesny
2 kg pampoen, geskil, ontpit en in blokkies gesny
1 klein stukkie gemmerwortel, fyngedruk
10 ml bruinsuiker
5 ml fyn kaneel
1.Verhit die botter, margarien, varkvet of olie in 'n groot kastrol en soteer die uie en knoffel sowat 5 minute lank of tot die uie deurskynend is. Voeg die sout, peper en aftreksel, water of wyn by, bedek en voeg die aartappels, pampoen, gemmer, bruinsuiker en fyn kaneel by. Stowe nog 1 uur lank.
2. Sit voor saam met gaar rys.
BOONTJIEBREDIEPOT:
(Lewer 6 porsies)

1 kg skaapnek of stowelamsvleis, in blokkies gesny
250 ml aftreksel, water of wyn
1 kg groenboontjies, punte afgesny en gekerf
2 groot aartappels, in skywe gesny
5 ml sout
5 ml gekapte vars marjolein
gemaalde peper
varsgemaalde neutmuskaat
1. Verhit die botter, margarien, varkvet of olie in 'n groot kastrol en soteer die uie en knoffel sowat 5 minute lank of tot die uie deurskynend is. Voeg die vleis by en verbruin vinnig alkante. Voeg die aftreksel, water of wyn by, bedek en prut sowat 1½ uur lank of tot die vleis begin sag word.
2. Voeg die groente, sout, marjolein en peper by en stowe nog 30-45 minute lank of tot die boontjies sag is. Rasper neutmuskaat oor en sit voor saam met rys.
ANITA SE AFRIKA GROENTEPOT:
Het jy al ooit 'n vegetariër vir potjiekos genooi? Nou kan jy, en ek belowe dat die vleisvreters ook die pot sal bestorm! Het jy al ooit 'n vegetariër vir potjiekos genooi? 10 ml elk olie en botter/margarien 10 ml fyn koljander
10 ml paprika
5 ml fyn gemmer
15 ml vars, gerasperde gemmer
200 g kersietamaties
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepels balsamiekasyn
500 g botterskorsie
1 eiervrug
250 g sampioene
1 blik gekapte tamaties
1 blik water
1 blik kekerertjies
sout en varsgemaalde swartpeper
100 ml gewone jogurt
vars koljander, vir opdiening
kasjoeneute, vir opdiening
Begin deur die botterskorsie en eiervrug te sny:
Sny die botterskorsie in stukke – as jy dit nie reeds so aangekoop het nie.
Sny die eiervrug in wiele van ongeveer 1 cm.
Verhit die olie en margarien in 'n swaarboomkastrol of swartpot.
Gooi die koljander, paprika en gemmer by en braai vir 'n halwe minuut. Voeg die kersietamaties by. Sprinkel die bruinsuiker en die asyn oor die tamaties en braai vir nog 'n minuut.
Die speserye moet onder geen omstandighede brand nie, dit sal 'n bitter smaak veroorsaak. As dit lyk of dit te warm word, voeg nog olie of 'n bietjie water by en verlaag die hitte.
Voeg die botterskorsie, eiervrug en sampioene by. Roer om al die bestanddele te meng.
Gooi die gekapte tamaties in, vul die blik met water en voeg dit ook by.
Spoel die kekerertjies onder lopende water af en gooi ook in die pot. Voeg sout en swartpeper na smaak by.
Laat die pot vir ongeveer 30 minute prut. Toets die botterskorsie en eiervrug vir gaarheid.
Skep dan van die botterskorsie en eiervrug uit, sodat jy die sous kan klaarmaak sonder om dit op te breek. Gooi die jogurt in die pot, en proe of daar nog sout kort. Meng alles deeglik, maar moenie die sous weer laat kook nie. Voeg die groente weer by die pot en bedien. Só 'n pot vra vir koeskoes, maar jy mag rys of brood ook daarby eet.
Sit gekapte vars koljander en geroosterde kasjoeneute in 'n bakkie, en laat elkeen self daarvan oor hul kos strooi.
SKAAPNEK EN KOOLPOT:
Potjie No: 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 2 uur
Bestanddele:
14 skaap nek tjops
2 eetlepels kookolie
2 groot uie, gekap
250g spek, in blokkies gesny
16 klein aartappels, geskil en in kwarte gesny
1 klein koolkop, sny in 8 stukke
Bietjie suurlemoensap met 500ml water
Bietjie van gemengde kruie
Sout en swart peper na smaak
Metode:
Verhit die olie in 'n potjie, braai die uie, spek en skaaptjops vir ongeveer ½ uur, roer van tyd tot tyd.
Bedek met deksel en laat kook vir sowat 45 minute.
Roer, en voeg dan 'n laag van aartappels, laastens werk dit af met die kool.
Voeg die water / suurlemoensap mengsel, kruie en speserye by.
Bedek met deksel en kook vir ongeveer nog 2 uur stadig oor matige kole, maak seker dat daar genoeg water na 'n rukkie is, sit nog by indien nodig.
Roer sodat die vleis van die bene af val.
Bedien met bruin rys en soet gestampte kaneel pampoen.
BERNIE SE OOPMOND KNOFFEL VISPOTJIE: [RSG RESEPTE]
Metode
Bernie het hiermee die 2e prys gewen in 'n potjiekoskompetisie.
250g dwergie-garnale (shrimps)
250g krap (crab sticks)
250g mossels
250g calamari
Olyfolie
Knoffel
Kaassous
Vars room
Visspeserye
Maak pot baie warm.
Plaas olie in pot en maak dit baie warm.
Plaas calamari in warm pot en voeg knoffel by en braai tot dit amper vas sit in pot en voeg die res van die seekos by.
Gooi kaassous en vars room by.
Strooi ook visspeserye oor.
Prut op die plaat vir nog so ‘n halfuur of wat.
Lekker op rys met groenslaai.
HONGAARSE GOULASH:
Smelt 2 eetlepels Holsum vet – of olyf olie
Braai 2 groot gekapte uie, moenie dit karameliseer nie.
Strooi 1 eetlepel paprika (die Hongaarse soort as jou kruidenier dit aanhou) en pasop dat dit nie aanbrand nie.
Roer deur.
Neem 500g kook beesvleis, in blokkies opgesny, en saute dit in die pot.
Die vleis gaan begin vog afgee. Dis perfek.
Gooi 2 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourier of suurlemoenblaar, sout en peper by .
Gooi water in die pot wat die inhoud net-net bedek, sit die deksel op en prut vir so 1 ½ uur.
Na hierdie eerste kooktyd gooi jy 2 wortels in wieletjies opgesny, 2 Medium tamaties, opgesny, ‘n pakkie tamatie pasta, en 2 greenpeppers, in klein blokkies gesny by.
Gooi nog 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug en prut verder tot wortels en vleis lekker sag maar nie pap is nie.
Bedien met ‘n lekker potbrood of maak kluitjies bo-op.
KLUITJIES
Klits 2 eiers, 3 ETL gesmelte botter en ¾ kp melk goed. Roer 2 kp bruismeel by. Skep lepelsvol bo-op die vleis, laat gaar stoom vir laaste 10 minute, hou deksel dig toe !
HEERLIKE SKENKELPOTJIE:
Gebruik ‘n no 3 tot 4 potjie. 10 tot 12 persone kan ruimskoots eet.
BESTANDDELE
2 kg lamskenkels
sout en swartpeper na smaak
4 medium uie – opgekerf
4 knoffelhuisies – fyn opgekerf
2 x 410 gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties
1 x 410 gm blikkie “chick peas”
1 x 115 gm blikkie tamatiepasta
1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny. Na dit gekerf is moet dit ongeveer 800gm weeg.
1 koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water.
½ koppie rooiwyn
2 teelepels komyn
2 teelepels gemaalde koljander
2 eetlepels heuning
6 lourierblare
3 eetlepels witmeel
kookolie
METODE
Braai die vleis met ‘n bietjie olie in die ysterpot tot ligbruin. Sout en peper die vleis. Voeg ongeveer 400ml water by en kook die vleis oor matige kole vir 90 minute.
Braai intussen die uie saam met die koljander en komyn tot effe bruin in ‘n dikboom pan en voeg dan die knoffel by en braai nog effens. Meng nou stadig die beesaftreksel, heuning, wyn, tamatiepuree en tamaties in en stooi die meel oor terwyl aanhoudend geroer word. Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.
Nadat die vleis vir 90 minute gekook het word die inhoud van die pan met die vleis gemeng en die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis geplaas. Sout liggies en kook vir nog 30 minute. Roer liggies deur en bedien.
TONGMASTER’S CHICKEN POT:
Ingredients
•Chicken drumsticks
•Chicken Thighs
•Oil
•4 Chopped onions
•1 TBSP crushed garlic
•1 TSBP crushed ginger
•Worcester Sauce
•Salt
•Pepper
•Spices
•1 Bottle of white wine
•6 chopped tomatoes
•1kg baby potatoes
•Butternut
•Sweet Potatoes
•Carrots
•Green Beans
•Tomato Paste
•Green Pepper
•Mushrooms
•250ml Fresh Cream
Method
•Pot on flames.
•Oil in pot.
•Fry onions, garlic and ginger.
•Add chicken (2 pieces of Chicken per person – this pot is for 10) Worcester sauce, salt, pepper and any other spice required.
•Fry till chicken turns golden brown.
•Add one bottle of white wine.
•Stir the pot ensuring that nothing is sticking to the bottom.
•Add tomaoes and baby potatoes.
•Close the lid. Let simmer.
•The vegetables below should be judged on the number of people, in this case ten.
•When you are in the shop getting the ingredients, imagine serving ten plates of food and doing side dishes with the veggies described. Judge your quantities to equal what you would need to do that. A common mistake would be to have way too many vegetables.
•After 30 minutes, add chunks of butternut, sweet potato and carrot.
•Another 15 minutes, add green beans and tomato paste.
•Another 30 minutes, add green peppers and mushrooms.
•Another 15 minutes, add 250ml fresh cream. Gently toss the whole pot once. Don’t stir vigorously as this will break and disintegrate the vegetables.
•Serve.
TAMATIEKOS [DINE VAN ZYL]
2 fyngekapte uie
60 ml (4 E) sonneblomolie vir braai
1 kg skaapvleis(kneukels, nek, rib)
15 ml (1 E) grofgestampte groengemmer
5 ml (1 t) grofgestampte kruinaeltjies
5 ml (1 t) heel swartkorrels
5 kardemompeule, gekraak
2 stukke kassia (word ook kaneelstok genoem)
1 groen brandrissie, ontpit en fyngestamp
125 ml (½ k) kookwater
6 aartappels in die helfte gesny
2 X 410 g blik tamatiepuree
1 X 410 geblikte tamatiestukkies
15 ml (1 E) suiker
10 ml (2 t) sout
3 vars lourierblare
Verhit die uie en 30 ml van die sonneblomolie in ‘n kastrol en sit die deksel op. Smoor stadig tot die uie glaserig is. Haal die deksel af en braai tot die uie goudbruin is. Skep uit en hou eenkant.
In dieselfde kastrol verhit die res van die sonneblomolie en braai die vleisstukkies daarin tot die bruin is.
