JAMMER JULLE, MAAR EK IS NIE MEER AGENT VAN HIERDIE BROODOONDJIE NIE. EK KRY DIE VERSKAFFER NIE IN DIE HANDE NIE, DUS KAN EK DIT NIE MEER VERKOOP NIE.
KONTAK GERUS DIE VOLGENDE PERSOON WAT AL VIR 18 JR 'N SOORTGELYKE OONDJIE MAAK:
PIETER DEYSEL
Goeie dag. Ek vervaardig n soortgelyke oondjie vir die afgelope 18 jaar. Belangstellendes kan my inbox of kontak op whatsapp by 083 275 0077.
BAIE DANKIE.
OUMA BEER.
Indien jy ‘n buitelug entoesias is, is hierdie oondjie beslis ‘n baie goeie belegging. Jy kan letterlik enigiets in hierdie oondjie maak, nl.: broodbak, gebakte poedings, pasteie, wors, vis, heel hoender en boudvleis, aartappel en groentedisse en nog vele meer.
Eenvoudig om te gebruik:
Jy plaas so 4-5 brikette op elke sykant en 5 – 6 brikette op elke sy bo-op die oondjie.
Die oondjie is ook baie maklik om te vervoer, want dis klein en kompak en gaan nie veel plek gebruik nie. Die grote is ongeveer 360mm x 200mm en die gewig is 3,1kg.
En die prys is nog billiker naamlik R500-00. [vervoerkoste vanaf verskaffer ingesluit].
Daar is egter ‘n wag periode van 2 weke en die prys bly onveranderd as jy self die oondjie kom afhaal, maar as ek dit moet aflewer in die VAALDRIEHOEK dan is daar ‘n ekstra R50-00 betaalbaar vir aflewering
LET WEL: Hier is vreeslik baie mense wat vêr woon wat navraag doen in verband met die Buksie-veldoond. Ek kan julle alleenlik help as julle iemand in die Vaaldriehoek of omgewing het wat die oondjie by my kan kom afhaal en dan moet julle self plan maak om dit by julle te kry. Ek kan onmoontlik nie pakkies probeer opmaak om aan julle te stuur nie, want ek het net nie die tyd daarvoor nie. Verstaan asb my omstandighede ook. Ek doen baie meer as net die oondjies verkoop en kan nie elke dag dorp toe gaan om pakkies te pos of om rond te val om koeriers te kry om die pakkies vir julle af te lewer nie. Mense word vir my kwaad as ek nie dadelik spring en dit doen nie, maar ek kan ongelukkig nie. My advertensie sê uitdruklik in die VAALDRIEHOEK, beslis nie landwyd nie. Baie dankie dat julle verstaan.
BIERBROOD MET BACON EN KAAS: 1 x 1kg Bruismeel 1 x Koppie Kaas 1 x Pakkie Fyn Gekapte Bacon
2 x Blikkies Bier (Castle Gebruik) ½ t sout
- Meng alles saam en plaas in oond vir 1 uur! (Kole 4 elke kant bo, 5 elke kant onder en 8 kole binne onder.
MELKBROOD: 6 x Koppies moekmeel 3 x Teelepels suiker 3 x Teelepels sout 1 x Pakkie kitsgis 1 x 500 ml tot 700 ml sterk louwarm melk
- Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.
SAVOURY BROOD: 1 x 1kg Spar / Checkers Deeg 1 x Koppie Bacon 1 x Koppie Kaas 1 x 125 ml Vars Room 1 x Halfe Pakkie Cheddar & Garlic Potato Bake 1 x Ina Paarmans Garlic & Herb Spiserye na Smaak
- Maak die Bacon gaar! Meng die Room & Potato Bake. Rol dan jou deeg uit en stroei die kaas, bacon, Potato Bake Mengsel egalig. Dan gooi jy speserye oor , maar wees versigtig om nie te veel te gooi nie. Net so 2ml tot 3ml speserye. Plaas in oond vir 1 uur met (4 Kole elke Kant Bo, 5 Kole elke kant onder, en 8 kole binne in onder)
BIERBROOD MET PITMIELIES: 1 x 1 kg Bruismeel 2 x Blikkies Bier 1 x Blikkie Heel Pitmielies
-Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die oond vir +- 1 uur. Strooi kaas bo-oor, sit terug in die oond en wag todat die kaas gesmelt het.
