GEVULDE VETKOEK:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Saturday, March 19, 2011 at 9:22pm
Ek gebruik vetkoek vir padkos, maar hulle is ook wonderlik vuurwarm, middeldeur gesny, met botter en suiker.
(sowat 10 - 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hardgekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar
Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by.
Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby.
Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het.
Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan.
Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie.
As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer.
As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier of ’n stukkie wors of frikkadelletjie in deeg toedraai en dit dan diepbraai. Gevulde vetkoek is lekker padkos, en ek maak hulle sommer op pad, of reeds die vorige aand.
VETKOEK IN SKOTTELBRAAI:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, March 30, 2011 at 1:43pm
2 koppies koekmeel
40ml suiker
10ml bakpoeier
knippie sout
2 ml gemengde speserye
2ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
2 ekstra groot eiers (geklits)
250ml kookwater
30g rosyne of koerente
olie vir diepbraai
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en meng met kookwater.
Meng droë bestanddele geleidelik tot gladde deeg.
Roer rosyne by.
Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3-4 lepelsvol beslag in warm olie tot pofferig en goudbruin.
Braai weerskante.
Verwyder van olie en dreineer op handdoekrol.
Bedien warm. (lewer omtrent 15 vetkoekies
LEKKER HOL VETKOEK [DEEG WORD IN BROODMASJIEN GEKNIE]
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Thursday, August 4, 2011 at 3:26pm.
1 3/8 cups Water
4 cups flour
2 Tbsp. Dry Milk (melkpoeier)
1 Tbsp. Sugar
1 3/4 tsp. Salt
1 Tbsp. Butter
3 tsp Active Dry Yeast (or 2 tsp. Fast Rise yeast)
Sy maak die deeg en maak dan omtrent golfbal grootte balle wat sy platdruk sodat hulle so 1/4 na1/2 duim dik is.
Braai in olie.
OUVROU ONDER DIE KOMBERS:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, August 8, 2011 at 2:19pm.
1 blikkie weense worsies
2 eiers
3/4 koppie melk
knippie sout
1 teelepel bakpoeier
Genoeg meel om dun deeg mee te maak
Klop eiers goed, voeg melk en sout by.
Klop weer, voeg meel en bakpoeier by.
Klop weer.
Doop worsies in deeg.
Braai in warm olie tot deeg gaar is .
Jy kan dit ook doen met gaar stukkies boerewors, varkworsies, russians en gaar visvingers.
KOOKWATER VETKOEK:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Saturday, September 3, 2011 at 1:25pm
2 koppies koekmeel
25ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
2 eiers
250ml kookwater
olie vir vlakbraai
Sif droeë bestanddele saam.
Klits eiers en kookwater saam.
Meng eiermengsel met meelmengsel.
Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met maalvleis vulsel.
MAKLIKE VETKOEK:
Klaar gemaakte witbrood deeg (Spar)
Meel
Botter
Olie
Laat deeg rys en knie weer af met gebotterde hande Rol klein bolletjies met die deeg, rol in meel en druk plat met hand.
Braai in lou warm olie, dis die truuk - al gaan dit stadig.
Braai aan beide kante tot goud bruin.
Dreineer op kombuis Papier.
POTGEBAKTE VETKOEK:
1½ kop meel
½ t sout
4 t bakpoeier
1 eier
½ kop melk
2 eetlepels olie om in te bak
Meng droë bestanddele.
Klits eier en melk, voeg by meelmengsel.
Meng goed tot ‘n slap deeg.
Verhit olie in plat swaarboomkastrol/pot. [moet groot genoeg wees om al die deeg gelyk in te sit]
Skep lepelsvol deeg in die kastrol, sit deksel op en bak eenkant op stoof of kole tot gaar.
VETKOEK MET MIELIEMEEL EN UI:
1 kop mieliemeel
1 kop meel
1 t sout
1 t suiker
Knippie rooipeper
1 eier
¾ kop melk
1 e gerasperde ui
Sif droë bestanddele saam.
Klits eier en voeg melk by.
Roer by meelmengsel.
Voeg ui by en meng goed.
Drup lepelsvol in warm olie of diepvet en bak tot bruin.
SLAPPAP VETKOEK:
1 eier
1 kop koue slap mieliepap
1 kop koekmeel
2 t bakpoeier
Sout
Klits eier en meng met koue slap pap.
Voeg die droë bestanddele by en meng baie goed.
Bak lepelsvol in diepvet of olie tot gaar.
Sit warm voor.
DIKMELK OF KARRINGMELK VETKOEK:(HEERLIK)
4 koppies meel
1 teelepel kremetart
1 teelepel koeksoda
2 teelepels sout
1 groot karton suurmelk.
Maak aan maar nie te slap nie. Laat staan ±1 uur (belangrik). Bak in warm olie nie te warm nie. Reguleer self jou plaat. Moet nie weer roer nie skep dit net so.
AGNES SE VETKOEKIES: [ONBEKEND]
Aggie maak die resep gewoonlik sommer so uit haar kop uit sonder om enige iets af te meet. Sy was besonders suur toe ek aandring op presiese hoeveelhede. Die resep hieronder is genoeg vir dosyne klein vetkoekies of vir een groot brood.