Voeg die speserye en groen brandrissie by en roerbraai om die geur van die speserye vry te stel.
Gooi die kookwater in die kastrol, sit deksel op en laat stowe vir ongeveer 40 minute. (Lamsvleis sal gouer sag wees.)
Skep die gesmoorde uie oor die vleis en voeg die aartappels by.
Gooi die tamatie, suiker, sout en lourierblare oor. Sit die deksel op en stowe verder.
Wanneer die aartappels sag is, is die tamatiekos reg. Proe daaraan en voeg nog sout of suiker by na smaak.
Bedien op witrys.
WHOLE PUMKIN POTJIE: [MELROSE RECIPES]
A different and fun way of making a potjie!
Serves 8
1 pumpkin (size as required)
30 ml (2 T) olive oil
1 kg prepared vegetables of your choice (green beans, broccoli florets, sweet pepper cubes, baby on...ions, baby corn, carrots, baby marrows, mushrooms and peas).
Salt and freshly ground black pepper, to taste
250 ml (1 cup) cream
60 ml (4 T) Melrose cheese spread
60 ml (1/4 cup) milk
2 cloves garlic, finely chopped
Cut a lid from the top of the pumpkin, scoop out all the seeds and fibers and discard. Sprinkle the oil over the other veggies and microwave for about 10 minutes, until slightly steamed. Spoon into the hollowed pumpkin and season well with salt and pepper. Mix the cream, Melrose cheese spread, milk and garlic well until smooth and pour over the veggies. Replace the lid of the pumpkin and place the whole pumpkin into an oiled flat black pot. Cover with the pot’s lid and place on low coals. Spoon some coals on the pot’s lid as well and cook for about 3 hours, or until the pumpkin and vegetables are cooked. Spoon the veggies and cooked pumpkin onto buttered couscous and enjoy.
WATERBLOMMETJIEPOT: [DINE VAN ZYL]
1 kg vars waterblommetjies
1,5 kg lamsvleis
kookolie vir braai
2 uie, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, gestamp
5 kruinaeltjies
10 ml (2 t) koljanderkorrels
15 ml (1 E) sout
5 ml (1 t) swartpeperkorrels
700 g aartappels, in kwarte gesny
bossie surings, gewas en gekap of sap van 1 suurlemoen
varsgerasperde neutmuskaat na smaak
suringblommetjies vir versiering
Was die waterblommetjies.
Braai die vleis in die kookolie. Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie en die knoffel, skep die vleis terug in die kastrol.
Strooi die kruinaeltjies, koljander, sout en swartpeperkorrels daaroor.
Pak ’n kwart van die aartappels hierop. Hierdie aartappels gaan van die water opslurp sodat die vleis nie le en vaal kook nie.
Gooi ’n laag waterblommetjies oor, gevolg deur die gekapte surings. (As jy suurlemoensap gebruik, sit dit aan die einde by, anders raak jou kos blou).
Heel bo-op kom die res van die aartappels. Rasper neutmuskaat oor.
Dis nie nodig om enige water in die pot te sit nie; die waterblommetjies en vleis sal genoeg water trek. Die waterblommetjies kook stukkend en die geure van die groente en vleis meng volgens die tradisionele metode.Strooi vars suringblommetjies oor en bedien op rys. Die suringblommetjies kan ook geeet word.
CALAMARIPOT:
400-500g calamariringe
2 groot uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 t gekneusde knoffel
1 e vars gerasperde gemmer
1 pak vars sampioene, gesny
4 tamaties, gekap
2 lourierblare
250ml vars room
1 e gekapte pietersielie
Verhit olie en braai die uie tot amper sag. Gooi die soetrissie by en braai tot dit ook amper sag is. Gooi die knoffel, gemmer en sampioene by en braai tot sag. Gooi nou die calamari by en braai vinnig. Geur met sout en pepper en gooi die tamaties en lourierblare by asook so ‘n koppie of so water. Prut 40 minute (sit nog water by indien nodig). Roer die room by en sprinkel die pietersielie oor. Bedien met wit rys en slaai.
SKAAP-AFVALPOTJIE; [PETER RUSTUM]
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap) water om in te kook
250ml halfsoet wit wyn
sap van ½ suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2ml rissiepoeier
10ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
3 tamaties, ontvel en gekap
30ml tamatiepasta
Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is-ongeveer 3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, en bene van skaapnek. Voeg uie, tamaties, en aartappels by inhoud en stowe vir nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier, tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer een keer goed om en dien op.
SEEMANSPOTJIE:
1 x 250g pak spekvleis, grof gekap [bacon]
2 uie, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies gekneus
botter of kookolie [opsioneel]
1 x 1 kg pak gemengde bevrore seekos
10 baba aartappeltjies
10ml droë of 30ml vars gekapte pietersielie
sout en swartpeper na smaak
30ml suurlemoensap
125ml droë witwyn
SOUS:
1 pk sampioensop
75ml tamatiesous
75ml blatjang
125ml mayonnaise
250ml witwyn
250ml gerasperde cheddarkaas
Braai spek bros in driebeenpot of swartpot.
Verwyder en hou eenkant.
Sorteer uie en knoffel in dieselfde pot.
Voeg botter/olie by indien nodig.
Voeg spek, seekos en aartappeltjies by.
Voeg geurmiddels by.
Verhit suurlemoensap en wyn en voeg by.
Plaas deksel op en prut ongeveer 50 minute oor koel kole of op lae hitte.Meng soppoeier, tamatiesous, blatjang, mayonnaise en wyn en gooi oor.
Prut vir sowat 10 minute. Toets of aartappeltjies gaar is.
Verwyder van kole of hitte.
Strooi kaas oor.
Plaas deksel op sodat kaas kan smelt.
Lewer 6 porsies.
VARIASIE:
Vervang bevrore seekos deur enige ander seekos waarvan jy hou.
Bedien saam met rys/brood met appelkooskonfyt/gebraaide soetpatats.
PATAT SKAAPPOT:
Bestanddele
2 kg Gemengde skaapvleis of hoender
2 Groot uie fyngekap
20 Klein aartappels geskil
10 baba wortels
3 Medium Patats geskil en gesny
Sout na smaak
Bestanddele Sous
500 ml Warm water
2 Bees Sous Blokkies
250 ml Droë Rooi Wyn
50 ml Blatjang
50 ml Tamatiesous
50 ml Worcestersous
30 ml Mielieblom
30 ml Oxtail Sop Poeier
25 ml Soja sous
10 ml Knoffel
1 ml Naeltjies
Metode
Smelt margarien of maak olie warm in pot. Verbruin die vleis. Haal vleis uit en hou eenkant. Braai die uie tot sag. Haal uie uit. Plaas vleis terug in pot. Plaas uie bo die vleis. Los die OXO blokkies op in warm water. Meng al die ander bestanddele vir die sous met die OXO mengsel. Gooi sous oor die vleis. Plaas aartappels, wortels en patats in lae bo die vleis. Prut vir 2½ ure.
GEURIGE BEESSKENKEL POTJIE:
'n No 3 pot word aanbeveel
30ml kookolie
6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik
8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder
2 uie in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
350ml vleisaftreksel
50ml tamatiepasta
2.5ml suiker
sout en varsgemaalde peper na smaak
10 geel vlapampoentjies
6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny
100g mini suikerertjies
100ml suurroom
30ml brandewyn
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
TAMATIE LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE:
45ml olyfolie
1kg lamsnekskywe, 20mm dik
sout en varsgemaalde peper na smaak
3 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4 tamaties, geskil en gekap
5ml suiker
375ml vleisaftreksel
3 groot aartappels, in kwarte gesny
Plaas 'n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmidels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1½ uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir 'n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor.
Kruiekluitjies
250ml bruismeel
5ml sout
10ml botter
15ml vars of 5ml droë gemengde kruie
1 eier geklits
60ml melk
Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie.
VARKSKENKEL MET GEMMER EN GROENTE: [PASELLA]
Carmen Stevens, wynmaker by Amani-wynlandgoed, deel haar resep vir varkskenkels met Pasella. Die kooktyd van só ʼn dis word verminder met ʼn drukkoker en dus bespaar jy energie. Sy noem dat mens die gemmerhoeveelhede moet aanpas m.b.t. hoe baie jy van 'n sterk gemmersmaak hou.
(Bedien 4)
2 e olyfolie
1 kg varkskenkels
1 – 2 e vars gemmer, gerasper
1 – 2 e gepreserveerde gemmer
2 'carbanossi'-worsies, opgekap
2-3 heel knoffelhuisies
2 k water
1 takkie tiemie sout en peper, na smaak
10 baba-aartappels
5 wortels, gekap
5 prei, gekap
Plaas olyfolie in ʼn drukkoker en verhit. Verbruin die skenkels en voeg die gemmer (vars en gepreserveer) by met die carbanossi, knoffel en ¾ van die water. Geur met sout en peper. Sluit deksel en drukkook 5-8 minute. Laat stoom uit. Neem skenkels uit pot en hou eenkant. Voeg res van die water by met tiemie en drukkook die aartappels, wortels en preie 3-4 minute. Bedien die skenkel met die groente en die sous uit die koker.
SKAAP EN VARKSKENKELPOTJIE:
Bestanddele:
500 g varkskenkel;
500 g skaapskenkel;
4 tot 6 eetlepels botter;
3 uie, fyn gekap;
3 knoffelhuisies, gekneus;
300 g vars sampioene;
5 ml tiemie, gedroog;
5 ml oreganum, gedroog of 15 ml vars kruie;
15 ml bruinsuiker;
60 ml tamatiepasta;
500 ml rooiwyn;
250 ml beesvleisaftreksel;
sout en swartpeper;
30 ml Bistosous (indien nodig);
250 ml suurroom;
Beskikbare groente soos:
1 klein blomkool;
6 wortels, in ringe gesny;
500 ml groenboontjies;
8 geel murgpampoentjies;
8 groen murgpampoentjies;
5 aartappels.
Metode:
Braai die vleis tot goudbruin in verhitte swartpot. Braai die uie, sampioene en knoffel; hou die vleis eenkant. Plaas die vleis terug. Voeg die res van die geurmiddels by, asook die wyn en aftreksel. Laat prut stadig, sowat twee uur lank. Voeg die groente by en laat prut vir nog 'n driekwartier tot een uur.
Voeg die suurrom by.
Sit voor met geelrys en rosyntjies.
VARKSKENKELS: [Uit: Boerekos: Dine van Zyl]
genoeg vir vier mense.
Vars of gerookte skenkels kan gebruik word, maar as mens gerookte skenkels gebruik, dan moet jy nie sout in die kos gooi nie, want dan is dit reeds sout genoeg.
2 middelmatige varkskenkels
4 wonderpeperkorrels
4 kruienaeltjies
1 groot lourierblaar of 1 t gestampte koljander
'n suurlemoenblaar
sout (slegs by vars skenkels)
Bedek skenkels met water en kook tot dit begin sag word.
Voeg die wonderpeperkorrels, kruienaeltjies, lourier- of suurlemoenblaar, koljander en sout by. (Kneus eers die blaar om die geur beter vry te stel).
