BESOEK ONS OP FB LEER KOOK MET JOU MIKROGOLF en BLOG:
http://leerkookmetjoumikrogolf.weebly.com
TREFFERFUDGE: (Karin)
1 Blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarien/Botter
1 t Vanielje Essens
Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak (± 15cm hoog).
Kook op Hoog vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op Hoog.
Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.
Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.Sny in blokkies en geniet!
KITSSJOKOLADEPOEDING: [Resep: Christa Wessels -SLEEPTV]
Jy benodig
4 eetlepels bruismeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
1 eier
3 eetlepels melk
3 eetlepels kookolie
3 druppels vanieljegeursel
’n knippie sout
’n Flake, in stukke gekrummel
’n hand vol gekapte neute
Só maak jy
1 ’n Digte degie. Meng al die droë bestanddele saam en voeg die eier, melk, olie, vanielje en sout by. Roer dit goed deur.
2 Dís nou dekadent! Voeg nou die Flake en neute by.
3 Een vir jou, een vir my…Spuit 3 koppies met Spray ’n Cook en verdeel dan die mengsel tussen die drie.
4 Vinger op die knoppie. Sit die koppies in die mikrogolfoond en verhit dit vir 3minute ophoog.
5 In ’n japtrap. Laat die poedings ’n bietjie afkoel en keer dit dan in bakkies uit.
VOORTREFLIKE MIKROGOLF PAPTERT: [ONBEKEND]
Papterte lyk almal dieselfde ...die verskil lê in die smaak...!!!!
Ek het al baie papterte probeer maar die een vat die koek..of is dit nou tert..!
Vooraf.
Braai een pakkie gekapte bacon tot gaar.
Braai een pakkie gesnyde sampioene tot gaar.
1 Blikkie Tamatie en uie smoor gemeng met 1 pakkie knorr Garlic and red wine.
Maak bogenoemde gaar in glasbakkie in mikrogolf vir ongeveer 2 minute .1 blikkie Gerookte Oesters
2 koppies gerasperde kaas
200ml Mieliemeel
1 pakkie Sour Cream and chives patato bake (garlic and herbs net so lekker)
1 lt kookwater
SO MAAK JY:
Meng die pakkie patato bake vooraf met die mieleimeel. Neem kookwater en gooi in glas mengbak of mikrogolf vaste bak.
Voeg die meelmengsel by kookwater terwyl met draadklitser vinnig geklop word tot dik.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute op hoog. Roer goed met houtlepel.
Gou nou helfte van mieliepap in oondvaste diep tertbak. Gooi helfte van tamatiesmoor mengsel oor pap. Strooi nou helfte van bacon , sampioene en oesters en kaas bo-oor.
Herhaal alles .
Indien jy n combo mikrogolf , griller oond het kan jy dit vir 5 net onder griller verbruin. Kan ook in oond verbruin word onder griller.
Als is reeds gaar..so die tert is sommer in n japtrap klaar en gereed om ge-eet te word.
Genoeg vir 4 ruim porsies.
VYFSTER-AARTAPPELGEREG VAN JOE: [WOES FORUM]
My ou skypeskoetermater het op spesiale versoek hierdie gereg sneppiesgewys, aan my 'beduie'. TREFFER!! Joe se dit is so
maklik dat selfs hy wat 'n oupa is dit kon regkry
Vat so ses of sewe groot gewaste aartappels en begin sny in skywe,
so 3-4 mm dik en pak in Mikrogolf bestande bak!
Maak die bak vol mens, mens willie honger gaat slaap nie!
Dit behoort so te lyk as jy klaar is!
Dan vat jy 'n mengbeker en neuk so paar stukke Margerine daarin
en bietjie water en goeie 'dose' Mrs Balls chutney!
Dit moet dan so lyk! Verstaat djulle?
Sit die mengbak met Margerine en Chutney en water in Mikrogolf oond en maak warm dat net die margerine smelt en dan lyk die spul so!
Dit moenie kook nie hoor! Dan gooi jy 'n pakkie Bruin uiesop se inhoud by en roer goed en maak weer biekie warm! Net so 30 sekondes!
