BREAD CUPS:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, August 22, 2011 at 1:33pm.
Use a stick that is about 3 inches across, wrap in foil, grease foil and form biscuit mix or bread dough around the end of the stick and cook over the fire.
Remove from stick carefully when done and serve anything you like in the cup; chili, creamed chicken, creamed tuna stew, etc.
ROOSTERKOEK:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, August 29, 2011 at 11:24am
500 ml bruismeel ( 2 k )
2.5 ml sout ( 1/ 2 t )
25 ml suiker ( 2 E )
25 ml margarien of olie ( 2 E )
200 ml water ( 4/ 5 k )
Sif die droë bestanddele saam.
Meng die margarien of olie daarby.
Voeg die water daarby om `n taamlik stywe deeg te vorm.
Vorm die roosterkoekies met die hand – gebruik meel indien dit aan die hande vassit.
Braai dit op `n rooster oor die braaivleisvuur.
Onthou om dit dikwels om te draai.
PA SE ASKOEK: vir kampering on Monday, August 29, 2011 at 11:29am.
Dis ’n vinnige deeg wat min moeite verg – en die eindproduk smaak soveel beter as winkelbrood. Jy kan dit op die rooster braai, óf sommer in die as.
■1 pakkie (30 g) kitsgis
■1-2 koppies louwarm water
■1 kg witbroodmeel
■1 teelepel sout
■1 eetlepel suiker
■1 eetlepel gesmelte botter of olie
■200 g korente of pitlose rosyntjies
Los die kitsgis in ’n bietjie water op totdat dit skuim.
Gooi die meel, sout, suiker en botter of olie in ’n diep bak, voeg die water bietjies-bietjies by en meng en knie totdat die deeg sag en elasties is.
Laat die deeg op ’n warm plek tot dubbeld die volume.
Smeer jou hande met ’n paar druppels olie en knie die deeg af.
Laat die deeg nog ’n slag rys.
Knyp stukke deeg so groot soos jou handpalm af en maak plat, ronde koeke.
Maak met die steel van ’n houtlepel op elke bolletjie twee voortjies wat mekaar kruis en druk korente daarin vas.
Bak die koeke direk in lae asbedekte kole (óf op die rooster) vir sowat 40 minute.
Draai dit 3 of 4 keer om totdat dit ligbruin is, maar steeds met as bedek.
Sny die koek. Moenie skaam wees nie en smeer lekker dik botter en appelkooskonfyt op.
ROOSTERKOEK MET PLOUGHMANS VULSEL: [BOEREKOS]
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, August 29, 2011 at 11:34am.
Vetkoek, roosterkoek, dis mos kos in ons kultuur. Hierdie koekies word sonder gis en met karringmelk gemaak. Jy kan hulle oor die kole braai, maar in 'n riffelpan smaak hulle net so lekker gaar.
Die Britte is gek na 'n Ploughman's-broodjie. In hul land word dit dikwels as 'n kroeg-middagete voorgesit. Ons het die gebruiklike ham deur hoender vervang en uiemarmelade pleks van piekels opgesit.
KARRINGMELK -ROOSTERKOEK:
250 ml koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
5 ml sout
50 ml botter
375 ml karringmelk
MAAK DAN SO:
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter met die vingers in tot goed gemeng.
Voeg net genoeg karringmelk by om 'n stywe deeg te vorm.
Plaas op 'n meelbestrooide oppervlak en rol in rolletjies.
Sny in skywe van 4 cm dik en druk elke skyf effens plat om 'n koekie te vorm.
Laat rys tot dubbel die grootte.
Verhit 'n ongesmeerde riffelpan tot goed warm.
Plaas 'n paar roosterkoeke op 'n keer in die pan en braai tot bruin aan alle kante en gaar in die middel.
Vulsel:
1 pak gemengde slaaiblare
2 gerookte hoenderborsies, skuins in repies gesny
4 agurkies, in dun skyfies gesny
125 g briekaas, in skywe gesny
60 ml uiemarmelade
raffia of tou vir vasbind
Sny die roosterkoeke oop en smeer met botter.
Pak die slaaiblare, hoender, agurkies en kaas in lae in die roosterkoeke.
Skep die uiemarmelade bo-op en bind die roosterkoeke vas met raffia of tou.
GEVULDE ROOSTERKOEK:
1 pk gekoopte brooddeeg
Gaar Boerewors/gaar kaasrussians/gaar medium frikkadelle/gaar hoender/brosgebraaide spek en piesang/vieannas of watter vulsel jy ookal kan uitdink.