Stowe die skenkels tot hulle papsag is, en lieflik lymerig is.
Mens dien die skenkels met 'n skyfie suurlemoen daarby op, en sorg dat die pepermeul ook op die tafel staan, dis altyd lekker so vars oor gemaal.
BERNIE SE KNOFFELVIS POTJIE: [RSG]
Bestanddele
250g dwergie-garnale (shrimps)
250g krap (crab sticks)
250g mossels
250g calamari
Olyfolie
Knoffel
Kaassous
Vars room
Vis speserye
Metode
Maak pot baie warm. Plaas olie in pot en maak dit baie warm. Plaas calamari in warm pot en voeg knoffel by en braai tot dit amper vas sit in pot en voeg die res van die seekos by. Gooi kaassous en vars room by. Strooi ook vis speserye oor. Prut op die plaat vir nog so ‘n halfuur of wat. Lekker op rys met groenslaai.
ALICE SE VISPOT: [RSG]
Bestanddele
600 g I & J Steaks / Medallions
1 groot ui (gekap)
8 klein uitjies (heel geskil)
1 klein of ½ groot green pepper
½ koppie wyn
1 pakkie knopie sampioene
3 eetlepels gekapte pietersielie
1 pakkie wit uiesop poeier
250 ml houertjie room
200 ml mayonnaise
1 eetlepel knoffel (fyngedruk)
Aromat
Tabasco / Lea & Perrin’s (gooi na smaak)
Metode
Braai gekapte ui en green pepper. Braai vis (moenie te veel roer nie, kan breek). Gooi Aromat oor (elke nou en dan). Voeg knoffel by. Voeg wyn by. Voeg klein uitjies by en kook stadig vir so 15 – 20 minute. Meng soppoeier, room en mayonnaise. Indien nodig voeg klein bietjie melk by. Gooi mengsel in pot. Voeg sampioene en pietersielie by. Gooi hot sous by en roer deur. Laat kook, nie te lank nie, maar totdat tekstuur reg lyk en klein uitjies darem sag is. Indien te droog, voeg nog wyn en / of melk by.
Opsioneel:
Kan half tot een eetlepel kerriepoeier byvoeg saam met die mengsel.
SHANKS AND POTATO POTJIE:
1.5kg lamb shanks
5ml salt
5ml black pepper
1 onion, finely sliced
15ml olive oil
15ml balsamic vinegar
5ml lemon and herb spice
5ml indian potjiekos spices
3 tomatoes, peeled and diced
50ml boiling water or stock
500g baby potatoes, in jackets or peeled
10 baby marrows, sliced
10 patty pans, halved
500g fresh mushrooms, halved or sliced
Method
Season the shanks lightly with salt and pepper and brown a few at a time in a heated pot until browned all over.
Remove the shanks and sauté the onion in a little olive oil until soft.
Add the vinegar and stir through. Add all the spices and stir-fry lightly.
Add the tomatoes and mix through.
Return the shanks to the pot, lower the heat, add a little boiling water or stock and simmer until the shanks are done.
Add the baby potatoes after about 2 hours.Simmer until the potatoes are almost soft and add the rest of the vegetables and heat until they're just done but still crisp.
Season with salt and pepper to taste and another sprinkle of balsamic vinegar if you like.
Serve with brown rice or parsley rice.
SPICY SEAFOOD POTJIE:
Potjie No: 3
Serves: 6 – 8
Cooking Time: 1.5 hours
Ingredients
15 ml brown sugar
15 ml sweet soy sauce
30 ml fresh basil, roughly chopped
30 ml fresh parsley, roughly chopped
1 kg fresh white fish, filleted, or frozen hake steaks
500 g fresh or frozen prawns, shelled and cleaned
1 kg frozen marinara mix
2 lemons (juice only)
250 ml thick cream
10 mussels in their shells
20 ml olive oil
30 ml butter
2 large onions
10 ml garlic, crushed
10 ml ginger, freshly, grated
20 ml seafood spices
250 g fresh black mushrooms, sliced
410 g Mexican tomatoes
375 ml fish stock
125 ml sherry
Method
In a large potjie, heat together the oil and butter.
Add the onions, garlic, ginger and seafood spices and fry for 2 minutes.
Add the mushrooms, tomatoes, fish stock, sherry, sugar and soy sauce and simmer gently for 15-20 minutes.
Add the basil and half the parsley, then remove three quarters of this mixture from the pot and layer it, alternating with the seafood.
Start with the white fish, then the prawns, then the marinara mix.
Add the lemon juice, secure the lid and allow to simmer for 20 to 30 minutes without stirring.
Just before serving, add the cream, mussels and the remaining parsley and heat through for about 5 minutes.
Serve with white rice and a green salad.
SKAAPTJOPS POT: [MY EIE RESEP]
6 skaapboudtjops
3 grt aartappels in skywe of kwarte gesny
1 pk Country Crop gemengde gevriesde groente
Sout en peper na smaak
2 groot uie in kwarte of skywe gesny
Knoffel na jou smaak [ek gebruik 4 gekerf]
Bottel goeie rooi wyn
olyfolie en botter vir die braai van vleis en uie
2 of 3 goeie "dashes" worcestersous [skat so 30ml]
Gebruik jou lekker warm gemaakte swartpot.
Voeg jou olie en botter in en laat smelt.
Braai die tjops daarin tot mooi bruin.
Verwyder en braai die uie en knoffel tot sag.
Sit tjops terug in pot.
Voeg die aartappels by.
Voeg halwe bottel wyn by en ongeveer 300 - 500ml water.
Skud jou worcestersous by.
Sit deksel op en laat gaar word.
Tjops en aartappels moet gaar wees en die sous dikkerig.
Voeg dan die sout en peper by, asook die hele pak groente.
Sit deksel op en laat die groente gaar word, al denté, nie pap nie.
Sit nou aan vir 'n heerlike bord kos.
Jy kan rys, stampmielies of stywe pap hierby bedien.
HOENDER, RYS EN GROENTEPOT: [MY EIE RESEP]
6 persone
12 stukke hoender, boudjies en dye
1½ kop rys
Gemengde groente na jou keuse [wortels, groen en geel vlapampoentjies, sampioene, groenboontjies, pampoen/patats klein baba skorsies [hou heel] ens.]

1 pk Hoenderroomsoppoeier
1 pk Dik groentesoppoeier
Aromat en suurlemoenpeper
Ina Paarman se hoenderaftrekselpoeier, maak aan met warmwater
Olyfolie
1 grt ui in skywe gesny/maak dit sommer 2
2 - 4 knoffelhuisies gekneus/fyngekap
½ bot Ordentlike witwyn
In warm swart pot braai die hoenderstukke tot bruin.
Skep uit en hou eenkant.
Braai die ui/e en knoffel tot glansend en gaar.
Voeg nou die rys by en roer goed deur met die uiemengsel.
Pak die hoenderstukke bo-op.
Dan die groente en aartappels.
Geur met aromat en peper, moenie deurroer nie.
Strooi nou die pakkies soppoeier bo-oor.
Voeg die wyn en hoenderaftreksel by, asook genoeg water om te bedek.
Laat hierdie potjie nou salig verder prut oor matige hitte.
Passop vir aanbrand, indien bietjie droog word, voeg nog water by.
Toets na 'n uur of die aartappels, rys en groente gaar is. Indien nie laat dit nog verder prut tot alles gaar is.
[Het nog nooit tyd gehou hier nie, maar dit behoort binne 'n uur tot 11½ uur gaar te wees]
Groente moenie pap gekook wees nie en darem nog byt hê.
Roer jou pot goed deur net voor jy opdien.
Geniet!!
WENK:
Ek sit party keer ook 'n halwe pak streepspek in stukkies gesny by, dit gee weer 'n ander smaak aan die potjie.
Partykeer maak ek dit ook net met wortels en aartappels in. Geen ander groente nie.
Het dit al ook met ipv rys, pasta gemaak, maar dan voeg ek die graar pasta heel laaste by en laat dit net deurwarm.
Jy kan ook Tobasco insit vir bietjie byt as jy daarvan hou of kerrie as jy dit 'n kerriepot wil maak. Beide gaan goed af.
KERRIE HOENDERPOT:
(Genoeg vir 4 mense)
1,2kg hoenderstukke
2 teelepels gemaalde koljander
2 teelepels kardemonsade
2 teelepels komyn
1 ½ teelepel borrie
1 ½ teelepel fennel
2 teelepels gemmer
2 knoffelhuisies
5cm stukkie kaneel
1 teelepel rooipeper
sout en peper
2 uie
1 blik tamaties
4 aartappels gesny in helftesMetode
Braai uie met al die bogenoemde speserye, sorg dat jy genoeg olie in pot het.
As uie effe bruin is, voeg hoender by, en braai verder.
Voeg die blik tamaties by, dan die aartappels en 'n klein bietjie water as dit moet.
Aan die einde kan jy so 'n halwe koppie plein joghurt byvoeg en roer, bedien met vars koljanderblare, op rys en sout en peper na smaak.
FERDI SE GEBASTERDE SKAAPPOT:
2kg skaapskenkel en ribbetjie
Uie opgekap
Patats
Aartappels
Wortels
Sous
750ml rooiwyn
1 knoffelhuisie
1 Liter warm water
Biefstok
1 Koppie blatjang
1 Koppie tamatiesous
Knippie naeltjies
Pakkie bruin uiesoppoeier
Pakkie beesstertsop
Opgelos in ‘n liter water
Metode
Braai die uie in olie en voeg die vleis by en braai tot bruin.
Maak die sous aan en voeg oor vleis.
Kook vir ‘n half uur en voeg die groente by.
Gooi die soppoeier by en laat dit prut vir so 2 ure.
KERRIE AFVAL: [DINE VAN ZYL]
Dine noem dat mens deesdae jou afval mooi skoongemaak en verpak koop, maar dat jy dit maar steeds mooi moet bekyk om seker te maak dis skoon. Die neusbene moet verwyder wees, die pootjies moet gekloof wees en die blokkiespens (ruitjiespens) moet heel wees.
Bedien 6-8)
1 volledige skaapafval (skaapkop, pens en pootjies), skoongemaak
1 k aartappelblokkies
1 k asyn
1 e sout
1 t swartpeperkorrels
Vir afronding
12 klein aartappeltjies, ongeskil
½ k appelkooskonfyt
Meng die kerriemengsel
2 e gerasperde vars gemmer
5 kardemomsade, liggies gestamp
1 t steranys
4 stukke kassia
½ t rissiepoeier
1 t fyn komyn
2 t borrie
4 lourierblare
Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou. Sny die res van die pens in klein blokkies. As jou afval supermarkskoon is, gooi ‘n ketel kookwater oor en laat staan ‘n paar minute. As die pens bietjie wild ruik, kan jy dit so 20 minute lank kook. Gooi die water af.
Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie.
Sit die afval en aartappelblokkies in ‘n kastrol. Bedek met kookwater, gooi asyn, sout en peper by en prut 2 ure of sit in ‘n voorafverhitte oond by 180°C. Die afval moet sag wees, maar die murg moet nog nie uit die bene gekook wees nie.