Nou skink jy daai goed deurgeroerde mengsel oor die aartappels
dat hulle tussen die skywe kan in! Verstaat djulle?
Laaste stap. Bedek die bak met daai fyn taai deurskynende goed
en span styf oor bak! Tip! Steek so drie gaaitjies in die *film met skerp mes dat stoom kan ontsnap! Sit in Mikrogolf vir 15 minute hoog en dan vir 15 minute Medium tot aartappels saf is!
Waarskuwing!!!! Bedien net op aan mense wie se tanne verseker is,
hulle sal die bak ook wil opvreet en ek betaal niks vir gebreekte tanne nie!
MY TERIYAKI HOENDER: [OUMA BEER]
SOUS:
¼ kop bruinsuiker
¼ kop sojasous
2e tamatiesous en
¼ kop water.
Meng goed en laat eenkant vir later.
METODE:
Neem jou oondbak en gooi 1 kop Basmatirys in
250g gemengde groente bo-oor dit
1 dun gesnyde rooiui
dan die ¼ kop spekstukkies en
pak dan jou hoenderporsies.
Gooi nou die teriyakisous + 2kop ekstra water vir jou rys oor en bietjie suurlemoenpeper [opsioneel].
Sit deksel op en plaas in jou konveksie wat op 180 grade C gestel is en ook op bak vir 50 minute.
WENK:
Jy kan dit ook in jou swartpot of prutpot maak.
FLUFFIEST EVER SCRAMBLE EGGS: [MICROWAVE RECIPES]
I don't prepare many recipes in my microwave, it's usually used for reheating, however, I ALWAYS use the microwave to cook my scrambled eggs because they never fail to turn out light and fluffy!
Here is an easy recipe for you to try this weekend. I don't think you'll go back to preparing them in the skillet after this one!
YOU WILL NEED:
2 eggs
1 T. Butter (not margarine- I HATE margarine!)
1 - 1 1/2 T. milk
S & P to taste
WHAT TO DO:
Melt butter in microwavable dish.
Add eggs and beat together with fork, add milk and beat together.
Cook for two minutes on high. If needed, break up with fork and continue cooking till desired consistency.
Add S & P.
*I also add shredded cheese when I'm feeling stressed. ;)
KITS SJOKOLADEPOEDING IN MIKROGOLF: [Resep: Christa Wessels]
HIERDIE IS 'N ABSOLUTE WENNER EN HEERLIK!!!!
Jy benodig
4 eetlepels bruismeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
1 eier
3 eetlepels melk
3 eetlepels kookolie
3 druppels vanieljegeursel
’n knippie sout
’n Flake, in stukke gekrummel
’n hand vol gekapte neute
Só maak jy
1 ’n Digte degie. Meng al die droë bestanddele saam en voeg die eier, melk, olie, vanielje en sout by. Roer dit goed deur.
2 Dís nou dekadent! Voeg nou die Flake enneute by.
3 Een vir jou, een vir my…Spuit 3 koppies met Spray ’n Cook en verdeel dan die mengsel tussen die drie.
4 Vinger op die knoppie. Sit die koppies in die mikrogolfoond en verhit dit vir 3minute ophoog.
5 In ’n japtrap. Laat die poedings ’n bietjie afkoel en keer dit dan in bakkies uit.
HIERDIE IS EEN VAN DIE LEKKERSTE VINNIGSTE TERTE IN JOU MIKROGOLF WAT JY NOG OOIT GEMAAK HET. FLOPVRY EN 'N ABSOLUTE WENNER!
CHOC CHIP JOGHURT TERT: [MY RESEP EN FOTO - OUMA BEER]
½ pk Digestive sjokoladebeskuitjies
1 blikkie kondensmelk [of 'n ½ blikkie as jy so verkies]
500ml Choc chip lae vet joghurt
botter/margarine vir die koekiekors
SO MAAK JY:
Breek ½ pk beskuitjies en meng met gesmelte botter.