KARRINGMELK EN OXTAILBROOD: 1 x 0.5kg Bruismeel 1 x 500ml Karingmelk 1 x Pakkie Oxtail Soppoeier
Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die oond vir +- 1 uur.
GEROOKTE VARKNEK: 1 x Gerookte, Onbeende Varknek 4 x Aartappels in Halwes gesny 1 x Olyfolie (Soos Nodig)
- Sit aartappels onder in die pannietjie en gooi sout en olyfolie op. Sit die ontbeende varknek bo-op die aartappels in die pannetjie. Sit in oond vir ongeveer 1.5 uur. Ek gebruik ongeveer 24 kole (4 kole op elke vlak rondom die vark, 8 kole onder die maag)
SONGEDROOGTE TAMATIEBROODJIE:
4 x Koppies Meel
2 x t Gis
1 x t Sout
1 x Handvol botter
1 x Louwarm water.
1 x Koppie Songedroogde Tamaties
1 x 200g Feta Kaas
1 x Potato / Veggie Bake (Onion & Bacon Flavour)
- Knie die deeg en laat rys vir so 'n uur. Dan voeg jy by, so 'n koppie son gedroogte tamaties wat jy bietjie kleiner gesny het, wiel of twee feta kaas wat gekrummel is en 'n pakkie potato/veggie bake - onion and bacon flavour.
GEBAKTE ROLY-POLY:
1 x Koppie Botter
2 x Koppies Meel
1 x t Bakpoeier
1 x Knippie sout
1 x Appelkoos Konfyt
2 x Eiers Geklits
1 x 1/4 Koppie Melk
Meng droë bestandele, vryf botter in. Klits eiers en melk saam, voeg by en meng goed. Rol deeg dun uit en smeer konfyt oor, rol op soos a rolkoek (swissroll).Sny in wiele so 3 cm lank en plaas in pan. Kook saam: 5 min ongeveer 3k water, 1k suiker en 2 e botter. gooi oor wiele in pan.
LW: sous kan vermeerder word- ek maak dit dubbel- dus gooi ek die sous tot dit net-net gelyk is met die deeg. Bak ongeveer 45min tot 1 uur - 24 brikette. - om dit mooi bruin te kry moet dit sterk warm wees veral bo.
SMOOR STEAK:
1 x 1kg Tenderised Steak in Porsies Gesny
1 x Koppie Koekmeel
1 x Sout & Peper na Smaak
1 x Olie soos Nodig
5 x Groot Uie
½ Koppe Tamatie Sous
1 Koppie Chutney
2 e Asyn
25ml suiker
2 x Pap Lepels Bistopoeier
1 x 500ml tot 1L Water Na gelang van die porsies vleis en die grote van die pan/bak
Sny uie in skywe en braai tot deurskynend en sag in bietjie olie. Skep een kant. Neem nou die koekmeel en meng die sout en peper daarmee. Neem nou die vleis en druk elke porsie lekker in die meel mengsel sodat dit goed bedek is. Braai die vleis in die olie sodat die meel gaar kom so 3 min aan elke kant. Plaas `n lagie uie onder in die pan ek pak nou een laag vleis uie weer vleis uie weer vleis. Meng nou die bistopoeier, chutney, asyn, worcerster sous en tamatiesous saam met die 500ml-1lL water saam en gooi bo-oor mengsel. Maak seker jy het `n groot genoeg pan om die sous te kan vat al die vleis moet in die sous lê. Plaas in warm oond vir ongeveer 1-3 ure (toets na ‘n uur)
Maak pap of brood as by kos.