Bestanddele5 koppies koekmeel of broodmeel
200ml suiker (100ml vir die brood)
10g kitssuurdeeg
2 koppies louwarm water
‘n Goeie knypie sout
Metode
Sif al die droë bestanddele saam in ‘n groterige bak. Voeg die water by en meng goed. Agnes sê dis nie nodig om dit te knie nie, dit moet net goed gemeng word, maar jy kan ekstra water byvoeg as jy dink dit is nie sag genoeg nie. Sy maak die bak toe met ‘n plastieksak en los dit op ‘n warm plek om te rys vir 30 minute tot ‘n uur. Weereens word dit nie afgeknie nie en net so in sy gerysde vorm gebruik.
Vir die vetkoekies maak jy nou ‘n pan, met genoeg olie om te diepbraai, goed warm. Agnes maak haar hand nat en trek ‘n handvol deeg af. Die deeg word dan in balletjies tussen haar duim en wysvinger uitgedruk. Braai hulle tot hulle borreltjies bo-op maak en draai hulle om. Braai verder totdat hulle oraloor goudkleurig is. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
Om ‘n brood te bak knie jy wel die deeg af na die eerste rys en plaas jy dit in ‘n groot broodpan. Laat dit weer rys en bak vir 30-45 minute of tot dit hol klink as jy op hom klop.
NEW YEAR DOUGHNUTS:
[tradisionele HOLLANDSE OLIEBOLLE - Ek maak dit getrou elke jaar ter herhinnering aan my ouers en herkoms.] HEERLIK! [
(Dutch oliebollen/oil balls)
Ingredients:
100-125 gr currants
100-125 gr raisins
4 dl milk
2 teaspoons dry yeast
(1 teaspoon sugar)
500 gr flour
2-3 teaspoons salt
1 egg
optional:
50 gr candied lemon
1 reinette apple
extra: oil to fry
Preparation:
Soak the raisins and currants an hour (better a night) in water (with a little rum).
Mix the lukewarm milk with the yeast (and sugar). Let rest for 10 minutes.
Sift the salt with flour in a large bowl. Make a hole in the middle and add the egg and yeast mixture. Beat with a mixer a few minutes very well: the batter must fall in pieces off the whisks. Stir the drained raisins and currants (and optional chopped apple and/or candied lemon) into the batter. Let (covered) rise 1 hour at a warm spot .
Prepare:
Heat the oil. Slide, using an icecream spoon or 2 greased spoons, the batter in the oil. Turn the old years fritters after 3 minutes and fry another 2-3 minutes. Make about 5-8 oil balls at the same time, they must have room to turn themselves.
Drain on kitchen paper and serve with icing sugar.
[Maak dit baie met net appelringe in - yummies!]
CHEESE STUFFED ROOSTERKOEK: [MELROSE RESEPTE]
Serves 10
Buy ready made bread dough or make your own by mixing 560 ml (2 ¼ cups) white bread flour with 1 sachet (15 ml) instant dry east, 5 ml (1 t) salt and a pinch of sugar. Add 250 ml (1 c...up) warm water mixed with 30 ml (2 T) milk and mix until it forms a dough. Knead on a floured surface for 10 minutes.
Place in a lightly oiled bowl, cover and leave to rise until double in volume. Knock down and divide into tennis-ball sized pieces. Flatten each piece of dough and wrap around a Melrose cheese wedge.
Arrange on a floured surface, cover with a damp cloth and leave to rise once more.
Once risen, cook over slow coals until golden brown and cooked through. Serve warm with syrup or honey.
EASY TOMATO SAUCE:
Makes 375 ml
½ onion, grated
½ garlic clove, grated
15ml (1 tablespoon) oil
1 tin (410g) tomato puree
30ml (2 tablespoons) tomato sauce
125ml (½ cup) water
Salt and sugar to taste
Fry the onion and garlic in the oil over low heat, until cooked. Add the tomato puree, tomato sauce and water and bring to the boil. Simmer gently for 10-15 minutes, until the sauce has reduced slightly. Season to taste with salt and sugar and simmer for another minute or two. Leave to cool to room temperature, pour into a sterilized jar and keep in the fridge for up to 5 days.
QUESADILLAS: [MELROSE RECIPES]
The quickest, yummiest snack ever!
Serves 6
12 medium-sized flour tortillas
80 ml (1/3 cup) Melrose spread
2 thinly sliced tomatoes
salt and freshly ground black pepper to taste
oil, for frying
Dips or salsa of your choice, for serving
Spread each tortilla on one side with Melrose spread. Top 6 of them with a single layer of tomato slices and then put the other tortillas on top (cheese side down).
Heat a little oil in a large pan and fry each tortilla sandwich until golden brown and crispy. Turn, and fry on the other side as well. Slice into quarters and serve warm with dips or salsa or your choice.
PIERRE SE VETKOEK: [ TV BOEREKOS]
500 g witbroodmeel
500 g bruinbroodmeel
1 pakkie kitsgis
1 E sout
Ongeveer 2½ koppies water
1 t vet
genoeg vet of kookolie om in te bak
Hiervoor maak jy die deeg aan deur die broodmeel, kitsgis, sout, water en vet saam te knie. Laat dit rys. Rol dit in bolletjies en laat dit verder rys voor dit in die vet gebak word.
HUIBRECHT SE SKUINSKOEK: [TV BOEREKOS]
1,5 kg meel
2½ pakkies kitsgis
1 t sout
½ t fyn kaneel
½ t fyn gemmer
3 k suiker
250 g vet of margarien
1 t asyn
2 E anys
½ k baie warm water
± 4½ k water
Meng die meel, gis, sout, kaneel, gemmer en suiker.