Druk vas in mikrogolf tertbak vir die kors.
Meng die kondensmelk en joghurt baie goed.
Gooi bo-op die kors.
Sit tert in mikrogolf op hoog vir 4½ minute.
Laat afkoel.
Krummel nog 'n digestive beskuitjie oor die tert.
Plaas in yskas en geniet!.
MY WENK:
Jy kan eintlik enige joghurtgeur en koekiekors gebruik vir hierdie tert.
Ek vind hierdie een net baie lekkerder as die ander.
Die tert is glad nie so soet soos wat die resep lyk nie.
Jy kan vanilla joghurt gebruik, neem 'n blikkie vrugteslaai en dreineer baie goed, Vou dit in die kondensmelk joghurt-mengsel en maak dan verder soos die resep sê.
Jy kan ook die aarbei-joghurt gebruik en maak die tert soos voorgeskryf. Wanneer afgekoel, sny vars aarbeie en versier die tert daarmee. Maak dan die helfte van een pakkie pynappel-jellie aan en sit in yskas tot net voor dit stol, gooi dan versigtig oor die tert en plaas terug in yskas om te stol. Heerlik!
EASY MICROWAVE POTOTO CHIPS:
This is a very easy recipe; however it is not suitable for more servings. Because it will consume time as we have to repeat the procedure in few batches.
Ingredients (1 serving)
1 medium size potato
Pinch of chili powder
Pinch of salt
A drop of oil (optional)
Method
Wash & peel the skin of potato.
Slice into thin slices.
Mix chili & salt with potato slices.
If you use oil, mix it with the potato slices.(optional)
Place them in a microwavable dish.
Microwave in ‘high’ for 2 minutes.
Then turn the slices to other side.
Microwave for another 1 minute in ‘high’. (if chips are not done, change the timing accordingly, however this is the cooking time for me)
Repeat the same procedure if any potato slices are available.
Chips are ready to serve.
Note: Apply a drop of oil on the plate.It will avoid sticking some tiny chips on to plate.
MY WENK:
Ryg die gesnyde aartappelskyfies op 'n sosatiestokkie, dan kan jy meer op in slag in die mikrogolf maak. Regtig lekker!
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK: [Mikrogolf wenners deur Annette Human]
750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny
Sout, peper en rooipeper
Aangemaakte mosterd
100 ml Koekmeel
2 Uie
SOUS:
375ml Water
1 Blokkie biefekstrak
25ml Worcestersous
25ml Tamatiesous
12,5ml Sojasous
12,5 ml Bruinsouspoeier
12,5ml Mielieblom
MAAK DAN SO:
Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.
Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.
Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.
Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.
Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en daarna aan die anderkant in.
Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.
Skil en sny die uie in ringe.
Versprei dit oor die vleis.
Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed na die eerste 2½ minuut.
Giet die sous oor die vleis en uieringe.
Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.
Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.
Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.
MICROWAVE EGG IN A NEST: [SPAR RECIPES]
Prep Time: 5 minutes
Cook Time: 3-6 minutes
If you like Scotch Eggs, you'll love this easy version that's perfect for a delightfully easy breakfast, picnic or kids meal!
INGREDIENTS: [1]
•1 beef sausage per person
•1 large SPAR egg per person
•5 ml SPAR sweet chilli sauce
•30 ml SPAR grated cheddar cheese per person
WHAT TO DO:
*Tested in a 900 Watt microwave oven
1.Squeeze the meat from a sausage casing, directly into a 9cm diameter ungreased ramekin dish.
2.Press the sausage meat evenly on the base and up the sides of the dish.
3.Break an egg into each one and prick the yolk.
4.Add a spoon of sauce then and finish with a generous layer of grated cheese.
5.Cover each dish with cling-film, and microwave as follows:
•For 1 cook for 3- 4 minutes
•For 2 together cook for 5 – 6 minutes
To cook for a family, cook in batches of 2 together each time for best results.
HINTS AND TIPS:
Serve with crunchy salad of fresh celery sticks and apple slices if used for a luncheon. For breakfast, grilled bacon and buttered toast.