As die afval sag is, voeg die klein aartappeltjies by met die appelkooskonfyt. Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en roer dit ook by. Prut nog ‘n halfuur tot die klein aartappeltjies sag is.
Proe nou die afval, indien dit te suur is, voeg nog appelkooskonfyt by. Te soet, voeg asyn of suurlemoensap by. Nie sterk genoeg nie, voeg nog rissie by, maar met ‘n ligte hand!
THAISE ROOIKERRIEPOT:
Lamskenkels is wonderlik in ´n potjie. Dit moet stadig en nogal lank kook. Kerrie is lekker saam met dit asook klein aartappeltjies.
10 ml koljandersade
50 ml sonneblomolie
45 ml rooikerrie pasta van Woolworths
1 ui, gekap
4 tamaties in skywe gesny
1 blikkie klappermelk
30 g vars koljanderblare, gekap
klein aartappeltjies
wortels geskil en in groot stukke gesny
Braai uie in olie.
Voeg skenkels by en roerbraai.
Meng al die ander bestandele en voeg by en laat prut tot die vleis sag is. [ongeveer 1 - 1½ uur]
RAAP EN SKRAAP BOEREWORSPOT:
30 ml olyfolie
1 kg boerewors (bees of vark of soos verkies)
30 ml botter
2 medium uie, in ringe gesny
2 huisies knoffel, gekneus
6 geelwortels, geskraap en in repies gesny
15 ml koekmeel
600 ml beesvleisaftreksel
30 ml rooi wyn
10 ml tamatiepuree
7,5 ml mosterdpoeier
'n skeutjie Worcestersous
5 ml gedroogde tiemie
vars gekapte pietersielie
Verhit olie in 'n groot pan of pot en braai vleis daarin vir sowat 10 minute. Lig uit en hou eenkant op kombuispapier.
Plaas helfte van botter, ál die uie, knoffel en wortels in die pot. Kook vir vyf minute oor medium hitte en gebruik 'n houtlepel om die boom van die pot liggies te skraap sodat alle stukkies gebraaide vleis met die groente meng.
Roer meel by en prut sowat 'n minuut. Voeg die aftreksel geleidelik by en dan die res van die bestanddele — behalwe die pietersielie.
Prut vir vier tot vyf minute. Skep wors terug in pan en prut 'n verdere 10 minute.
Indien nodig, verdik sous met 'n pasta van koekmeel en botter (dan maak dit nie klonte nie).
Sprinkel pietersielie oor en sit voor met pasta of aartappels.
VARK EN APPELPOTJIE:
1,2 kg varkskenkels, in skywe gesny of varkvleisblokkies, skouertjops of porsies varklende
50 ml kookolie
2 uie, in skywe gesny
3 stingels seldery, in skyfies gesny
60 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
5 ml tiemie
250 ml vleisaftreksel
250 ml appelsap
6 klein aartappels, geskil en gehalveer
500 ml vars of gevriesde wortels, gekap
2 groen appels, geskil, ontpit en in blokkies gesny
Metode:
Verbruin varkskenkels in verhitte kookolie. Verwyder uit kastrol. Soteer uie en seldery tot deurskynend. Voeg vleis, meel, geurmiddels en tiemie by. Verhit vleisaftreksel en appelsap, voeg by vleis en prut tot die vleis amper gaar is. Pak aartappels, wortels en appels in lae. Prut nog 20 - 25 minute tot groente sag is.
4 porsies.
BILTONG EN PAMPOENPOT:
Gebruik 'n redelike groot pot.
3 kg - nat beesbiltong, in dik skywe gesny/minder biltong stukke en fyn biltong
1kg - ontbytspek, gesnipper
1kg - pruimedante, ontpit
half kg - rys
1 koppie - sojasous
2 kg - boerpampeon, in skywe gesny
1 - aftrekselblokkies, beesvleisgeur
2 handevol - cheddarkaas, gerasper
Braai die spek bros en voeg dan die biltong en pruimedante by. Pak eers die rys en dan die pampoen bo-op. Voeg die sojasous en aangemaakte aftreksel by. Prut saggies tot die rys en pampoen gaar is. Sprinkel die kaas oor en laat smelt.
KERRIESKAAPVLEISPOT: [Onbekend]
Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak
Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin.
Voeg vleis by die uie mengsel.
Braai vleis tot lig bruin.
Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure.
Maak 'n pasta van al die ander bestanddele.
Kook tot vleis sag is.
Dien op met blatjang, rys en klapper.
Jy kan hierby ook groente gooi.
ROSALINE KOOPMAN SE BEESSTERT: [BOEREKOS - DINE VAN ZYL]
Bestanddele:
1 beesstert
1 gekapte ui
4 knoffelhuisies
1 E Worcestersous
1 glas rooiwyn
2 E wynasyn
sout, swartpeper
2 k beesaftreksel
Metode:
Braai die beesstert in ‘n bietjie kookolie saam met die uie en knoffel.
Dit word eers bruingebraai om die vleis te seël en die geur na vore te bring.
Voeg Worcestersous, rooiwyn en wynasyn by en geur met sout en peper.
Kook in beesaftreksel tot die vleis sag is.
Dine se notas:
Dis ‘n lang proses om beesstert gaar te maak. Jy kan nie dieselfde resultaat kry deur dit vinnig in ‘n drukpot te kook nie.
Saam met die beesstert maak ons gebakte soetpampoen.
Saam met die soetpatats het sy blomkool gestoof waaroor vars neutmuskaat gerasper is.
KERRIEBOTTER HOENDERPOT:
8 hoenderdye, vel verwyder
sap van een suurlemoen
15ml masala
sout en vars gemaalde swartpeper
60ml olie
2 uie, in dun skywe gesny
1 soetrissie, in repies gesny
10 ml komynsaad
10ml vinkel
4 kardemomsade
2 stukke pypkaneel
4 vet knoffelhuisies, gekneus
1x2.5cm vars gemmer, fyngekap
5ml borrie
2 suurlemoen- of lourierblare
2 groen brandrissies, fyngekap
6-8 vars, ryp tamaties
45ml tamatiepasta
50ml botter
vars koljander vir garnering
Vryf suurlemoensap oor hoenderdye. Sprinkel masala oor hoenderdye en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute. Verhit helfte van olie in ‘n pot en braai hoenderdye aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Verhit oorblywende olie in dieselfde pot en soteer ui en soetrissies oor lae hitte tot baie sag. Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoen blare en brandrissies by. Roerbraai om geure te laat ontwikkel. Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties grof. Voeg by uie en soetrissies in pot saam met tamatiepasta. Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute. Plaas hoender terug in pot en bring tot kookpunt. Prut vir sowat 35- 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval. Roer botter by. Proe en geur. Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word. Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.
HOENDERKERRIE ALLA SUNETTE:
Gryp 'n lekker GROOT kastrol/pot
Gooi 'n ruim skoot Olyfolie onder in en voeg by die olie:
1. 'n Paar Lourierblare
2. 'n Paar Kaneelstokkies
3. 'n Eetlepel Chilliepoeier
4. 'n Eetlepel Gharam Marsala
5. 'n Eetlepel Borrie
6. 'n Klompie Ster Annys Sade
7. 'n Paar heel naeltjies
8. 'n Eetlepel Mix Marsala
9. 'n Teelepel Vinkel saadjies (Fennel)
10. 'n Eetlepel Corriander & Cumin Poeier
11. 'n Paar "Green Cardamon" sade
12. 2 Eetlepels bruin suiker
13. 2 Eetlepels bruin Asyn
Begin die olie verhit oor lae hitte en roer die speserye daar in om 'n pasta te vorm. Kneus die sade in die proses om die geur uit te laat. Die pasta moenie te dik wees nie. As dit is, gooi nog 'n bietjie olie by.
Kap 2 uie fyn en braai in die "Kerrie pasta" tot sag. Moenie probeer bruin braai nie. Die pasta sal aanbrand.
Sny Hoenderborsies in stukke ( nie repies of te fyn nie). Voeg by en braai in die pasta tot al die Pienk van die hoender weg is. Hoeveelheid hang af van hoeveel mense jy moet voer, maar die bg pasta is genoeg vir 3 pakke borsies. Jy kan ook die borsies vervang met enige ander ontbeende hoender, maar moenie velle ingooi nie.
Gooi 2 Blikke Coconut Cream by en roer goed.
Gooi by 2 blikke Kersietamaties.
Voeg sout en peper by na smaak.
Voeg by 2 koppies gedroogde Appelkose by.
Nou kan jy self besluit watter ander groente soos worteltjies, jy wil byvoeg, maar dis nie nodig nie.
Meng al die bestandele goed en gooi laastens Aartapples in kwarte gesny ook by. Maak seker die Aartappels is bedek met die vloeistof en laat oor lae hitte prut vir omtrent 1 uur of totdat die Aartappels sag is!
Proe aan die sousie en as dit nie genoeg na jou smaak brand nie, gooi nog so 'n bietjie Chillie poeier in en kook vir minstens nog 10 min vir die geur om deur te trek.
Voila! Die kerrie is gedoen! Al wat nou kort is 'n lekker groot kastrol Basmati rys...
Om te bedien:
Sny 'n paar piesangs in skywe en sit vir elkeen 'n klein bakkie by sy bord. Sit ook 'n bakkie fyn Coconut en 'n lekker bottel Chutney op die tafel. Die laaste, maar baie belangrike bykossie is fyngekapte uie en tamatie gemeng met 'n groot lepel bruisuiker en assyn!
AMERIKAANSE BREDIE:
250 g skaapnek in skywe
1 gekapte ui
37,5 ml meelblom
25 ml pietersielie
5 ml sout
1 gekapte groenrissie
1 ml peper
625 tamatiesap
30 ml kookolie
1 blik gebakte boontjies
Rol vleis in mengsel van meel, sout en peper en braai in warm olie tot bruin. Skep vleis uit en braai uie, pietersielie en soetrissie. Plaas vleis terug in kastrol, voeg tamatiesap by, plaas deksel op en prut tot sag, ongeveer 2 uur lank. Voeg boontjies by en dien op.
SLAWEKOS: [BOEREKOS - DINE VAN ZYL]
8 uie
1 groot eiervrug
2 groot groenrissies
6 ryp tamaties
2 rooirissies
6 groot aartappels
klont botter
12 dikribtjops
1 e growwe sout
2,5 ml swartpeper
1 k rou rys
4 takkies oreganum
knippie neutmuskaat
1 glas droe wit wyn
halwe k water
ekstra klont botter
Skil uie en sny in ringe. Skil eiervrug, en sny in vingerdik skywe. Week eiervrug 20 min in soutwater, spoel onder kraan af en dreineer. Sny groenrissies en tamaties in skywe. Stamp rooirissies fyn. Die pitjies word saamgestamp. Skil die aartappels en sny dit in vingerdik skywe. Sit 'n lekker klont botter onder in pot. Voer pot uit met 'n mooi lagie uie. Pak ses van die tjops daarop en volg dit met 'n laag eiervrug. Strooi growwe sout oor en maal 'n goeie klompie swartpeper oor na smaak. Pak 'n lagie groenrissie bo-op, gevolg deur 'n laag tamatie, en dan die rys. Strooi die oreganum en die skerp rooirissie oor. Pak weer lae tamatie, uie, vleis, eiervrug en eindig met aartappel. Nog 'n bietjie sout en peper word oorgestrooi en 'n bietjie neutmuskaat oorgerasper. Voeg 'n glas droë wit wyn by en 'n bietjie water. Sit 'n klont botter sommer vir die lekker bo-op die aartappels. Sit die deksel op. Laat pot nou heerlik prut vir ongeveer 1½ - 2 uur. Dis belangrik dat jy nie met jou lepel in die pot gaan rondkarring nie. Los die kos net so tot dit klaar gekook het. Pasop vir aanbrand, hou die hitte maar matig.