Vryf die margarine in die meelmengsel.
Voeg die asyn, anys en warm water by, meng en laat afkoel.
Voeg nog water geleidelik by en knie tot ‘n slap deeg.
Laat staan om te rys.
Knie af en maak deegrolle op die tafelblad.
Druk plat en sny diagonaal in "skuinskoek”.
Laat dit rys.
Bak in warm vet of olie tot dit gaar is.
As jy 'n soetstropie maak soos met koeksisters, dan kan jy hierdie skuinskoek daarin doop, dis net so lekker.
Jy kan ook versiersuiker oor sif wat dit ook lekker soet maak.
CHURROS: [TIPE DOUGHNUT LEKKERNY!]
Prep Time: 10 Minutes
Cook Time: 10 Minutes
Ready In: 20 Minutes
Servings: 4
"Pastry strips are deep fried and rolled in sugar and cinnamon in these simple Mexican snacks."
INGREDIENTS:
1 cup water
2 1/2 tablespoons white sugar
1/2 teaspoon salt
2 tablespoons vegetable oil
1 cup all-purpose flour
2 quarts oil for frying
1/2 cup white sugar, or to taste
1 teaspoon ground cinnamon
DIRECTIONS:
1.In a small saucepan over medium heat, combine water, 2 1/2 tablespoons sugar, salt and 2 tablespoons vegetable oil. Bring to a boil and remove from heat. Stir in flour until mixture forms a ball.
2.Heat oil for frying in deep-fryer or deep skillet to 375 degrees F (190 degrees C). Pipe strips of dough into hot oil using a pastry bag. Fry until golden; drain on paper towels.
3.Combine 1/2 cup sugar and cinnamon. Roll drained churros in cinnamon and sugar mixture.
PIESANG DOUGHNUTS:
3 -4 ryp piesangs baie fyn gedruk
2 eiers
250 ml suiker
125 ml gesmelte botter
20 ml bakpoeier
500g meelblom
1 ml sout
2 ml fyn kaneel
2 ml gerasperde neut
1 ml fyn naeltjies
250 ml suurmelk
kaneelsuiker
1 ml koeksoda
Klits die eiers lig en skuimerig en voeg die suiker en botter by. Roer totdat al die suiker gesmelt is. Sif die droë bestandele en roer dit afwisselend met die melk in die eier-en-suiker-mengsel en voeg die fyn piesang by en meng goed. Dit moet 'n effense slap maar tog rolbare deeg vorm. Rol die deeg 8 mm dik uit op 'n meelbestrooide plank. Druk uit met 'n doughnut-drukker of gebruik 'n skonvormpie.Druk dan met 'n groot vingerhoed 'n gat uit in die middel van elke vormpie. Maak die gat met die vinger grootter. Braai 'n paar op 'n slag bruin in warm, diep vet. Draai elke doughnut eenmaal om.
Dreineer op bruin papier en strooi kaneelsuiker oor.
Moenie die uitgedrukte deegstukkies weggooi nie, maak bolletjies en bak saam met die doughnuts.
Eet by stomende koffie.
Lewer 16-20 doghnuts.
BILTONGVETKOEK: [Deur Aletta Lintvelt]
Smullekker vetkoek
Min dinge laat jou binneste so glimlag soos die gedagte aan ’n warm vetkoek. Wat nog te sê een met biltong! Dié vetkoeke is effe kleiner, soos soutpoffers, wat dit ook lekker langpadkos maak.
Vir 6
Voorbereityd 2 uur
Gaarmaaktyd 15 minute
Jy benodig
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sout
2 eetlepels droë melkpoeier
1 pakkie (10 g) kitsgis
1¼ koppie louwarmwater
4 koppies koekmeel
1 koppie droë biltong, fyngekap
4 eetlepels botter, gesmelt
750 ml kookolie vir braai
Só maak jy
1 Roer die suiker, sout, melkpoeier, gis en water saam. Meng dit dan saam met die meel en biltong totdat dit ’n deeg vorm. knie dit vir minstens 10 minute. Vorm die deeg in ’n bol.
2 Smeer die deegbol buite-om met die botter, sit dit in ’n bak wat heelwat groter is as die deegbol, en bedek die bak losweg met kleefplastiek. Laat dit vir ’n uur of twee op ’n louwarm plek staan om tot dubbel die grootte te rys.
3 Knie die deeg weer vir ongeveer 3 minute, en verdeel dit dan in twee. rol elke deel in ’n dik wors en sny dit in 6 stukke. sit dit op ’n meelbestrooide snyplank, sit weer kleefplastiek oor en laat dit vir nog 30 minute rys.
4 Gooi genoeg kookolie in ’n pan sodat dit 1-2cm diep is. Verhit die olie totdat ’n klein stukkie deeg dadelik begin dryf en braai. braai 3 vetkoeke op ’n slag. draai dit om sodra dit goudbruin is aan die een kant, draai die hitte laer en braai dan die ander kant.
5 Sit dit warm voor met korrelkonfyt en sterk cheddarkaas.
Aletta sê: haastig? die meeste supermarkte met ’n bakkery verkoop rou deeg waarmee jy kan vetkoek maak.
PAMPOEN VETKOEK: [WEGRY]
As kind het ons pampoenkoekies gebak met te veel meel in, en dit het as padkos geëindig op pad WesTransvaal toe. Ons het daaraan gesmul en dit “pamvetkoeke” gedoop. Van toe af word daar elke keer as die wiele draai, gevra of daar “pamvetkoeke” is vir padkos. Só word familietradisies gebore!
