“MR. CARAVAN” SE WOONWA WENKE: [DEEL 1]
LEKKER WOONWA SLEEP:
Die lekkkker kan ons maar uitrek, want dit is regtig lekker.
Onthou, dat die week of twee wat jy weggaan se voorbereidings net so lekker is as die vakansie self.
Maak ‘n lysie van wat jy gaan nodig hê. Dit sluit in die kos, kampgoed en drinkgoed. Tydens die vakansie is klere ‘n bysaak, solank jy net ‘n warm baadjie het.
Die woonwa moet ordentlik versien wees voor jy vertrek, die onderstel, so ook die binnekant. As jy jou tent lanklaas gebruik het en jy hom nou nodig gaan hê vir die vakansie, is dit beslis ‘n goeie ding om hom uit te haal, op te slaan en te kyk dat al jou tentpale, toue, ankerpenne en elmbogies daar is. Kyk ook dat jou tent nie geskeur of deurgelê het nie, laat maak reg wat verkeerd is. Dis altyd handig om ekstra toue en ankerpenne saam te neem, asook ‘n paar tentpale, ‘n mens weet nooit wat op vakansie verkeerd kan loop nie en dis ‘n beslommernis om rond te soek na ‘n Handelaar wat jou kan help. Kyk ook dat jou Rally al sy pale ens. het en dat jou sykante daar is en nie beskadig is nie.
Maak seker dat jou gasbottels almal vol is en dat daar geen lekasies is nie.
Loop om en deur jou woonwa binne en buite en kyk dat alles in orde en werkende toestand is. Maak ‘n lysie van moontlike foute en gee dit aan jou diensverskaffer om na te gaan wanneer jou woonwa ingaan vir sy diens. Maak seker dat as jy ‘n warmwaterstelsel in jou woonwa het, dat hulle dit toets om te sien of alles reg is. Laat hulle ook kyk na die battery dat dit nog reg werk, asook jou yskas en dat die elektiese-bedrading in goeie kondisie is. Wanneer jy jou woonwa gaan haal na sy diens, maak seker dat hulle gedoen het wat jy gevra het en gaan saam met hulle deur dat alles nou in orde is. Check en double check, want dis al hoe jy gaan weet alles is reg om die reis aan te pak.
As ‘n ou kampeerder kan alles verkeerd gaan, solank die yskas werk. Dan is die Kaap Hollands.
Pak alles sodat die woonwa se neus nie te swaar is nie. Gewoonlik gebruik
ek die ou stelsel, nl. 10% van die bruto masssa geweeg op die haakpunt. Let wel, nie op die neuswiel nie. Sit ‘n plankie op die badkamerskaal en ‘n stok tussen die skaal en die haakpunt. Nie so of so nie, dit werk!!
Probeer om nie bottels in die yskas te pak wanneer jy sleep nie, dit sal die yskas beskadig. Slegs sagte goed moet gepak word.
Vir baie mense is dit nie belangrik nie, maar ‘n mooi skoon woonwa, oud of nuut, skep ‘n pragtige indruk op die pad en by die kampplek.
Sorg dat die bande voor vertrek gepomp is met die korrekte druk. Woonwawiele op ‘n enkel as, is dieselfde as die sleepvoertuis se agterwiele plus minus 30kpa. ‘n Dubbelas is so 5kpa minder, want daar is vier. Moenie van die spaarwiel vergeet nie!
Jy kan nie wiele op die pad pomp nie, want die sleephitte verhoog die druk en is dus onnodig. Wat egter gedoen moet word, is om elke 300km te kyk dat die wielmoere behoorlik vas is. Veral die manne wat “mags” op hulle woonwaens het.
Loop terselfderyd om die woonwa om seker te maak die “jacks” en vensters is nog vas en toe. Onthou die “popups” se dakke binne in die woonwa moet behoorlik ingehaak wees.
Sleep teen so plus minus 100 km per uur. Nie net is dit veilig nie, maar dan kan jy nog die natuurskoon ver van die huis bewonder.
Sou jy baie ver sleep, is dit goed om so elke 400km bene te rek en ‘n halfuur te rus. Dit verrig wondere en moenie as jy in Gauteng woon probeer om regdeur na Mosselbaai te sleep nie. Rus by die dam of Karoo Nasionale Park.
Teen die tyd wat jy by jou oord aanland is almal so opgewonde dat die volledige kampplek binne ‘n halfuur opgeslaan is en pa en ma kan rus.
Nou begin die vakansie behoorlik en ou woonwa mense loop rond in die kamp en steel met die oog nuwe idees, want geen twee ouens kamp op dieselfde metode nie.
Lekker sleep en geniet die vakansie sonder enige bekommernis dat iets verkeerd kan gaan as jy die regte prosedure gevolg het voor jou vertrek.
“MR. CARAVAN” SE WOONWA WENKE: [DEEL 2]
BY DIE OORD OF KAMPPLEK:
Ons het lekker kamp opgeslaan en die eerste nag soos konings geslaap.
Maar het ons voorsiening gemaak vir die wind, veral aan die kusdele van die land?
Deesdae kry ons sulke blink goed wat ons oor die woonwaens, veral die tent trek. Die son kan die woonwa en tent in ‘n oond verander.