Kan ook in die oond gedoen word vir ongeveer 3 ure op 180 grade C.
SKAAPSKENKELPOT MET KLUITJIES: [BOEREKOS DINE VAN ZYL]
3 uie, in skywe gesny
2 E kookolie
1,5 kg skaapskenkels
4 E meelblom
2 t sout
¼ t swartpeper
¼ t koljander
2 rape, opgekap
4 kruinaeltjies
paar takkies vars tiemie
2 k kookwater
2 geelwortels, opgekap
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Braai die uie in die kookolie tot dit glaserig is en skep uit.
Rol die vleis in meel wat gegeur is met sout, swartpeper en koljander. Braai die vleis tot dit geseël is van buite. Voeg die raap, kruinaeltjies, tiemie en kookwater by, sit die deksel op en laat dit stowe.
Voeg die geelwortels en aartappels by en stowe tot sag.
Maak nou die kluitjies.
KLUITJIES:
2 k koekmeel
4 t bakpoeier
½ t sout
6 E botter
2 eiers
6 E melk
½ k fyngekapte pietersielie
1 gerasperde ui
1 t vars tiemie
knippie swartpeper
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter daarin.
Klits die eiers en melk en roer die pietersielie, ui, tiemie en sout by. Meng dit alles saam tot ‘n taamlike stywe beslag.
Skep lepelsvol kluitjies in die vloeistof op die vleis en groente. Stowe vir 20 minute sonder om die deksel op te lig.
Bedien die kluitjies saam met die vleis.
KAROO LAMSKERRIE MET JAM: [ONBEKEND]
Dié naam het ek self geskep, want ek het daarmee grootgeword en daar móét fyn appelkooskonfyt by dié gereg gevoeg word - dis hoe dit in die Karoo gemaak word. As ek dié kerrie ruik, verlang ek sommer na my ouma.
(6 porsies)
•500 g droë, groot witbone, oornag geweek óf 3 tot 4 blikke botterbone as jy nie tyd het om die bone oornag te week nie
•sonneblomolie
•8 stukke lamsnek
•8 stukke kort lamsribbetjie
•2 uie, fyngekap
•20 ml matige kerriepoeier
•30 ml borrie
•15 ml fyn appelkooskonfyt
•8 middelslag-aartappels, geskil
sout en vars gemaalde swartpeper
Plaas die bone in ’n groot kastrol en tap koue water in tot die bone bedek is. Maak toe met ’n deksel en bring tot kookpunt. Skakel die plaat onmiddellik af en laat staan die bone oornag in die water. Verhit ’n bietjie sonneblomolie in ’n oondkastrol en braai die lamsnek en ribbetjie oor stadige hitte tot mooi bruin. Verhit die oond tot 180 °C. Voeg die gekapte ui by die vleis en braai vir 10 minute. Plaas die kastrol vir ’n uur in die oond sodat die vleis sag word.
Skakel intussen weer die plaat aan en kook die bone tot sag. Haal die kastrol met die vleis uit die oond en voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by. Geur met sout en swartpeper.
Dreineer die bone en voeg saam met die geskilde aartappels by die vleis. Voeg ’n koppie water by. Meng deur en plaas terug in die oond. Laat die kerrie vir minstens nog 2 uur in die oond. Jy kan die temperatuur verlaag na 160 °C en die kerrie stadig kook. Hou dop en indien nodig, kan jy nog water byvoeg.
Sit voor saam met
Blatjang en roti’s.
LAMSKERRIE:
Die beste manier om jou gesin te leer kerrie eet, is om ’n dis wat hulle reeds ken so ’n bietjie woema te gee. Hierdie is ’n lamsbredie met byt.
Jy benodig75 ml kookolie2 groot uie, gekap2 kardemompeule3 stukkies kassia4 naeltjies1 kg skaapvleis1 groot, ryp tamatie, gekap10 ml masala10 ml fyn komyn (jeera)5 ml fyn koljander (dhania)10 ml fyn vinkel (barishap)2 ml borrie10 ml fyngedrukte knoffel5 ml fyngedrukte gemmerwortel1 groen brandrissie, gekapSout na smaak6 klein aartappels, geskil60 ml gekapte koljanderblare
Só maak jyVerhit die olie in ’n pot en voeg dan die uie, kardemom, kassia en naeltjies by.Soteer die uie totdat dit deurskynend is.Voeg die vleis en tamaties by en braai dit vir 10 minute.Voeg die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en koljanderblare, by. Sit die pot se deksel op en laat dit prut totdat die vleis net sag is. Voeg dan die aartappels by en laat dit gaar prut. Sprinkel die koljanderblare oor net voordat jy die kerrie opdien.
TOSKAANAE HOENDERPOT:
8 hoenderdytjies
olyfolie
seesout en swartpeper
½ koppie droë witwyn
2 eetl. Suurlemoensap
3-4 dun repies suurlemoenskil (met groenteskiller)
5 knoffelhuisies (geskil en ruweg gekap)
2 takkies roosmaryn (in kleiner stukkies geknip)
hand vol vars vinkelblare
2 groot ryp tamaties (geskil en in kwarte gesny)
12 groen olywe
· Verwyder vel en vet van hoender. Verhit olie in kastrol met deksel. Verbruin hoender in matige hitte (hulle moet langs mekaar lê Geur met sout en peper.
· Verhit wyn, suurlemoensap en skil, knoffel, roosmaryn en vinkel in 'n kastrolletjie. Giet sous oor hoender, voeg tamatie by en sit deksel op. Kook ongeveer 40 min. tot gaar. Draai dye gereeld om. Voeg olywe laaste 10 min by.
· Skep uit. Verdik pansouse met gooi sous oor hoender met opdiening.
BOBAAS BREDIE: [KOTIE WAGNER - SWAKOPMUND]
Bredie vir 4-6 mense:
• 1 kg vleis (lamsdikrib, bees — kookvleis of enige vleis wat gekook of gestowe moet word)
• 3 middelslag uie
• 2 huisies knoffel (opsioneel)
• 6-8 tamaties
• Sout en peper na smaak
• ½ t fyn naeltjies of 4 heel naeltjies
• 1 lourierblaar
• bietjie olie
Metode:
• Verhit die olie in die pot en braai die vleis aan alle kante tot bruin en verseël is.
• Haal die vleis uit en hou eenkant. Kap die uie en knoffel en braai tot die uie deurskynend is. Plaas vleis op die uie in die pot.
• Strooi sout en peper asook ander naeltjies bo-oor.
• Sny tamaties in blokkies en plaas in pot.
• Gooi bietjie kookwater by sodat vleis bedek is.
• Draai die hitte tot laag en prut vir ± 40 minute tot vleis sag is. Voeg nou klein aartappeltjies met skil by of sny groot aartappels in blokkies.
• ’n Mens kan ook wortels, murgpampoentjies, boontjies, kool en of groente van jou keuse bo-op die vleis sit. Stoom tot die aartappels sag is.
Volgens Kotie kan ’n mens die sous verdik met ’n mengsel van mielieblom en bruin souspoeier of ’n pakkie uiesop. Wees egter versigtig as jy uiesop gebruik dat dit nie te sout raak raak nie.
“Ek hou daarvan om bredie met so ’n lang sous te maak en koop graag daarvoor die steak wat ’n mens koop wat deur die masjien in die slaghuis gesit word en verkoop word as tenderized steak. Met ander woorde, die taai stukke. Dan sny ek dit in repe en draai ’n gepiekelde komkommertjie (“gherkin”) toe met die reep vleis.”
Steek dit vas met ’n tandestokkie. Gebruik die resep soos bo behalwe “dat ek dan van die piekelasyn van die komkommertjies saam met water by die vleis gooi. Daarmee saam bedien ek graag koring. Die koring wat ’n mens deesdae koop, kook net so vinnig soos rys gaar. Kook dit net sonder sout en voeg die sout by net voordat die koring gaar is.
Die koring wat oorbly, gebruik ek om vir aandete die heerlikste vetkoekies te bak,” het Kotie gesê.
Koringvetkoek:
• 2 k gaar koring
• 2 eiers
• 1 e gesmelte botter
• 1 t sout
• 1 k koekmeelblom
• 2 t bakpoeier
• ½ k melk
Metode:
• Roer die geklitste eier en gesmelte botter in die koring in.
• Sif die meel, bakpoeier en sout bo-oor en roer goed deur.
• Voeg melk by en meng deur.
• Skep lepelsvol in vlak olie en braai bruin aan albei kante.
• Bedien met stroop.
TIENIE SE KASSEROL:
"Wintertyd is bredietyd, hoewel hierdie kasserolgereg altyd 'n wenner bly, ongeag die weer."
(Bedien 6 persone)Bestanddele
750 g diklies of binneboudvleis, in blokkies gesny
75ml koekmeel
40 ml olie
2 huisies knoffel, gekneus (opsioneel, of 2 t knoffelsout)
300 g heel kleinuitjies
5 preie, opgesny
15 ml droë origanum
knypie roosmaryn
sout na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, opgesny
75 ml tamatiepuree
15 ml bruinsuiker
300 ml droë rooi wyn
1 blik roomsampioene
125 ml suurroom
Metode
• Gooi meel en sout in plastieksak en gooi blokkies vleis daarin. Skud en haal blokkies uit.
• Verhit olie in dikboom kastrol en verbruin vleisblokkies daarin.
• Voeg knoffel, uie, preie en kruie by en soteer 'n paar minute.
• Voeg puree, suiker en wyn by en prut saggies sonder 'n deksel tot sous met die helfte verminder het.
• Gooi mengsel in 'n kasserol en voeg roomsampioene by.
• Sit deksel op en bak in voorverhitte oond (160°C) vir ongeveer 40-50 minute totdat vleis sag is of laat dit in jou potjie prut.
• Wanneer gereed vir opdien, roer suurroom in, garneer en bedien met rys, soet ertjies en 'n slaai.
HEEL LAMSKENKEL BOONTJIEPOT:
Braai 1 kg lamskenkels (gooi eers sout en peper oor) in ‘ baie warm pan en bietjie olie vir so 5~10 minute.
Verwyder die lam en braai een gekapte ui tot bruin, voeg 2 gekapte huisies knoffel by en braai vir ‘n minuut.
Verwyder alles uit die pot.
Voeg 10 klein aartappeltjies in die bodem gevolg met die vleis, uie, knoffel, die sap van 2 suurlemoene, 4 teelepels peper en 500 ml kookwater met beesvleis-ekstrak daarin opgelos.