Jy het nodig vir sowat 10 - 15 vetkoeke:
•2 koppies koekmeel
•2 teelepels bakpoeier
•1 eetlepel suiker
•2 eiers, geklits
•½ koppie water
•½ teelepel sout
•2 koppies gaar pampoen (botterskorsie of boerpampoen), fyngedruk
•olie, vir diepbraai
Soos deeg in jou hande. Sif die meel, bakpoeier en suiker saam. Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby. Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele met ’n houtlepel en meng tot jy ’n gladde deeg het. Roer die pampoen by.
Net nie te warm nie. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrol. Die olie moet warm wees, maar nie te warm nie anders brand die vetkoeke buite
en bly rou binne. Skep lepels vol van die beslag in die olie (twee of drie op ’n keer).
Hou daai are oop. Sodra die vetkoek goudbruin en gaar is, skep dit uit met ’n gaatjieslepel en sit dit op ’n bord en kombuispapier om die olie te dreineer.
Jy kan kies. Sit voor met enige vulsel van jou smaak of eet dit sommer net so.
Alles in een. Jy kan ook gevulde vetkoek maak deur ’n frikkadel of stukkie wors in die middel van ’n lepel beslag te sit en dit dan te diepbraai.
OLIEBOLLE IN 'N KAMPPOT: [Resepte Tiaan Langenegger Foto’s Ruvan Boshoff]
• 500 g bruismeel
• 1 teelepel bakpoeier
• 90 g strooisuiker
• 2 middelslag-eiers
• 2 eetlepels olie
• 200 ml melk
• ’n hand vol koekmeel
• 2 x 750 ml-bottels olie
• kaneelsuiker na smaak
Só maak jy
1 Sif die bruismeel, bakpoeier en suiker saam en hou dit eenkant.
2 Klits die eiers, olie en melk saam, en roer dan die meelmengsel daarby tot dit ’n deeg vorm. Strooi ’n bietjie meel op ’n broodpan of ander plat oppervlak en sny die deeg in klein stukkies. Rol die stukkies dan in bolletjies.
3 Verhit die olie in ’n diep pot oor ’n gasstoof (as jy ’n klein stukkie deeg ingooi, moet dit dadelik begin borrel – as jy ’n termometer het, moet die olie 170 °C wees). Braai die bolletjies vir 2-3 minute aan al twee kante tot ligbruin en gaar aan die binnekant. Rol die oliebolle in die suiker sodra hulle uit die olie kom, en sit hulle sommer dadelik voor.
WegSleep sê: Omdat jy bruismeel pleks van gis gebruik, is die bolle vinniger gereed.
HOE OM VETKOEK TE BAK MET KLAAR VOORBEREIDE BROOD DEEG:
Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in 'n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg, of breek sommer net 8 stukke van die deeg af. Vat 'n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir 'n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op 'n slag in die warm olie.
GROOT GEHEIM VAN VETKOEK BAK:
Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy
sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het 'n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toets. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS MENGSEL
Braai jou uie, maalvleis (500gr), 1 growwe gerasperde wortel, kerrie, borrie sout en peper. Voeg Koppie water by en laat prut – Sny 3 na 4 aartappels (geskil) in blokkies en gooi in die mikrogolf in spar sak vir so 5 minute – voeg by maalvleis mengsel en
nog so ‘n koppie water. Kook tot aartappels sag is. Neem jou lepel en vryf so die helfte van die aartappelblokkies fyn teen die kant sodat jou mengsel ‘n lekker dik tekstuur het. Gooi klein bietjie chutney in en roer deur.
WORSIE VETKOEK: [Corrie Vd Walt Duvenhage]
Ons neem gekoopte brooddeeg rol dit uit sit half gaargemaak te boerewors daarin en rol dit toe en druk vas.
Bak in die oond vir 30 min.
En daar het jy jou boere worsrolletjie met jou worsie binne in die broodjie.
Ons byt gewoonlik die kop af en dan trek ons die worsie uit en gooi tamatiesous in en druk die worsie weer terug.
Heerlik.
MY WENK:
Maak hom in jou Buksie of op toeknyprooster of soos roosterkoek op jou rooster.
VETKOEK CHICKEN HAMBURGER: [RENTIA ODENDAAL PRETORIUS]
Hierdie het so lekker gelyk, moes dit met julle deel! Dankie Rentia!
Maak ‘n lekker groot vetkoek. Ek het winkeldeeg (brooddeeg) gebruik. Die deeg laat rys vir so ongeveer ‘n uur. Bak vetkoek in diepolie. Onthou om die heeltyd olie oor die vetkoek te gooi sodat die vetkoek lekker oppof.
Het hoenderpatties in die oond gaargemaak.
‘n Bietjie uie en sampioene gebraai tot sag
Sny jou vetkoek oop. Smeer mayonnaise of miracle whip op
Op die eenkant van die vetkoek pak jy die pattie, dan die uie en sampioenmengsel, ‘n pynappelring en ‘n maxi slice processed cheese.
Op die anderkant: tamatieskywe en komkommer en stukkie blaarslaai
Sit 2 helftes opmekaar en : ENJOY !!!
