POTJIEKOS VANDAG: WENKE [onbekend] VIR DIEGENE WAT NOG NOOIT 'N POT GEMAAK HET NIE OF BIETJIE HULP NODIG HET.
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, 16 November 2011 at 14:07 ·
DIE BESTE POTJIE:
Om 4-6 mense kos te gee is No. 3 pot groot genoeg. Maar moenie vergeet nie, na die baie wag word die mense baie honger. So koop asseblief n groot genoeg pot. Voor jy die potjie koop moet jy kyk of daar nie n krakie in is nie en of die deksel goed pas. Kyk ook of die handvatsels goed gemaak is dat dit nie sal losraak as jy die potjie van die vuur haal nie.
HOE OM JOU POT TE BEHANDEL:
Voordat jy in jou ysterpot kook, moet jy hom eers goed verhit. Daar mag dalk vernis op sit wat die pot beskerm het. Dit moet af. Pak nou n paar stukke spek binne-in en maak goed warm oor die vuur. Laat die vet uitbraai en smeer die binnekant van die pot daarmee. Gooi die vet weg en vryf die pot skoon met papier handdoeke. Jou driepootpot sal nou reg wees om in te kook.
OM JOU POT SKOON TE HOU:
Na gebruik sommer met seepwater uitwas en goed uitspoel en afdroog en dan met n laag kookolie invryf teen roes.
'N LEKKER VUURTJIE:
Potjiekos kan jy die beste buite oor n "koel oop" vuur klaarmaak. Maar n mens kan ook houtskool gebruik in die plek van hout. (selfs ook op die braaivleisrooster as dit nie anders kan nie) As jou pot eenmaal goed warm is, is maar n stompie of takkie of so nodig om jou potjie goed te laat aanstap. Hulle se as jy so 2 meter van die potjie staan moet jy hom baie saggies hoor praat. Dan weet jy dat hy nie te hard of te sag opstaan nie.
HULPDINGETJIES:
Jy het jou pot, jy het jou vuurtjie. Sorg ook nou dat jy n hout snyplank en skerp mes het. Die groentetjies word sommer daar buite so in die pot gekerf... Verder het jy dik vatlappe of n dik stok nodig om die pot van die vuur te lig. En dan het jy natuurlik ook n lang opskeplepel nodig. Hoe langer hoe beter.
HOEVEEL EET DIE MENSE:
Potjiekos neem lank om ordentlik gaar te word. n Vleispotjie neem van 3-8 uur. n Hoenderpotjie so 2-3 uur. En n vispotjie neem so n uur.
Intussen drink jy en jou vriende. Daarom moet n mens sorg dat jy vir elkeen n peuselkossie gee terwyl die potjie prut. Jy het mos n vuurtjie so jy kan net sowel hier aan die kant n skaap of varkribbetjie braai. En wat nie vooraf op-geeet word nie, kan later sommer by die potjie gedoen word vir die smaak. Of n lewertjie in netvet. Dies darem altyd baie lekker! Net so om die ergste honger weg te neem. Anders is almal gaar voor die ete gaar is. As mense so sien hoe die potjie stap, word die honger mos groot. Die mense eet meer as gewoontlik. Daarom is die mees belangrikste reel van potjiekos; maak genoeg! En as daar oor is, is dit nie n ramp nie, want die tweede dag smaak die potjie nog lekkerder. (volgens Suid-Afrikaanse standaarde moet:) 300g vleis met been per persoon gebruik word. Sonder been 200g vleis.
HOE OM POTJIE TE MAAK:
Daar is nou potjies waar jy die vleis eers aanbraai en dan is daar potjies wat sommer so van die begin af as kookpotjie behandel word.
Kry al jou bestanddele en gereedskap by mekaar. Maak jou vuur. Sit die driepoot-pot eenkant van die vuur en krap n paar kooltjies onder sy pens. Gooi n lekker klont botter of vet in die potjie. Dan ook n bietjie olie om te keer dat die vet aanbrand. Verseel nou die vleis deur dit aan te bak. Neem nou n hele paar gekapte uie. Uie gee baie keer die spesiaal lekker smaak aan die potjie en dis ook nog gesond. Braai nou die uie en die vleis saam totdat die uie lig gaan kleur. Jy kan nou ook n stukkie knoffel byvoeg en die geheel bietjie laat smoor. En dan moet jy dit n keer goed omroer met n baie lank houtlepel. Speserye soos wonderpeper(pimentkorrels), kruidnaeltjies en pynappel se geur word ook beter vrygestel as dit ook eers bietjie gebraai word. Dan laat jy die potjie so n uurtjie smoor. Doen daar vloeistof by as dit droog wil kook. Daarna pak jy jou groentetjies bo-op die vleis met al die kruies en speserye wat jy gaan gebruik en gooi so lanks die kant water en wyn in die pot. Bietjie vir bietjie, sodat die vloeistof nie te koud word nie. Anders word die vleis mos taai as hy skrik. Ook is koue vloeistof sleg vir die pot as jy dit so in n warm pot sal gooi. Krap nou weer van die kole onder jou pot se pensie uit , want die potjie moet stadig aantik.