Laat dit vir 40 minute bedek kook.
Voeg 500g groenboontjies by en kook vir nog 15 minute.
Skep al die vleis en groente uit die bak en laat staan eenkant vir later.
Kook jou rys in die vloeistof wat oor is tot gaar, miskien moet nog bietjie water bygevoeg word.
Voeg die vleis en groente op die rys en laat weer opwarm.
Heerlik verby, glo my!!!!!!!!!!
DIEPSKEP HOENDERPOTJIE:
Vleis / Hoender genoeg vir 4 persone
2 k rys
1 pak Caulibroc (of stukke groente wat jy van hou. Groente soos spinasie ens sal nie werk nie)
2 aartappels in skywe gesny
2 uie in skywe gesny
1 pakkie bruin uiesop poeier
1 l water
3 e Worcestershire sous
KRY JOU POTJIE REG:
Braaihoender/vleisbruininpot. Braaiuietotsag.
Skepuitenpakjoupot.
Gooi rou rys onder in potjie.
Pak aartappels en dan uie bo-op
Sit hoender/vleis stukke bo-op.
Meng soppoeier met water en Worcestershiresous en gooi oor als.
Gooi extra Chicken spice oor as jy hoender gebruik.
Maak toe en laat kook vir 2-3 ure.
Haal deksel af, strooi nog bietjie speserye oor.
Baie vullend en lekker verby!!!
STEFADO: [VAN DEON UIT HOLLAND]
Stefado is 'n Griekse resep van oorsprong waar die beesvleis gestoof word met uie en tamaties. Ek vind dit ook 'n ideale stoofskottel as potjiekos.
Bestanddele:
1,5kg beesvleis in blokkies gesny van 4cm
50g botter
3e olyfolie
400ml rooiwyn
40g tamatiepasta
1 blik tamaties [450g]
250ml water
4 gekapte uie
4 gekapte knoffelhuisies
1 pypkaneeltjie van 10cm
2t droë oregano
2 vol t sout
3/4 t peper
4 e pietersielie wat fyn gesny is
METODE:
Braai die vleis bruin in botter, hou eenkant.
Sorteer die uie en knoffel tot gaar.
Voeg die tamatiepasta by die uiemengsel en braai vir 3 minute.
Voeg al die ander bestanddele by die uiemengsel, behalwe die pietersielie.
Bring tot kookpunt.
Voeg nou die vleis by en prut vir 2½ - 3 ure tot die vleis lekker sag is en totdat daar 'n lekker dik sous is.
Strooi pietersielie oor vir garnering.
Bedien met rys.
Jy kan ook halwe geskilde aartappels en groenboontjies hierby voeg so 'n halfuur voordat die pot gaar is.
HOENDERPOTJIE:
Gegeurde hoenderstukke
Spekvleis in blokke gesny
Ui in skywe gesny
Aartappels in halwes of kwarte of ringe gesny
Olyfolie/brandewyn/sojasous
Groentestukke
Sampioene gekerf of heel
Pynappelstukke en stroop
Beesstert- en wit uiesoppoeier
Ingedampte melk [meng soppoeier daarmee]
Voeg alles in potjie in bogenoemde volgorde.
Prut tot gaar, ongeveer 1 tot 1½ uur.
KERRIEBEESSTOWEGEREG:(Matige smaak) - Phillip se resep
750 g Beenlose beesnek of borsstuk in 25 mm blokkies gesny Addisioneel :
Soft shin of maalvleis)
30 ml Kookolie (Addisioneel : Helfte olyf olie en helfte kookolie)
1 Ui fyn gekap
15 ml Kerriepoeier
15 ml Borrie
3 Knoffelhuisies
Halwe vars gemmer
1 Brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Swartpeperkorrels na smaak
2 Lourierblare
1 Tamatie, geskil en fyn gekap
3 Wortels in skyfies gesny
2 Aartappels in blokkies gesny
200 ml Vleisaftreksel
15 ml Koekmeelblom
Metode:
Soteer uie tot deurskynend in kookolie. Voeg al die kerrie, borrie, rissies by en braai vir een minuut. Braai vleis by. Voeg dan peperkorrels, loerierblare, tamatie, knoffel, gemmer en vleisaftreksel by. Verminder hitte, bedek en prut vir 1½ uur tot amper sag. Voeg wortels en aartappels by en prut tot sag.
Verdik vloeistof met 'n pasta van koekmeelblom en water indien nodig.
SKAAP EN VARKSKENKELPOTJIE:
Bestanddele:
500 g varkskenkel;
500 g skaapskenkel;
4 tot 6 eetlepels botter;
3 uie, fyn gekap;
3 knoffelhuisies, gekneus;
300 g vars sampioene;
5 ml tiemie, gedroog;
5 ml oreganum, gedroog of 15 ml vars kruie; 15 ml bruinsuiker;
60 ml tamatiepasta;
500 ml rooiwyn;
250 ml beesvleisaftreksel;
sout en swartpeper;
30 ml Bistosous (indien nodig);
250 ml suurroom;
Beskikbare groente soos:
1 klein blomkool;
6 wortels, in ringe gesny;
500 ml groenboontjies;
8 geel murgpampoentjies;
8 groen murgpampoentjies;
5 aartappels.
Metode:
Braai die vleis tot goudbruin in verhitte swartpot. Braai die uie, sampioene en knoffel; hou die vleis eenkant. Plaas die vleis terug. Voeg die res van die geurmiddels by, asook die wyn en aftreksel. Laat prut stadig, sowat twee uur lank. Voeg die groente by en laat prut vir nog 'n driekwartier tot een uur. Voeg die suurrom by.
Sit voor met geelrys en rosyntjies.
HOENDER EN APERSIEROOMPOT:
50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels

Verhit die olie oor matige kole in die pot. Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank. Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by. Strooi die kaas bo-oor. Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor. Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole. Moenie die potjie roer nie. Roer dit deur net voor bediening.
HERDERSPASTEI IN POTJIE:
Bestandele:
Uie en knoffel
500gr maalvleis
2 tot 3 pakkies tamatie puree
Gedroogte kruie, origanum, roosmaryn, tiemie
1 koppie rooiwyn
2 eetl bruinsuiker
sout en peper
Metode:
Sit die swartpot bo-op vuur, braai uie en knoffel, voeg vleis by, en braai tot bruin.
Voeg die tamatie, kruie, wyn, suiker en sout by, roer goed.
Maak intussen kapokaartappels met bakpoeier, melk of room, en parmasaankaas, of enige kaas wat byderhand is, pak dit bo-op die vleis in die swartpot.
Sit deksel op, en pak gaar kole bo-op deksel.
Laat so staan vir 20 minute.
Haal deksel af, en geniet dit!
JOHAN SE POTJIE DOEPA:
Ek berei my doepa altyd tuis voor.
Bestandele:
2 eetlepels Bisto
2 eetlepels bruin suiker
4 eetlepels blatjang
4 eetlepels asyn
2 eetlepels Worcestersous
Metode:
Gooi in ‘n klein konfyt fles en seël goed. Gooi die doepa oor enige potjie net voor die inhoud gaar is.
Kook deur en skep op.
PAELLA POT:
Ingredients :
60 ml Cooking oil
1 Large onion, chopped
500g Pork, cubed
5 ml saffron
4 Bay leaves
1 litre boiling water
2 Chicken stock cubes
5 Chicken thighs, halved
400g Frozen prawns
500g Uncooked rice
250g Frozen green peas
Juice of 1 lemon
1 kg Kingklip fillets, cut in strips
Salt and pepper to taste
3 Red sweet peppers (seeded and cut in strips) or a 400g tin
pimento
Method:
Heat the oil in the pot. Lightly brown the pepper, onion, pork and chicken. Cover and simmer slowly for a hour or until the meat is nearly done. Add the saffron, bay leaves and chicken stock cubes to the boiling water and set aside.
Place the fish and prawns on top of the meat, followed by the rice and peas. Season with salt and pepper to taste. Add the saffron water little by little as the rice boils dry. Simmer the potjie gently until the rice and peas are done and all the liquid has nearly boiled away. Paella should be loose and the rice should not be soggy. Simmer slowly to prevent rice from burning. Add the lemon juice just before serving and stir well.
CRAYFISH POT:
45ml Cooking oil
750ml Uncooked rice
1 Medium onion, chopped
1.5L Water
10ml Dried parsley
1 Garlic clove, crushed
Juice of Lemon
150g Sliced mushroom
2 Tomatoes, peeled and diced
Packet white onion soup
6 Uncooked crayfish tails
Salt to taste
Method :
Allow the parsley to soak in the water for 15 minutes.
Heat the oil in the pot, add the onions, garlic and peppers and brown until soft.
Add the parsley water and rice, cook for a 10 minutes.
Add the rest of the ingredients except the crayfish.
Sprinkle the salt over and cover with the lid. Allow the pot to simmer slowly for 30 minutes or until the rice is almost done.
Now place the crayfish tails on top of the pot and allow it to simmer for 15 minutes.
Don't cook the crayfish for too long as it could get soggy.
JOHAN SE HOENDERPOT:
As daar nou een wenner is, is dit die hoenderpot.
Bestandele:
Hoenderdye
Uie
Olie
Groente in growwe stukke gesny
1 liter 100% lemoensap
470 gram Mrs Balls Blatjang
sout
Metode:
Braai die uie in olie in ‘n swart pot tot lekker bruin. Skep die bruin gebraaide uie uit en braai dan die hoender dye bruin in die swart pot.
Voeg die lemoensap en blatjang by en kook fluks vir twee ure of tot sag. Voeg die uie en dan die groente by. Kook vir ongeveer 1 uur stadig tot die groente sag is en die sous deur gekook het.
Hou die pot nat.
Vir ‘n lang sous rasper so twee aartappels in wanneer die groente bygevoeg word.
Sout na smaak.
OSTRICH POTJIE:
Use a nr 3 potjie.
30 ml cooking oil
1.5 kg ostrich neck slices
4 leeks, sliced
2 fat cloves garlic, crushed
5 ml dried or 1 sprig fresh rosemary
50 g brown mushrooms, sliced
30 ml boiled green peppercorns, bruised
75 ml brandy
50 ml dry sherry
375 ml dry red wine or 1/2 red wine 1/2 chicken stock
30 ml lemon juice
15 fresh pickling onions, peeled
10 small whole carrots
8 small, peeled potatoes or unpeeled new potatoes scrubbed clean
1 x 300 g packet creamed spinach and mushrooms, thawed. (Can be replaced with 250 g cooked, chopped and flavoured spinach mixed with 125 ml sour cream. Flavour the spinach with some of the folowing: bacon, ham, cheese, nutmeg and lemon juice)
15 ml cake flour
a little milk
pinch nutmeg
salt to taste
Heat the oil in the pot and brown the meat a little at a time. Remove and set aside. Fry the leeks, garlic, rosemary, mushrooms and peppercorns in the same pot. Return the meat to the pot. Heat the brandy slightly, pour over the meat, and ignite. Add the heated sherry, red wine and lemon juice once the flames have died down. Cover with the lid, reduce the heat and simmer for 2 1/2 hours or till the meat is almost tender.