HOE OM VETKOEK TE BAK MET KLAAR VOORBEREIDE BROOD DEEG: [Rencia Odendaal Pretorius]
Vat jou deeg, knie net effens deur. Sommer so in die plastieksakkie. Rol nou die deeg in 'n worsrol en sny 6 stukke uit die deeg. Vat 'n skinkbord en strooi meel oor. Trek die deeg effe plat, Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir 'n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op 'n slag in die warm olie –
GROOT GEHEIM VAN VETKOEK BAK:
Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om – of die vetkoek sal sommer vanself omdraai, en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol en dit het 'n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toets. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder op die bodum in die olie bly le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL:(soos op die foto)
Ek doen die volgende - braai uie met jou kerrie, borrie, masala, bay leaves en knoffel. Gooi maalvleis en aartappelblokkies, sout en peper by en bietjie water en kook tot gaar - as aartappels sag is, maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot - dit maak dat die maalvleis so 'n lekker dik stywe beslag is. Jy kan ook gemengde groente byvoeg.
MY WENK:
Jy kan natuurlik vetkoek vul met enigiets wat jou hart begeer.
Ontbytvetkoek
Vetkoek met kaas en goue stroop of appelkooskonfyt.
Vetkoek hamburgers
Vetkoek worsbroodjies
Vetkoek met hoendermayo
Vetkoek met avo en bros spekrepies
Vetkoek met piesang en bros spekrepies
Vetkoek met caramel en piesangs.....ens.
Wie wil nou brood eet as jy kan vetkoek eet?
VETKOEK WITH MINCE: [DRIVE OUT RECIPE]
There are plenty of things to get depressed about in the bush. A leopard could try having one of your party for a snack, or you could land under a buffalo stampede.
After applying first aid to the leopard victim, there might be a bit of a dark mood over your camp. It’s then that there is nothing more cheering than the smell and taste of freshly baked vetkoek.
You need (for between 6 and 9 vetkoek):
•500 ml (2 cups) cake flour
•20 ml (4 teaspoons) baking powder
•½ teaspoon salt
•15 ml (3 teaspoons) butter
•375 ml (1½ cup) milk
Get cracking:
•Sift the dry ingredients together.
•It’s important to sift the whole lot so the flour can get some air.
•Rub the butter into the flour with your hands until it looks like breadcrumbs and then add the milk.
•Stir this mixture with a wooden spoon until you have a soft dough that you can easily spoon out.
•Now place a saucepan or pan over the gas or flames, and add lots of oil – it must be about 2 cm deep.
•Get the oil nice and hot – test it with a little bit of dough.
•If it puffs up and fries immediately, you can get going.
•Spoon heaped tablespoonfuls of dough into the oil.
•Fry them for more or less 4 minutes on each side until they’re beautifully brown.
•Drain on Carlton paper to get rid of most of the oil.
•Fill the vetkoek with curried mince.
After all, who can live on bread alone?
SKUINSKOEK by die kamp:
Bestanddele:
2,5 kg Snowflake koekmeelblom
10 ml sout
15 ml droë gis
1 liter louwarm water
250 g botter of margarien
15 ml anys
750 ml suiker
Metode:
Sif die meel en sout saam en los die gis op in 'n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by. Meng dan ses koppies meel by om ‘n slap deeg te vorm. Bedek en laat rys 2 ure op ‘n warm plek of totdat deegvolume verdubbel het.
Vryf die botter by die res van die meel in. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig, kan 'n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om 'n lekker sagte deeg te maak wat maklik hanteer. Bedek weer en laat op 'n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.
Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af. Braai in warm diepolie tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuis- of bruinpapier en smul!
OUMA SE MAKLIKE HOL VETKOEKE: [boerekos kookengeniet - foto:*Greetings et Al*]
Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol.
Hier is die resep…
8 kop koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
1 eerl suiker
1 liter louwarm water
olie vir braai
MAAK DAN SO:
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses) Knie vir minstens 7 minute lank
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 minute.
Knie af.
Op koekmeel oppervlak druk vetkoek deeg effens plat met hande , rol nou die deeg met n koekroller so 2 cm en druk sirkels uit met drukker Bak in warm olie., dan pof hulle sommer so op..!!
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, of kan ook uitdruk met ronde drukker of glas
*Toets olie deur klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg.
WENK:
Van my vetkoeke kom so uit. Ek te lui is vir knie, gebruik ek sommer winkel deeg. Jul kan kerrie vetkoeke op die volg manier ook doen. Maalvleis kerrie moet klaar gaar wees. Rol deeg nie te dun uit. Druk medium groot sirkels uit. Skep maalvleis in middel van sirkel. Vou toe soos n jamtertjie . Sorg dat die kante mooi toe is en bak in olie. Gereed om te eet en jy hoef nie na die tyd nog vleis binne die vetkoek te skep nie!

500 ml (2 cups) cake flour
20 ml (4 teaspoons) baking powder
½ teaspoon salt
15 ml (3 teaspoons) butter
375 ml (1½ cup) milk

•Fill the vetkoek with curried mince. After all, who can live on bread alone?
CHEDDARKAAS-EN-BILTONG VETKOEK: [deur Barbara Joubert]
(sowat 8 vetkoeke)
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
sowat 240 g cheddarkaas, gerasper
sowat 180 g gesnyde beesbiltong
SO MAAK JY:
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed. Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg). Smeer ’n klein bietjie olie daaroor – dit verhinder uitdroging.
Maak bak met kleefplastiek toe en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. As dit nogal koud is, skakel ek my lou-oond op laag aan en laat die deeg daarin rys.