MALVA POEDING:
1 x Koppie Meel
1 x ½ Koppie Suiker
1 x Koppie Melk
1 x Eier
1 x ½ t Asyn
1 x t Appelkooskonfyt
1 x t Bakpoeier
1 x t Koeksoda
Metode:
Klits eier en suiker saam. Voeg ander bestanddele by – heel laaste melk. Meng goed en bak 1 uur in matige oond. Gooi sous oor na poeding gebak is. (4 Kole per Vlak)
Sous
1 x Koppie Bruin Suiker
1 x Koppie Melk
1 x½ Koppie Kookwater
1 x 200g Margarine
1 x t Vanilla
Metode: Smelt en gooi oor warm poeding wanneer klaar gebak is.
BILTONG EN KAASBROODJIE:
1 x 1kg Spar Deeg
1 x Gekerfde Biltong 1 x kop gerasperde Kaas
Metode:
Rol deeg uit, strooi Biltong en Kaas op. Rol toe en sit in oond.
PESTO EN FETABROODJIE:
1 x 1kg Spar Deeg
1 x Pestro (+/- 125ml van Woolworths)
1 x 125g / 250g Feta (Net soos jy goeddink)
Metode:
Rol deeg uit, smeer pestro op. Breek die Feta en strooi orals oor die Pestro. Rol toe en sit in oond vir +/- 45 min tot 1 uur.
CHAKALAKA MET SWEETCORNBROODJIE:
1 x 500 g Bruismeel
1 x 410 ml Chakalaka met Sweetcorn
4 x Groot Eiers
Metode:
Meng als saam en plaas in Groot broodpan. Los vir so 20 min voor jy dit in die oond sit. Dan bak vir net so 45 min in die oond)
ROOM AARTAPPELS:
1 x Koppie Gekapte Uie (gebraai)
1 x Koppie Stukkies Bacon (gebraai)
1 x Koppie Gekapte Sampioene (gebraai)
2 x Eetlepels Fyn Knoffel
1 x Olyfolie soos benodig
2 of 3 x Medium Aartappels
1 x Koppie Vars Room
1 x Pakkie Bruin Uie Sop
1 x Koppie Gerasperde Kaas
Metode:
Braai die Braai bestandele. Mend die Room en die Uie Sop saamreek die Feta en stroei orals oor die Pestro. Rol Toe en Sit in oond vir +/- 45 min tot 1 uur. Sny die Aartappels in dun skywe. Begin dan om die bodem van die pannetjie te pak met die aartappels, dan die braai mengsel bo-oor met sous mengsel. Herhaal tot en met laaste laag. Dan strooi die gerasperde kaas oor en bak met 24 kole vir +/- 60 min.
BLIKBEKER POEDING:
2 x Eiers
1 x 160ml Olie
1 x 200ml Melk
1 x Pakkie Muffin Mix (Chocolate)
Metode:
Meng als saam, maar nie te veel nie. Berei die bekers voor met Spray & Cook. Skep die mengsel so half vol in die bekers. Sit in oond en bak met 18 kole vir +/- 30 tot 60 min. Kyk maar na temp.
SKIPPIE SE PREGO POTATO: Bestandele: 6 Medium aartappels (Gewas met skil) 1 Pakkie Potatobake van jou keuse 250 ml Vars room 1 Groot geel wortel 1 Pakkie Preggo Steak (genoeg vir ses aartappels) So maak jy:
Begin solank om jou kole reg te kry vir die oond...........as jy een het sal jy weet hoe en hoeveel!!Gebruik 'n skillertjie waarmee jy Appels se stronk kan verwyder (Die ronde een)Sny die Aartappels se ente af sodat die aartappel regop kan staan. Gebruik 'n vurk en steek die aartappel vol gaatjies. Gebruik dan die aartappelskiller om die aartappel uit te hol, groot genoeg vir die steak. Gebruik 'n GROOT Wortel, in die helfte gesny(lengte) en skil vir jou dun skywe in die lengte van die wortel met jou aartappel skiller.Sny die Prego steaks volgens die hoogte van die aartappels, plaas die dun gesnyde wortel skyf op die oop Preggo steak en rol dit op volgens die breedte van die gat in die aartappel. Ek het dit wyer gemaak met nog twee insnysels aan weerskante van die middelste gat om die steak mooi in te pas.Druk dan die steak in die gat wat jy in die aartappel gemaak het, dit kan bietjie oorhang of uitsteek, geen probleem nie! Doen so met al ses die aartappels en plaas hulle regop in jou pannetjie wat jy met Spray 'n Cook gespuit het. As jy 'n groter pan en oond het, gaan jy uiteraard meer aartappels kan inpas - pas net jou room/vloeistof aan volgens jou