Layer the vegetables, except the spinach, on top of the meat, cover, and simmer for a further 45 to 50 minutes. Mix the spinach mixture with a paste of cake flour and milk and spoon carefully over the food in the pot. Season with nutmeg and salt, cover and simmer for a further 15 minutes.
VOLSTRUISNEKPOTJIE: [Josias Esterhuizen]
30ml Kookolie
1,5kg Volstruisnekskywe
2 Groot knoffelhuisies, gekneus
5ml Droë roosmaryn
500g Swartsampione, in skyfies gesny

Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene, en peperkorrels in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis. Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45 tot 50 minute.
Meng die ondooide spinasiemengsel met .n pasta van koekmeel-blom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
PYNAPPEL BILTONGPOTJIE: [10 persone]
3 uie gekap
1 gekapte rooipeper
1 gekapte groen rissie
1 blik pynappels
1 ‘tastic savoury rice’
1 kg rou rys
1 pakkie ‘spice up your rice’
1 blik pitmielies
500 g gekerfde biltong
1 pakkie klein knoppie sampoeine
1 blik wortel blokkies\ringetjies
250 g gerasperde kaas
Braai uie, rooi- en groen rissie. Meng rys met savoury rice en spice up your rice. Meng met 2 l water en gooi rou in die pot. Prut rys tot sag en gaar.
Voeg pitmielies, wortels en pynappel in. Sous van pynappel kan ook in die pot. Kook vir 20 min en voeg sampioene in. nog 15 min kook dan gaar.Wanneer rys sag, is laaste net voor opskep, roer die biltong in en gooi gerasperde kaas bo-op die rysmengsel. Deksel terug vir 5 min net vir kaas om te smelt. Skep dadelik op.
PIENANGKERRIE: [ABSOLUUT YUMMY!!!]
Pienangkerrie is 'n klassieke Suid-Afrikaanse dis. Dit is 'n droë kerrie.
1 kg skaaptjops [kan blokkies vleis/rib ook gebruik]
40 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper
200 ml vleisaftreksel
2 uie, gekap
6 knoffelhuisies, gekneus
2 brandrissies, pitte verwyder en fyngekap
10 cm vars gemmer, geskil en gerasper
2 kaneelstokkies
2 lourierblare
4 heel naeltjies
4 wonderpeperkorrels
5 ml koljandersaad
30 ml kerriepoeier
10 ml borrie
30 ml bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
80 ml suurlemoensap
Verhit die olie in 'n braai die vleis tot dit goudbruin, bietjie vir bietjie.
Skep al die vleis terug in die kastrol, geur met sout en swartpeper en gooi die vleisaftreksel by. Verhit tot kookpunt, sit die deksel op en prut oor matige hitte vir 2½ uur.
Haal die kastrol van die plaat af en laat die vleis afkoel.
Sit die kastrol oornag in die yskas.
Verwyder die vetlagie bo-op die volgende dag en vlok die vleis van die bene af.
Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag en deurskynend. Maak die knoffel, brandrissies, gemmer, kaneelstokkies, lourierblare, naeltjies, wonderpeper en koljander in 'n stamper en vysel fyn en gooi die mengsel saam met die masala, borrie, bruinsuiker en die konfyt by die uie. Braai vir 'n vyf minute. Gooi die suurlemoensap en vleis by en roer deur. Prut dit totdat die vleis deurwarm is.
Sit voor met basmatirys.
ALLEGAARTJIEPOTJIE:
kookolie om vleis te verbruin;
8 skywe lamsnek, 15 mm dik;
8 skywe lamskenkels, 15 mm dik;
8 skywe varkskenkels, 15 mm dik;
8 klein uie;
10 ml sout; vleisaftreksel;
8 geelwortels, elkeen in 3 stukke gesny;
3 groot aartappels, in blokkies gesny;
24 jong groenbone, in die helfte gesny;
6 jong murgpampoentjies, elk in 3 stukke gesny;
250 g knopiesampioene;
2 groot uie, fyngekap;
6 groot ryp tamaties, skil afgetrek en in blokkies gesny;
2 tot 3 knoffelhuisies, in dun repies gesny;
2 tot 3 druppels Tabasco sous;
15 ml sojasous;
15 ml Worcestersous; varsgemaalde swartpeper na smaak;
1 selderystingel, in stukke van 5 mm gesny;
grofgekapte pietersielie.
Verhit 'n bietjie olie in potjie nr. 2, voeg nek by en verbruin aan alle kante.
Skep uit en rangskik in die middel (die warmste deel) van 'n platboompotjie.
Herhaal met lamskenkels en plaas in 'n sirkel om die nek, gevolg deur die varkkenkels wat buiteom gepak word.
Plaas heel klein uie boop en strooi sout oor.
Giet genoeg warm vleisaftreksel by om vleis byna te bedek.
Pak die groente boop in lae: wortels, aartappels, groenbone.
Bedek en laat prut.
Sodra die aartappel byna sag is, pak eers 'n laag jong murgpampoentjies en dan 'n laag sampioene bo-op.
Prut vir sowat 10 min.
Smoor intussen gekapte uie en tamaties in kleiner potjie.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie, by.
Prut vir 15 min.
Skep oor groente in potjie en laat prut.
Strooi pietersielie oor en sit voor.
SKAAPSKENKELPOTJIE:
100 ml olie;
2 kg skaapskenkels;
'n halwe groen soetrissie, gekap;
1 groot ui, gekap;
2 knoffelhuisies, gekneus;
6 swoerdlose spekrepe, gekap;
2 middelslag tamaties, gekap;
2 biefekstrakblokkies;
sout en swartpeper na smaak;
250 ml witwyn;
250 ml kookwater;
5 geelwortels, geskil en in skywe gesny;
12 klein aartappeltjies, gewas;
5 murgpampoentjies, gewas en in skywe gesny;
400 g sampioene.
Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 min. Voeg biefekstrak, geurmiddels, witwyn en kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 min. prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 min. prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie. Sit voor met rys, koring of potbrood.
HOENDERPOTJIE MET PATAT EN DROë PERSKES:
10 hoenderdye;
15 ml kookolie;
2 uie, gekap;
3 knoffelhuisies, gekneus;
3 selderystingels, gekap;
6 geelwortels, in skywe gesny;
1 pakkie heel jongertjies;
medium patats in skywe gesny;
250 g droëperskes;
10 ml sout; swartpeper na smaak;
500 ml witwyn;
2 stukke pypkaneel;
2 lourierblare; kruie na smaak.
Braai hoenderdye bruin in verhitte olie in potjie. Voeg uie, knoffel en seldery by en braai tot deurskynend. Plaas lae wortels, heel jongertjies, patats en droë perskes. Voeg wyn, pypkaneel en lourierblare by. Geur. Bedek en prut vir sowat 'n anderhalfuur oor koel kole. Kontroleer vloeistof en vul aan met wyn of hoenderaftreksel indien nodig. Sit voor met koring of rys.
KALKOENPOT:
250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie
1.5 kg kalkoen dye en boudjies, gesny in skywe
75 ml olyfolie
3 heel knoffelhuisies
6 takkies vars roosmaryn of 10 ml gedroogde roosmaryn
500 ml witwyn
50 ml brandewyn
2 groot uie, fyn gekap
1 en 'n half groen soetrissie, fyn gekap
250 ml spekvleis, gesnipper
5 ml gekapte knoffel
1 hoenderaftreksel blokkie
125 ml warm water
30 ml suurlemoensap
1 pak ontpitte groen olywe, gesny
410 g gekapte tamaties met oreganum en basielkruid (1 blikkie)
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml vars, gekapte pietersielie
Meng die koekmeelblom, sout, peper en kruie saam en bedek die kalkoen porsies daarmee.
Verhit die olyfolie en voeg die knoffelhuisies by asook die helfte van die roosmaryn. Verbruin die vleis en haal dit uit.
Giet die witwyn en die brandewyn in die pot.
Voeg die gekapte ui, soetrissie en spekvleis by en soteer dit 3 minute lank.
Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur.
Voeg die vleis by.
Los die aftrekselblokkie in die warm water op en voeg dit by.
Voeg die suurlemoensap by.
Plaas die deksel op en laat dit prut vir 30 minute lank.
Voeg die olywe, tamaties, sout en vars gemaalde swartpeper by.
Voeg die res van die roosmaryn by, plaas die deksel op en prut vir 'n verdere 40 minute lank.
Strooi die pietersielie oor en bedien met pasta of kapokaartappels.
Die kalkoen kan ook vervang word met hoenderdye of met haasvleis.
PRIKKELENDE HOENDERPOTJIE: [Huisgennot Potjiekos]
As jy van Mexikaanse kos hou, net die een vir jou. Nie nodig vir bykos, behalwe as jy lus het vir n mengelslaai. Genoeg vir 6 mense en n Nr. 3 potjie word aanbeveel.
BESTANDDELE:
30 ml kookolie
2 kg hoender, in porsies gesny
5 middelslag-uie, gekap
1 groen brandrissie, ontpit en in stukkies gesny
250 ml water
5 geelwortels, geskil en in repies gesny
6 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
125 ml rou rys
200 g gevriesde groenertjies
15 heel knopiesampioene
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
10 ml gedroogde pietersielie
5 ml knoffelvlokkies
5 ml suurlemoenpeper
5 ml gedroogde oregano
2,5 ml grof gemaalde swartpeper
1,25 ml peri-peripoeier
125 ml droë wit wyn
30 ml suiker
20 ml sout
15 ml matige kerriepoeier
1 blokkie hoenderekstrak, gekrummel
METODE:
Verhit die olie in die potjie. Braai die hoenderporsies n paar stukke op n keer tot goudbruin. Haal dit uit en hou eenkant. Braai nou die uie en rissie tot sag. Plaas die hoender terug in die pot en voeg die water by. Sit die deksel op en laat prut vir 15 minute.
Pak die groente en rys in lae in die volgorde waarin dit aangegee word. Strooi die speserye en kruie bo-oor. Laat dit weer 15 minute prut.
Meng nou die wyn met die res van die bestanddele en giet dit oor doe kos. Sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Maak seker dat die rys gaar is, en indien nie, laat verder prut tot gaar. Roer om voor opdiening.
JOGHURT-HOENDERPOTJIE: HUISGENOOT POTJIEKOS]
MARINADE:
500 ml gewone joghurt
500 ml droë wit wyn
10 ml gedroogde tiemie
10 ml gerasperde suurlemoenskil
1 groot ui, fyn gekap
5 ml vars gemaalde swartpeper
3 lourierblare
5 ml gedroogde dragon
BESTANDDELE:
2 kg hoenderporsies
2 groen soetrissies
300 g geelwortels, geskil en in skyfies gesny
6 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
100 g droë-appelkose
200 g groenboontjies, gekerf
150 g sampioene, in skywe gesny
Sout na smaak
1 pakkie sampioensoppoeier (indien nodig)
METODE:
Meng al die bestanddele van die marinade, gooi oor die hoender en mariner vir 6-8 uur.