Knie die deeg af. Vorm ronde vetkoeke. Neem ’n hand vol gerasperde kaas en so 5 – 6 snye biltong en druk dit styf saam. Maak ’n holte bo in die middel van die vetkoek en druk saamgeperste kaas en- biltong in die middel van die deeg in. Druk die vulsel toe in die deeg en plaas vetkoeke op ’n bakplaat. Laat weer vir so 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol.
Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie gereed is: As dit dadelik begin braai, is olie reg. Braai so 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer dit aan die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om. Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.
VETKOEK IN SKOTTELBRAAIER:
2 koppies koekmeel
40ml suiker
10ml bakpoeier
knippie sout
2ml gemengde speserye
2ml kaneel
1ml gemaalde naaltjies
2 ekstra groot eiers (geklits)
250ml kookwater
30g rosyne of korente
olie vir diepbraai
MAAK DAN SO:
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en meng met kookwater.
Meng droë bestanddele geleidelik in totdat gladde deeg verkry is.
Roer die rosyne by.
Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3 tot 4 lepelsvol beslag
in warm olie tot poffering en goudbruin.
Draai om en braai anderkant ook liggies.
Verwyder van olie en dreineer op kombuispapier.
Bedien warm.
(Lewer omtrent 15 vetkoekies)
APPLE FRITTERS: [MR FOOD]
Fritters are simply small portions of yummy batter that are deep-fried. This one's especially tasty 'cause it's overflowing with the flavor of sweet apples.
Makes: 2 dozen
Cooking Time: 30 min
What You'll Need:
3 cups all-purpose flour
3 tablespoons granulated sugar
2 1/2 teaspoons baking powder
1 3/4 cups milk
1 egg
1 cup vegetable oil
4 to 5 apples, peeled, cored, and cut in 1/4-inch-thick round slices
1 cup confectioners' sugar
What To Do:
1.In a large bowl, combine flour, granulated sugar, baking powder, milk, and egg; mix well.
2.In a large skillet over medium heat, heat oil until hot but not smoking. Dip apple slices into batter, one at a time, then place in oil.
3.Cook 1 to 2 minutes per side, or until golden on both sides. Drain on a paper towel-lined platter.
4.Place confectioners' sugar in a shallow dish. Carefully dip hot fritters in sugar, coating completely. Serve immediately.
NOTES:
•If the batter becomes too thick, be sure to add a tablespoon or two of milk to achieve the desired consistency.
•Serve these up with our incredible Spiced Caramel Apple Cider and be prepared for utter joy!
BROODVETKOEK MET CHEDDARKAAS EN APPELKOOSKONFYT: [deur SARIE.com-span]
Wat is die langpad see toe nou sonder lekker padkos? Tannie Poppie se padkos-resepte is perfek vir die lang, honger ure op die pad.
Sowat 12 vetkoeke
• 10 g suurdeegkorrels
• 25 ml suiker
• 1 kg koekmeel
• 10 ml sout
• 15 ml poeiermelk
• 410 ml lou water (as deeg te styf is, voeg nog bietjie water by)
• 12,5 ml sonneblomolie plus 750 ml sonneblomolie vir braai
MAAK DAN SO:
Los suurdeeg en suiker op in ’n bietjie water. Sif meel, sout en poeiermelk saam in ’n mengbak. Voeg water en 12,5 ml olie by en maak aan tot ’n stywe deeg. Plaas deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en knie sowat 10 – 15 minute tot elasties. Plaas deeg in bak en maak toe met kombuislap. Sit bak op ’n warm plek en laat deeg rys tot dubbel die volume. Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak – nie te dun nie. Gebruik ’n koekieuitdrukker van sowat 6 – 7 cm en druk sirkels uit. Maak toe met ’n nat lappie en laat weer rys vir 30 minute. Verhit 750 ml sonneblomolie in ’n diep pan. Trek elke vetkoek in ’n ovaal vorm. Plaas in warm olie en braai tot gaar en bruin. Sit voor saam met cheddarkaas en appelkooskonfyt.
STAMPKORING VETKOEK:
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
5ml sout
500ml gaar stampkoring
2 eiers, geklits
150ml melk
15ml gesmelte botter
kookolie om in te braai
SO MAAK JY:
Sif die meel bestanddele saam en voeg die stampkoring daarby. Meng die eiers, melk en gesmelte botter en voeg by die meelbestandele. Meng deeglik. Skep lepelgrootte van jou keuse in verhitte olie en diepbraai tot gaar. Dreineer op papierhandoek en sit voor met botter en heuning.
Enige konfyt daarby smaak ook lekker.
HAWAWSHI – ARABIAN STUFFED PITA BREAD:
YOU'LL NEED :
•1 – 1½kg of minced meat- preferably not more than 90 % we need some fat here.
•4 pita bread – here is how to make your own.
•1 medium chopped yellow onion.
•1 medium bell pepper chopped – any color or mixed whatever you like.
•1 tsp salt, 1 tsp black pepper.
•1 medium chopped tomato – optional , I did not add this as it makes the bread more soggy.
•Oil for brushing – olive or vegetable is fine.
•1 Tsp crushed red pepper – or to your liking if you like hot food.
A NOTE:
Hawawshi is known for its hot and spicy flavor so if you want you can add habanero chili or hot sauce to the meat.
WHAT TO DO:
•Preheat the oven to 400°F, mix all the ingredients together except for the pitas of course.
