VEGETARIESE BRAAI: [NASIONALE BRAAIDAG]
Daar is verskeie groentesoorte wat baie goed kan braai. Die idee is om 'n paar verskillende groentes te braai – en dan met die hulp van 'n ryk, lekker tamatiesous en kaas stacks te maak met jou keuse van roente.
Jy kan maklik vir jou vegetariër-gaste voorsien as jy die bogenoemde menu maak – die vleiseters smeek eintlik as't ware om saam te eet! Haal net die spek uit die spinasieslaai uit – verder is dit a-okay!
Daar is 2 hoof-opsies waarvan jy stacks kan maak:
Botterskorsieskywe
Aspersies
Sampioene
of
Polenta
Eiervrug
Tamatiesous
Maar om die waarheid te sê kan jy al die verskillende soorte ook maak en jou gaste aanmoedig om kreatief te wees.
BOTTERSKORSIESKYWE:
Sny botterskorsie in skywe van ongeveer 1 cm. Jy hoef dit nie te skil nie – dit spaar baie tyd – maar ek self verkies dit sonder die skil.
Plaas die skywe in 'n bak wat in die mikrogolf mag gaan – voeg 'n bietjie water by en kook op hoog vir 5 minute. Jy kan dit ook op die stoof kook. Dit moet net begin sag word – dit moenie heeltemal gaar wees nie. Bestryk met of doop in olie en braai. Geur met suurlemoenpeper-sout.
ASPERSIES:
Moenie vir een oomblik sê "jig" nie – veral nie in my teenwoordigheid nie! Ek haat ook ingelegde aspersies – ek dink dis 'n skande om dít aan 'n aspersie te doen. Koop dun, groen aspersies – dis glad nie soos die ingelegde weergawe nie. Dis regtig heerlik gebraai met 'n skeut of twee suurlemoensap, growwe sout en varsgemaalde swart peper. Voor jy dit begin braai moet jy net elke aspersie knak – gewoonlik nader aan die onderkant – die punt waar dit skoon afbreek is die deel wat jy moet weggooi. Dan het jy net die varsste deel van elke aspersie en jy kan hulle met ongeveer 5 ml ligte olyfolie bedek. Dit neem ongeveer 10 minute om te braai – afhangend van hoe dun hulle is. Terwyl dit braai kan jy dit met die suurlemoensap, sout en peper geur.
SAMPIOENE:
Sien die Gebraaide sampioene met suurlemoen-kruiebotter hier bo. As jy in elk geval die boonste braai-menu maak, is dit 'n goeie idee om vir almal die sampioene te maak.
POLENTA:
Koop polenta wat gereed vir gebruik is of maak polenta volgens die pakkie se aanwysings aan. Dit moet dik wees. Gooi dit uit in 'n rolkoekpan – ongeveer 1 cm dik – en plaas dit in die yskas om af te koel. Druk dit uit met 'n ronde koekiedrukker of sny in vierkante. Smeer met olie aan beide kante en braai vinnig om te verhit. Moet dit onder geen omstandighede in 'n riffelpan of plaat met openings braai nie. Dis hoe ek dit gedoen toe ek die foto's geneem het – sekondes nadat die foto geneem is het die polenta te sag geword en deur die openings geval. As jy nie 'n plat plaat het om dit op te braai nie – sit 'n pan op die vuur en braai daarin.
EIERVRUG:
Sny eiervrug in skywe van 1 cm. Sprinkel met sout en laat in 'n vergiettes staan vir ten minste 15 minute. Spoel af en droog die eiervrugskywe af. Smeer met olie en braai aan beide kante tot dit deurskynend lyk en lekker sag is. Geur met sout en varsgemaalde swart peper terwyl dit braai.
TAMATIESOUS:
1 ui, fyngekap
10 ml olie
1 blik (410 g) heel of gekapte tamaties
15 ml rooiwynasyn
5 ml suiker
sout en varsgemaalde swart peper
5 ml gedroogde origanum of 15 ml vars, gekap
5 ml gedroogde basiliekruid of 15 ml vars, geskeur
Braai die ui in die verhitte olie totdat dit sag en deurskynend is. Voeg die tamatie, asyn en suiker by. Voeg ook kruie by, indien gedroogde kruie gebruik word. Kook vir 10 – 15 minute om die vloeistof weg te kook. Geur met sout en peper. Voeg die vars kruie aan die einde by, indien gebruik.
KAAS:
Begin, deur 'n mooi melkkoei aan te skaf, met 'n kampie in die agterplaas. Nee, nee – ontspan! Gebruik Cheddar-, Mozzarella- of fetakaas – of 'n mengsel daarvan. 100 g kaas – gemeng of nie – sal jou baie ver vat.
VIR DIE GROENTE BYEENKOMS:
Maak nou hopies van die groentes van jou keuse. Botterskorsieskywe maak 'n lekker stewige onderkant. Die tamatiesous en die kaas dien as die gom om die hoop aan mekaar te hou.
VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE: [VREESLIK YUMMY]
500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2uie, gekap
5ml sout varsgemaalde swartpeper
10ml droë tiemie
10ml droë roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte. Lewer 6 porsies.