Omdat n mens goedkoper snitte vleis gebruik is dit baie belangrik dat die vleis baie stadig gaar word. Kyk af en toe of daar nog genoeg vog in die potjie is. Anders gooi jy sommer n skuitjie wyn van die tafel af by die kos.
INBRAND VAN NUWE CAST IRON POTJIE:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, 10 October 2011 at 15:58 ·
BEHANDELING VAN NUWE POT: [IAN LAING WEGTYDSKRIF]
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, September 12, 2011 at 12:29pm
Die “inbrand” van ‘n nuwe pot:
Wanneer ‘n nuwe pot aangeskaf is, kan dit soos volg behandel word.
Maak ‘n redelike groot vuur en gooi binne-in die pot ‘n klomp kole.
Laat brand vir ongeveer 30 minute.
Die rede hiervoor is om die tipe vernis wat die vervaardigers gebruik om te verhoed dat die pot roes, af te brand.
Haal dit dan van die vuur en laat dit stadig afkoel. (Wanneer daar koue water by ‘n baie warm leë pot gevoeg word, kan die pot kraak)
Skuur die pot daarna met skuurpapier, sand of as totdat dit begin blink.
Kook vervolgens een koppie sout en 2 koppies asyn met die pot driekwart gevul met water vir sowat 30 minute.
Herhaal nog ‘n keer.
Spoel die pot deeglik uit en skuur alle growwigheid met skuurpapier tot ‘n redelike gladde oppervlak verkry is.
Kook nou groenteskille en –blare in ‘n pot driekwart vol water, waarin daar weer ‘n koppie sout en asyn bygevoeg is, vir ‘n verdere halfuur.
Baie mense beweer dat ‘n pot hierna met olie gesmeer moet word, maar dan is die kanse goed dat die pot galsterig kan raak.
Spuit eerder die pot met “Spray&cook”.
Die pot is nou gereed vir gebruik.
Dit is egter belangrik om die pot elke keer voor gebruik goed skoon te kook.
Lang proses, maar beslis die moeite werd, glo my, dan is die pot behoorlik ingebrand.
POTJIEWENKE:
Hoe brand ek ’n nuwe pot in vir gebruik?
Maak die pot vol water en gooi dan beesvet, aartappelskille, worteltoppe en ander tweedehandse groente by. Laat alles nou vir ’n paar uur kook en gooi dit uit.
Nou vat jy ’n gladde rivierklip van die Bergrivier se walle. En jy skraap die pot aan die binnekant. Jy skraap tot dit glad is – al daardie winkel uit die pot. Jy kan ook skuurpapier gebruik.
Dan spoel jy die pot uit en maak dit weer vol met dieselfde soort mengsel as wat jy aan die begin gebruik het. Kook hom nou vir nog so drie uur. Dan is jou pot reg.
Hoe bewaar ek my pot in tye wanneer hy nie gebruik word nie?
Die pot roes rooier as die baard van ’n Ierse voortrekker. Ná gebruik moet jy hom goed was en uitdroog. Herman van der Merwe het sy potte met Spray ’n Cook gespuit en dan koerante opgefrommel en binne-in gepak. Andries Krogman gebruik net koerant – “soveel as wat ek kan inkry”. Olie en vet raak oud en lei tot ongure geure.
Waarom moet ek nie die pot roer terwyl ek potjiekos maak nie?
Eerstens val alles uitmekaar en sit jy met ’n pappery. Jou 10 maande oue baba sien dalk kans hiervoor, maar ons soek dit nie in die buitelug nie.
Die tweede rede is dat die vleis onderin die pot die lae groente bokant met ’n heerlike stowevleisgeur geur. Draai jy die hele spul ná 45 minute deurmekaar, verloor jy die geur.
Potte kom in verskillende groottes: Hoe weet ek hoeveel mense ek uit die potte kan voed? Krogmann sweer by die “maal met vier”-formule. ’n nr. 4-pot sal dus 16 mense kosgee. ’n Nr. 2 is reg vir agt. Dis dus noodsaaklik dat jy op elke potjiekostog ’n sakrekenaar saamvat.