pan.Wat ek nie gedoen het nie, was om bietjie gekapte Chives by te voeg wat altyd lekker werk saam met aartappels!! Jy kan 'n bietjie gerasperde kaas ook bo-op sit voor bediening.Teen die tyd behoort jou kole (Brickets) al reg te wees want bogenoemde voor bereiding vat nie langer as 'n half uur nie!! Meng jou pakkie Potato bake met die room en klits goed deur. Ek meng ook die res van die Prego sous saam met die room. Gooi dit bo-oor die aartapels wat reg-op staan in jou pannetjie en sit dit in jou oond wat klaar voorberei is met jou kole op die regte plek. Ek het hom bietjie warmer gelaai as vir 'n brood net om seker te maak alles kom gaar.Bak vir een uur en nog 'n bietjie, kyk maar self hoe lyk hy en of die aartappel al sag is - ek hou van hom so bietjie bruin gebak!
GROENTE PAKKIE: Voer Broodpan uit met foelie. Sny verkillende groente soorte, soos aartappels, blomkool, brocolli, wortels, uie, groen pepers, baba skorsies, patats, vars mielietjies en ertjies asook groen boontjies in. Strooi met Aromat, knoffel, sout en peper, gooi room oor, maak die Foelie in pakkie toe en bak vir 40 minute tot uur in oondtjie - party mense hou van rouer groente! Ons doen hierdie gereeld as ons kamp - baie lekker!
MIELIETERT SAAM BRAAI VLEIS: 2blikke suiker mielies (sweetcorn)
60 ml koekmeel
60ml suiker opsioneel
60ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
Meng als saam in oondskottel gooi in die oond vir ongeveer 45 minute of tot gaar.
STOFDONKIE SE ARTAPPELGEREG: Bestandele: 500g ontbytspek, gesnipper 1 ui, gekap Melk, maizena en botter om ongeveer 500ml witsous te maak
8-10 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny koekmeel om die aartappel blokkies te bedek
Sout, peper en speserye na smaak Kaas So maak mens:
Braai die uie in botter/olyfolie tot lekker sag. Voeg die spek by en braai tot mooi gaar. Hou spek en uie mengsel eenkant.
Gooi die aartappelblokkies in 'n baksak met koekmeel en skud tot dit
heeltemal bedek is.
Diepbraai in olie tot goudbruin. Dreineer en gooi sout, peper en speserye na smaak oor (ons het sommer Ina Paarman se chicken spice en grofgemaalde sout gebruik). Maak die witsous in die spek en uie pan terwyl die aartappel blokkies braai. Gooi nou die aartappel blokkies onder in 'n oondpan.
Gooi die spek, uie en witsous mengsel bo-oor.
Bedek met kaas en bak in oond vir so 20 minute.
Geniet met 'n lekker slaai of bykos van jou keuse.
PAPTERTRESEP: Maak jou vir jou n lekker potjie stywe pap maar nie dood styf nie dan skep jou pap in n oond skottel en druk bietjie plat maar los genoeg spasie vir die sousie terwyl jy so inskep skep hom in lae bietjie pap en n lagie sweetcorn so maak jy totdat die pap en mielies klaar is
Die sousie: 3 gekapte uie
1 eetlepel knoffel
3 of 4 ryp tamaties gekap 1 pakkie 250g bacon gekap 1 koppie bladjang
1/2 green peper chillies(as jy wil ek eet nie die goed nie so ek los hom )
250 gram gekapte mushrooms Metode: Braai die uie sag, gooi knoffel by en braai ook n bietjie voeg dan die bacon by en braai tot so half crispy gooi dan tamaties greenpepper en chillies by braai dit tot jy n lekker sousie het proe of sous nie te suur is nie indien dit te suur is na jou smaak voeg suiker by laastins gooi dan die chutney by en die mushrooms, dan kom so bietjie sout en bietjie peper en so spuit of 2 of 4 skote woestersous jy behoort nou n lekker dik sous te he moet net nie dat hy te soperig is nie as dit wel bietjie soperig is kan jy so bietjie bruin uie sop poeier by gooi om hom effens dikker te maak.