Verhit die pot tot baie warm. Haal die hoender uit die marinade en braai n paar stukke op n keer liggies saam met die rissie tot goudbruin.
Pak nou die wortels, aartappels, appelkose, boontjies en sampioene in lae op die vleis. Strooi die sout oor en voeg die marinade by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 2 uur. Indien daar té veel vloeistof in die potjie oor is, kan dit verdik word met die sampioensoppoeier. Meng die soppoeier in die sous en laat prut vir nog 15 minute.
WENK: MOENIE ROER NIE.
Nr. 3 pot word aanbeveel – genoeg vir 6-8 mense. Dien kapokaartappels of rys as bykos aangesien die potjie 'n heerlike sous maak.
BULLY BEEF EN CABBAGE POTJIE:
20 ml oil
1 large onion, chopped
2 baby cabbages, finely chopped
salt and black pepper to taste
600 g bully beef, cut into small cubes
250 g shell noodles, cooked and drained
Heat the oil in a hot, flat, cast-iron pot and sauté the onion until glossy. Add the cabbage and sauce until the cabbage softens. Season to taste and add the bully beef cubes. Use a fork to mash a few of the cubes. Stir and heat over low heat until warmed through. Add the noodles, simmer until warm and serve.
Serves 4.
SEEKOSPOT - KOBUS DU RAAN [BOEREKOS]
Bestanddele:
2 E botter
2 groot uie, fyngekap
3 E fyngekapte knoffel
2½ k rys
1 E growwesout
2 liters kookwater
2x 350g pakkies gekapte knopiesampioene
6 soetrissies in rooi, geel en groen
6 kreefsterte, opgesny
500 g ferm vis, in blokkies gesny
1 kg swartmossels, oopgestoom
1 kg calamari-ringe
1 glas droë witwyn
1 t gemaalde swartpeper
1 t skerprissie
sap van ½ suurlemoen
Metode:
Sit die botter, uie, knoffel, rys en sout in ‘n pot, voeg die kookwater by en kook tot die rys byna gaar is.
Voeg die knopiesampioene en gesnyde soetrissies by en kook tot die rys gaar is.
Skep alles uit die pot.
Skep die kreefsterte en vis in die pot en voeg die swartmossels, calamari-ringe en ‘n glas droë witwyn daarby. Drink die res van die wyn.
Geur die pot met ‘n bietjie swartpeper en skerprissie en druk die suurlemoensap oor.
Skep die rysmengsel bo-op en laat prut vir 20 minute.
Meng alles versigtig in die pot en bedien.
PIETER SE SKAAPSTERTJIEPOT: [BOEREKOS]
4 mense:
Bestanddele:
1 kg skaapstertjies
1 gekapte ui
1 E grofgemaalde koljander
4 kruinaeltjies
Sout en peper
Kookwater om te bedek
500 g boontjies
4 groot wortels
4 groot aartappels in kwarte gesny
1 brandrissie, opgekap
Metode:
Braai die skaapstertjies saam met die uie.
Voeg koljander, kruinaeltjies, sout en peper by, bedek met kookwater en laat prut tot dit begin sag word.
Voeg die boontjies, geelwortels, aartappels en brandrissie by en laat verder prut tot alles gaar en sag is.
RAY SE STOUTE VISPOT: [ROER]
Bestandele
6 Gekerfde uie
2 Pakke graatlose prime Haddock steak (500g per pak)
2 Pakke graatlose Cape Whiting steaks (500g per pak)
1 Pakkie sprietuie
1 Koppie rou rys
200 ml Kook water
Metode
1. Berei voor in diep pot. Plaas stoofplaat op hoë hitte.
Baie belangrik - vis moet gevries wees Moenie die pot roer!
2. Braai uie tot goudbruin en skep uie uit pot laat ‘n skeppie uie oor in pot.
3. Neem so +/- 8 stukke van elke vis. Pak Cape Whiting steaks tot die bodem vol is (+/- 4 stukke).
4. Strooi Aromat oor Cape Whiting vis, strooi sprietuie oor en strooi ¼ koppie rys oor.
5. Skep lagie uie oor eerste laag.
6. Pak laag Haddock bo-op uie +/- 4 stukke.
7. Strooi sprietuie en ¼ koppie rys oor.
8. Skep lagie gebraaide uie oor
9. Herhaal boonste stappe. Eindig met Haddock bo.
10. Voeg nou water by.
11. Plaas deksel op pot tot pot begin kook. Sodra pot begin kook, draai plaathitte na lae hitte sodat pot prut vir ongeveer 1 uur tot alle water amper weg gekook het.
12. Voeg nou kaasous bo-oor
13. Laat pot prut. vir ongeveer 15 min.
14. Strooi kaas bo-oor en bedien.
Kaas sous
Bestanddele
+/- 3 Eetl Botter of maragarien
+/- ½ koppie koekmeel
+/- 500ml melk
250g gerasperde kaas
Speserye
Metode
1. Smelt botter in ‘n pot ot dit begin kook.
2. Vewyder pot van plaat.
3. Voeg meel by terwyl jy die mengsel roer tot gladde pasta.
4. Voeg bietjie vir bietjie melk by tewyl jy roer. Maak seker daar's nie klonte nie en roer tot jy die verlangde dikte verkry het.
6. Voeg speserye by en hou aan roer tot dit dik word.
7. Verwyder weer van plaat en voeg nog melk by na gevoel. Hou aan roer. 8. Plaas terug op plaat. 9. Hou aan roer tot dit kook.
10. Voeg nou kaas by en roer totdat kaas gesmelt en die sous mooi glad is.
SPRINGBOKPOTJIE: (Met erkenning aan Ben Heystek)

MOSTERD ROOMPOT: [Ben Heystek]
1 groot Rooiboknek
4-6 Uie
250g Ontbyt spek of 3-4 Russiese worsies
250g Pruimedante
4 huisies Vars gekapte knoffel
1 groot blik Heel ontwaterde sampioene
1 eetlepel Jenewer bessies (.Juniper berries.)
2.5ml Fyn naeltjies
2.5ml Fyn neut
2.5ml Fyn Koljander
Na smaak: Sout en growwe swartpeper
Mosterd Sous
12.5ml Suurlemoensap
25ml Koekmeel
250ml Mayonaise
60ml Droë mosterdpoeier
125ml Suiker
250ml Warm water
3ml Sout
125ml Wit asyn
Metode vir mosterdsous
Meng alles baie goed saam. Voeg by die mengsel en prut vir 10 minute voordat dit opgedien word.
Metode vir Potjie
Stoom vleis in sodawater of gemmerlim met speserye en bessies tot gaar. Braai die knoffel, spek of stukke russiese worsies saam. Voeg uie mengsel, pruimedante en sampioene by ontbeende vleis. Kook stadig oor lae hitte tot pruimedante uit geswel is.
Voeg mosterd sous soos aangedui hierbo by vleis mengsel en prut vir 10 minute.
Moenie langer kook as wat nodig is nie.
Bedien warm of koud met slaai en potbrood.
KOUE WILDSVLEISPOTJIES: [Ben Heystek]
Gebruik oorskietwildsvleis of veerwild en sit voor in klein potjies as smeer, of smeer op vars brood.
250g Gaar wildsvleis soos veerwild, haas en stowewildsvleis, ontbeen en fyn gekap
125g Gladde maaskaas met uiegras
2 Knoffelhuisies, fyngemaak
10ml Brandewyn of whisky
Sout en vars gemaalde swartpeper
Rooipeper
Meng vleis met die res van die bestanddele en laat ‘n paar uur staan om ryp te word.
HOENDER-BILTONG-EN-SPEKPOTJIE:
SOUS
2 hoenderaftrekselblokkies 250ml kookwater 500ml droë witwyn 250ml blatjang 46g sampioensoppoeier (1 pakkie) 5ml gedroogde tiemie 5ml gemengde gedroogde kruie 5ml suurlemoenpeper
HOENDERGEREG
15ml olyfolie 15ml botter 12 hoenderdye, ontvel indien verkies 250g spekvleis, gekap 50ml brandewyn 10ml gekapte knoffel - opsioneel 2 uie, in ringe gesny ½ groen soetrissie, grof gekap 1 seldrystringel, in dun ringe gesny 20 klein aartappeltjies, geskil 4 wortels, skyfies gesny 12 klein uitjies, heel 250g knopiesampioene 8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny 150g klam beesbiltong, gekerf 250ml gerasperde Cheddarkaas 125ml vars, gekapte pietersielle Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.
HOENDERGEREG
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 30 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.
VARKKNEUKEL MET DROËVRUGTE POTJIE:
15ml olyfolie
2 medium preie
2 gerookte varkkneukels (± 850g elk)
375ml appelkoossap
125ml vleisaftreksel
60ml mediumsoet sjerrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125g droë appelkose
125g sultanas
Plaas 'n no 2 gietysterpot oor matige kole. Verhit olie en soteer preie tot sag. Voeg varkkneukels by en braai bruin. Voeg appelkoossap, aftreksel, sjerrie en geurmiddels by, sit deksel op en prut sowat 1½ uur. Voeg droëvrugte by, sit deksel op en prut nog 30 minute.
LAMSNEK- PEPERPOT:

125ml blatjang
250ml Cheddar-kaas, gerasper
Braai vleis en knoffel in die pot tot bruin. Voeg brandewyn by. Sit deksel op en prut 10 minute. Besprinkel met gemengde kruie en helfte van knoffelsout, suurlemoenpeper en aromat. Plaas groente as volg by vleis in pot: uie, soetrissies, pasta, wortels, aartappels en sampioene. Voeg oorblywende speserye, pepersousmengsel, sampioenroomsop en blatjang by. Strooi kaas oor. Prut bo-oor kole sowat 70 minute of tot vleis sag is. Die resep lewer 10-12 porsies.
GEBRAAIDE VARS SARDYNE MET OLYWE EN SOETRISSIE: [ULA VAN ONTBYTSAKE]
(bedien 2) 6 groterige vars sardyne, skoongemaak en skubbe verwyder
koekmeel
Westfalia Avokado-olie
1 ui, in dun ringe gesny
3 knoffeltone, fyngekap 1 soetrissie, in lang dun repe gesny
handvol olywe van jou keuse, ontpit
Leopard's Leap Chardonnay
Dewfresh visaftreksel
handvol elk van die volgende kruie, pietersielie en basiliekruid, fyn gekap
baie swart peper
Vryf die sardyne in met die meel en hou eenkant. Verhit die Westfalia Avokado-olie in 'n groot pan en braai die ui en knoffel daarin oor 'n lae hitte tot deurskynend. Voeg die soetrissie en olywe by en braai vir 'n verdere 10 minute of so. Skuif die uimengsel teen die kante van die pan en sit dan die sardyne in die middel en braai aan elke kant op middelmatige temperatuur vir so 7 minute tot gaar.
Sit baie vars gemaalde swartpeper oor en voeg dan 2/3 k Chardonnay en 1/2 k visaftreksel by en laat satdig prut totdat die sous met meer as die helfte verminder het. Haal van die hitte af en roer die vars kruie by.
Sit dadelik voor met bros brood, vars suurlemoenwiggies en yskoue Leopard's Leap Chardonnay.
.