•Open the pita pockets like shown below, you can cut it in half and stuff each half or stuff the whole pita and make it a big one hawawshi pocket. If the pocket did not open you can always fold it in half.
•Brush the bread with oil – if you prefer butter or ghee it is ok go ahead – then stuff it with the meat mixture. Wrap the pita in foil close well and place them on a baking sheet.
•Bake for 30 minutes or until you feel the meat is done. You can serve them that way BUT I find them kinda soggy. This is how it will look like.
•So here are your options if you do not like soggy bread like me, you can unwrap the pitas then place them directly on the oven rack until they are golden and crispy OR – and that’s what I do – grill them on an indoor electrical grill or griddle for like 5 minutes or until desired crispness is reached.
•Serve with green salad, hummus, pickles, potato chips ….. and the list goes on.
PIZZA POPPERS: [CLOSET COOKING]
Prep Time: 15 minutes
Cook Time: 15 minutes
Total Time: 30 minutes
Servings: 24
All of the flavours of pizza rolled into balls and fried until golden brown and crispy! These little pizza poppers a stuffed with plenty of melted cheese and perfect when served with pizza sauce for dipping!
INGREDIENTS:
•1 pizza dough (homemade or store bought)
•24 slices pepperoni
•24 1x1x1/4 inch pieces mozzarella
•oil of frying
•1/4 cup parmigiano reggiano (parmesan), grated
•1 teaspoon oregano or Italian seasoning blend
•1/2 teaspoon garlic powder
•salt and pepper to taste
•1/2 cup pizza sauce (homemade or store bought), hot - link this
WHAT TO DO:
1.Roll the dough out into a 12x8 inch rectangle, cut into 24 2x2 inch squares, top with pizza filling and wrap them up sealing them tightly.
2.Heat some oil in a pan over medium heat and cook until golden brown, about 3-5 minutes, set aside in paper towels to drain, sprinkle on the mixture of the parmesan, oregano, garlic powder, salt and pepper and enjoy while warm, dipped into pizza sauce.
Option: Use your favourite pizza toppings.
Option: Instead of frying, place them in a baking dish with the sealed side down, brush with oil, sprinkle on the mixture of the parmesan, oregano, garlic powder, salt and pepper and bake in a preheated 400F oven until golden brown on top, about 15 minutes.
KOM ONS MAAK VETKOEK: [COLYN MAAK MAN KOS]
AS JY HIERDIE RESEP EN WENKE VOLG GAAN JY BESLIS BINNEKORT 'N BO-BAAS VETKOEKBAKKER WEES...ouma BEER!
As daar nou een ding is sekerlik menige boerseun of dogter se mond kan laat water, dan moet dit vetkoek wees.
Op enige stadium kan jy maar toets en net die woord VETKOEK noem in gesleskap en dadelik gaan daar 'n paar wees wat begin vertel van hulle kinderdae en hulle ouma of hulle ma se vetkoek.
Vir my sal dit altyd my ouma se vetkoek wees wat my laat glimlag ... so lekker gelerige deeg korsie wat so taai en krakerig was met sulke groot rysgate in die middel in die sagte deel. Nouja ek is seker dit was gekoppel aan die suurdeeg wat sy gebruik het en die hele knie proses want sy het vetkoek gemaak van die brood deeg wat sy geknie het.
Ek het nou al 'n paar keer gesien mense vra op FB oor hoe kry mens die hol vetkoeke wat so lekker vulsels kan insluk.
Vir my is vetkoek en mince iets wat ek kan eet sonder ophou. Maar ek hou niks van die brood in die vetkoek nie. So ek het dit my mission gemaak om die meeste kors vir die minste deeg te kry ... dit is mos maar daai kors wat vetkoek so lekker laat maak.
Die fotos wat ek hier gebruik is almal van vetkoek wat met bruinbrood deeg gemaak is. Dit werk dieselfde vir witbrood behalwe dat die witbrood gouer bruin bak.
OM LEKKER HOL VETKOEKE TE KRY GAAN JY BENODIG:
1. SPAR brood deeg ... wit of bruin. Wat veral lekker werk is as jy die deeg koop en so twee dae in jou yskas los voor jy dit gebruik.
2. Diep olie vir die braai ... ek gebruik 'n deep fryer en die temperatuur is op 170 C ... as jy dit te warm maak dan word die vetkoeke donker voor dit lekker crispy is.
SO MAAK MENS:
Gooi meel op 'n groot sny plank en dop die deeg op die plank uit ... jy kan dit natuurlik ook op jou werk oppervlak doen.
Druk nou die bal deeg so plat as wat jy kan met jou hande. Strooi die bokant goed met meel en begin rol met a koekroller.
Nou moet jy nie bang wees nie, jy soek daai deeg so plat as wat jy dit kan kry. As jou deeg baie vars is sal jy nogal sukkel en gereeld meel moet strooi.
My plank is lekker groot en ek probeer hom volmaak met die deeg.
As klaar is met die rol werk dan strooi ek gewoonlik nog so bietjie meel sodat ek my hand maklik oor die deeg kan vryf sonder dat hy vassit.
Nou kan jy maak soos jy smaak ... jy kan rondes maak met koppie of a piering of a glas .... ek maak nie rondes nie want dit veroorsaak teveel deeg afval. Ek begin deur die rant te sny sodat ek min of meer a goeie reghoek kry.