As jou sous klaar is skep dit bo op die pap rasper lekker chedar kaas bo op en sit in die oond vir 30minuute en bedien lekker warm.
HOE LYK JOU PIZZA? Koop die pizza basisse wat jy in winkels kry met 'n tamatie beslag. Dan smeer ek tamatie en ui uit 'n blikkie op die basis. Sprinkel Parmasaan kaas poeier oor en begin dan om jou bestandele te pak wat jy voor die tyd opgesny het.
Die bestanddele behels alles waarvoor jy lus is. Ons het hoender worsies, frankfurters en salamie worsies in dun skywe opgesny. Uie is gekerf en sampioene in skywe gesny. Daarby het ons 'n blikkie pynappelskywe en peppadews fyn opgesny ook bygevoeg. Ons gebruik ook cheddar/soetmelk en mozzarella kaas, gerasper.
Pak nou elkeen sy eie pizza soos jy daarvan hou - elkeen se bestanddele verskil van bo na onder, voeg bietjie sout en pepper en gemengde kruie by en myne kry 'n paar druppels Tabasco by.
Ek gebruik ‘N RONDE deksel wat ek met spray en cook spay wat in die oond pas voor ek die basisse opsit – sit in die oond en bak net tot goed warm en die kaas gesmelt is. Hulle lyk soos Kilomanjaro's!!
Jy kan ook gekoopte brooddeeg koop, rol dit rond of vierkantig uit en pak jou pizza vulsel en bak in die oond tot gaar.
PIZZADEEG-RESEP: Ek het n lekker pizza base resep as julle dalk da by die kampplek is en kan nie die base gekoop kry nie. 1 Koppie koekmeel 1/4 Teelepel sout 1 Teelepel bakpoeier 1/4 Koppie melk 4 Eetlepels kookolie 1/4 Teelepel Oregano(engels se naam) Sif droë bestandele saam. Meng melk en kookolie saam. Knie nou melk mengsel in meel mengsel. Moet n sagte deegvorm soos slap brood deeg.
Drukuit in pan of stainless steel skinkboard, pak jou smaak bo-op en bak in die weber tot goud bruin.
By die huis bak in warm oond, 200 c tot goud bruin Of in broodoond tot gaar.
BAIE BELANGRIK OM TE WEET:
Alle resepte wat jy in jou oond tuis kan maak, kan jy in jou broodoond ook gaarmaak. So geniet jou oond terdeë, dis hoekom jy hom gekoop het.
INSTANDHOUDING VAN JOU BUKSIE
:INBRAND VAN BUKSIE:
Pak 4 brikette aan beide sykante en 6 brikette bo aan beide kante en laat brand vir so 10 – 15 minute. Dis net om van die verfreuk ontslae te raak.
Nou is jou oondjie reg om gebruik te word.
BERGING VAN JOU BUKSIE:
As jy by die see woon, dan moet jy definitief jou Buksie na inbrand en voor berging, smeer met ‘n lagie olie aan die binnekant.
As jy nie naby water is nie, dan is dit nie nodig om die smeerding te doen nie, tensy jy dit wil doen.
Die Buksie sal nie sommer maklik roes in die binneland nie.
OM TE BAK EN BROU MET JOU BUKSIE: [KOLE]
Die Buksie gebruik net kole aan die sykante en bo.
Vir broodbak het jy nagenoeg 5 – 6 kole aan die sykante nodig en bo 8 kole versprei aan beide kante van handvatsel.
BAIE BELANGRIK:
Die Buksie word gloeiend warm, so asb. moenie met jou kaal-hande daaraan raak nie. Laat ook goed afkoel voordat jy dit bêre!!!!!