Kry nou een van die “reflective sheets”, dit verminder die temperatuur met 60 grade.
Onthou nou net dat die blink kombers sy werk behoorlik doen, maar nie baie windbestand is nie. Toue waarmee dit vasbind skeur maklik uit die ogies uit. Nou het ‘n paar slim kampeerders met ‘n ander plan voor die dag gekom. Koop ‘n swembadnet, so 150mm x 200mm blokke gevleg.
Gooi dit bo-oor die blink kombers wat bo-op die tent lê. Trek die net behoorlik vas met plus minus 8 toue en groot ankerpenne. Nie net is die tent stewiger bestand teen die wind nie, maar lyk dit baie netjies. Dit is nou ook die eerste fase om weerstand te bied teen die wind.
‘n Ander belangrike ding om te onthou is dat die blink kombers maak dat dit nie nodig is om onder bome te staan nie, jy het mos nou jou eie koelte gemaak.
Soek in elk geval vir jou altyd ‘n hoogtetjie uit om op te slaan. Onder bome is dit altyd laer en dink aan die reën. Na ‘n storm vergader die water op die laagtes en wat ‘n gemors is die tent nie. Op die hoogtetjies is jy hoog en droog.
Onthou, jy moet altyd onthou van stormwinde, dit is rukkerig en lig maklik tentpale. Wanneer pale gelig word vlieg die tent kort voor lank die see in.
Wanneer jy die tent staan gemaak het en al die ankerpenne is buite reg, moet net nie die tentpen verder as 800mm van die tentpaal inslaan nie, anders gaan baie stutkrag verlore. Aan die binnekant van die tent direk langs die pale, slaan ‘n tentpen in so 500mm lank met toue van bo-af. Geen wind gaan die tent roer nie.
Sorg altyd dat die grondseil groter is as die tent, dele wat uitsteek op die kante en aan die voorkant sorg dat die kantseile altyd skoonbly. Modder kannie vanaf die grondseil opspat en die mure met modder besmeer nie, wat later baie moeilik is om skoon te maak.
Span alle toue styf sodat die dak nie bakke maak ingeval dit reën nie. Hierdie is nogal ‘n kuns en moes by die huis lank voor die vakansie ge-oefen gewees het. Veral die ouens wat vir die eerste keer met ‘n woonwa gaan kamp.
Moet nooit iets as vanselfsprekend aanvaar nie, ‘n nuwe woonwa of oue, moet altyd ‘n naweek of wat voor die vakansie gebruik word om seker te maak alles werk en daar is niks wat kort nie. Die onus is geheel en al op jou as verbruiker, moenie by die vakansieoord ander mense aanval as daar iets kort nie.
Na jy al hierdie dinge gedoen het, behoort jy ‘n sorglose vakansie te kan geniet.
Volgende keer gesels ons oor die oppak en skoonmaak wanneer ons tuiskom.
Groete tot later dan.
“MR. CARAVAN” SE WOONWA WENKE: [DEEL 3]
DIE OPPAK EN TUISKOMS:
Die vakansie het sy einde bereik en dis ‘n dag of wat voor oppak.
Gaan ons die dag voor of op die dag van vertrek oppak? Ongeag die besluit moet aan sekere reëls voldoen word. Veral die nuwe woonwaens se handboekies het presiese oppak reëls vir die tent. Borsel die tent met sagte besem vir stof in die binneland of die see neerslag by die kus.
Vou dit sorgvuldig op [byna soos die linne by die huis] en bêre dit onder die banke of in die sak wat in die woonwa of agter op die bakkie geberg word.
Onthou, vee die pale met ‘n nat lap en skoon water af, droog dit daarna behoorlik met ‘n droë lap af. Die tentpenne moet dieselfde behandeling kry.
In my dae het ek net kop geskud oor tente wat lyk asof dit uit ‘n wasgoedmandjie uitkom.
Wanneer jy by die huis kom, moet die tent weer opgeslaan word en dan behoorlik met ‘n sagte besem en skoon water gewas word. LET WEL!!!
GEEN SEEP NIE.
Sorg maar weer dat al die kaste se deure toe en gesluit is. Die dak behoorlik ingehaak en die vaste dak woonwaens se dakluike behoorlik vas is.
Is die sleepvoertuig en woonwa se wiele se banddruk korrek?
Sorg by vertrek dat alles wat jy by die huis gedoen het weer herhaal word, sodat jy ‘n sorglose rit huistoe kan onderneem.
In die motor sit ma en pa half dikmond en sussie langgesig oor die oulike “boyfriend” wat sy nie weer gaan sien nie en boetie gaan al die pêlle mis.
Slaap maar weer oor op die halfpadmerk oppad huistoe.
Dis baie belangrik dat wanneer jy by die huis kom om alles uit te pak en alles te was, skoon te maak en te poleer. Bêre nou weer alles op sy plek en die woonwa onder dak en indien moontlik, maak dit toe met ‘n oortreksel.
As dit nou alles gedoen is en sussie klaar getreur het , kan na die foto’s en kwitansies gekyk word en gebeure oor gesels word. Mooi vakansie herhinneringe.
Nou begin die beplanning vir die volgende vakansie.
Volgende keer gesels ons oor die foute en tekortkomminge van die afgelope vakansie.
Groete.