Die dun repies wat ek afsny op die rante snipper ek in stukkies en gooi hulle eerste in die olie ... jy moet hulle bly roer en onder dompel, jy kry dan sulke lekker nuggets wat ek sommer in a diepbord uitkeer en vol suiker gooi ... lekker peusel happie terwyl ons kos maak.
Sit nou jou stukke in die olie ... dis belangrik dat jy nie die pan overcrowd nie ... sodra jy die "vel" in die olie gooi sink hy bodem toe en kom dadelik op ... nou moet jy jy hom so paar keer onderdompel ... ek gebruik sommer my braai tang ... wees net versigtig dat jy die ding nie stukkend steek nie want hy gaan opblaas soos ballon en met elke dompeling pof hy net meer totdat die kors verhard het.
As jy hom stukkend steek staan jy 'n kans dat die vetkoek baie olierig gaan raak.
Laat hom verbruin aan die eenkant en dop hom om. As jy jou repe te dun sny gaan jy sukkel om hom om te dop want van die uitpof raak hy omper rond soos a pyp en die bokant gaan baie lig wees en wil bly om dop.
Wat lekker is van die manier is dat jy regtig jou porsies mooi kan bepaal ... groot vir die manne en kleiner vir die dames.
As hulle lekker bruin is, haal uit en gooi die volgende klompie in ... moenie jou pan te vol pak nie want dan gaan jy sukkel.
Hierdie is 'n flatervrye manier om elke keer lekker hol vetkoeke te kry en jy eindig op met die heerlikste "korspakkies" vir al die lekker vulsels wat jy wil ingooi.
As ek mince insit dan sny ek net so slootjie in die eenkant en skep die vulsel in ... as ek worsbroodjies maak dan sny ek oop en pak die wors en goeters in.
Heerlike porsie lekker vetkoek ... vinnig en maklik.
Kyk mooi op die foto ... feitlik geen brood deeg binne nie ... net 'n kors.
Geniet dit.
COLYN SE ANTWOORD OP VRAE:
Totdat die mense die vrae hier vra sal ek maar die goed invoeg:
Sharon: "Colyn, nou sien ek kans om vetkoek te bak en nie flops me maak nie. Dankie gaan die 2 dae in die yskas prober. Wil net seker maak oor hoe dik omtrent die deeg moet wees."
Suzy: "as jy hom plat uitgerol het moet hy nie dan weer rys nie, of bak jy hom dadelik."
Antwoord:
Jy rol dit so plat as wat jy kan ... hulle gaan natuurlik wil opstaan en wat jy wil verhoed is dat dit dikker word as omtrent so sigaret dikte ... sorry vir die vergelyking maar dis al wat nou vinnig aan kon dink.
Die rede vir die veroudering is dan is die kanse skraler dat dit te kwaai probeer rys na die uitrol.
As jy daardie dun vlenters in die olie gooi is dit belangrik dat jy net wag tot hy bo dryf en dan dip jy hom so onder die olie in ... met die dip slag sal jy dadelik sien hoe begin hy op pof.
PINEAPPLE FRITTERS: [MR FOOD]
Fritters are simply small portions of yummy batter that are deep-fried. This one's especially tasty 'cause it's overflowing with the flavor of juicy pineapple.
Makes: 2 dozen
Cooking Time: 25 min
INGREDIENTS:
•3 cups all-purpose flour
•1 (20-ounce) can crushed pineapple, drained
•1 cup milk
•1 egg
•3 tablespoons granulated sugar
•2 tablespoons butter, melted
•2 1/2 teaspoons baking powder
•1 cup vegetable oil
•1 cup confectioners' sugar
WHAT TO DO:
1.In a large bowl, combine all ingredients except oil and confectioners' sugar; mix well. In a large skillet, heat oil over medium heat until hot but not smoking.
2.Drop pineapple mixture by heaping tablespoonfuls into skillet a few at a time. Cook 1 to 2 minutes per side, until golden on both sides. Drain on a paper towel-lined platter.
3.Place confectioners' sugar in a shallow dish. Carefully dip hot fritters in sugar, coating completely. Serve immediately.
VETKOEK MET HOENDERMAYONNAISE: [Deur Huisgenoot Digitaal]
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: sowat 25 minute
Staantyd: sowat 1 uur
Baktyd: 40 minute
HOENDERMAYONNAISE:
30 g botter
4 ontbeende hoenderborsies
sout en gemaalde swartpeper
sap en skil van 1 suurlemoen
150-200 ml mayonnaise
1 klein ui, fyn gekap
2 groot agurkies, fyn gekap
60 ml vars pietersielie, gekap
VETKOEK:
1 kg bereide brooddeeg
olie vir diepbraai
MAAK SO:
1.HOENDERMAYONNAISE:
Verhit die botter in ’n pan en braai die hoenderborsies tot gaar. Geur met sout, peper, sap en suurlemoenskil
2.Laat die hoender heeltemal afkoel en sny in klein stukkies.
3.Meng dit met die mayonnaise, ui, agurkies en pietersielie en hou eenkant.
4.VETKOEK:
Laat die deeg sowat 20-30 minute rys.
5.Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkoppervlak af en vorm gholfbalgrootte-deegballetjies. Laat staan op ’n warm plek en laat rys sowat 20-30 minute.
6.Verhit intussen die kookolie in ’n diep kastrol. Druk elke deegbal plat en bak tot goudbruin.
7.Sny elke vetkoek oop en skep van die hoender in.