Gerasperde sterk cheddarkaas
Uie
knoffel
Korrelmosterd
Braai die uie en knoffel in 'n pan tot sag en voeg die mosterd by.
Knie die brooddeeg af en verdeel in ewe groot balle.
Vou 'n stukkie wors of wat jy ookal verkies in die deegbol met bietjie kaas. [moet groterig wees]
Sit dit op 'n bakplaat op 'n warm plek sodat dit kan rys.
Braai dan op jou rooster, draai gereeld om en passop vir brand.
Breek oop en bedien met die uiemengsel.
Jy kan 'n ander mengsel maak vir enige van die genoemde vulsels soos bo.
MAKLIKE ROOSTERKOEK:
500 g Bruismeel (1 pakkie)
5 ml (1 t) sout
olyfolie
340 ml bier ( 1 blikkie)
Meng die bestanddele deeglik en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.
Variasie
Voeg 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.
ROOSTERKOEKKONINGIN EMILE se resep:
2 1/2 koppies koekmeel
2 1/2 koppie broodmeel
1 1/2 t fyn sout
1/4 t witpeper
3 e geelsuiker
Sif alles saam . roer dan by 1 pakkie suurdeeg [10g] by. meng 1/2 koppie karringmelk, 4 e sonneblomolie, 1 groot plaaseier en 2 koppies louwater of melk. roer in meel en meng goed deur. knie goed, maak toe, laat rys, knie af , laat rys weer. vorm in gholfbal grote porsies – druk plat met die palm van jou hand – sit jou magievulsel op die een kant, vou toe druk goed vas – laat staan so vir 10 minute, rol liggies in meel en vat hom vuurtoe, braai op die stadige kant van jou vuur tot goudbruin aan alle kante – die geheim is dat jy hom sy tyd gee om bruin en bros te raak nooi jou bure, sommer die hele straat en onthou om ‘n glasie te klink op emily – die roosterkoekkoningin van upington en miskien ook die hele suid-afrika.
ROOSTERKOEK MET KOEKSODA:
2 kop meel
1 e suiker [opsioneel]
¼ t kremetart
¼ t koeksoda
¼ t sout
Melk, verkieslik dikmelk of karringmelk om mee aan te maak
Sif droë besanddele saam.
Vryf botter in.
Maak aan met dikmelk/karringmelk.
Rol sowat 1½cm dit uit en sny in vierkante of maak plat koekies met die hand.
Plaas op rooster en laat stadig oor warm kole gaar word.
Draai om.
Bedien saam met botter, konfyt of stroop.
STOKBROOD: [Deur Sonja Jordt]
Jy kan ook die holtes vul met gebraaide wors of botter, appelkooskonfyt en gerasperde kaas.
Kinders is dol oor stokbrood, so laat hulle die deeg om die stokkie draai.
Kinders is dol oor stokbrood. Laat hulle self die deeg om die stokke draai en as hulle oud genoeg is, kan hulle dit self braai ook.
Deeg:
Jy benodig (vir 2 brode)
• 1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
• 2 teelepels suiker
• 1 teelepel sout
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 1 eetlepel olie
• sowat 2 koppies louwarm water
Só maak jy
1 Almal tesame. Meng die droë bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ’n hanteerbare
deeg te vorm.
2 Spiertier. Knie die deeg tot glad.
3 Op die plek rus. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op ’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.
STOKBROOD:
1 Begin met die repies. Laat die deeg toe om die eerste keer te rys en knie dit dan af. Rol dit
met ’n koekroller uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 15mm dik en sny dit dan in repe.
2 Amper soos malvalekkers. Draai die repe om stewige stokkies en braai dit dan oor matige, grys kole tot goudbruin en gaar. Draai dit deurentyd om. Sodra dit gaar is, sal die stokbrood maklik van die stokkies afskuif.
STOKBROOD MET GEBRAAIDE WORS: [Deur Barbara Joubert & Herman Lensing, SARIE KOS ]
Dié een is lekker kampvuurkos, en die kinders sal dit ook geniet om te maak.
(6 PORSIES)
Verdeel deeg in 6 groot stukke. Sprinkel ’n dun lagie meel oor die werkoppervlak en rol elke bal met jou handpalms in ’n lang wors van sowat 30 cm lank uit. Rol elke stok ook in koekmeel. Draai deeg in ’n spiraal rondom die punt van elke stok en maak seker jy druk die punt goed vas. Braai die stokbrood sowat 30 cm van jou warm kole tot dit goudbruin en gaar is – sowat 25 minute. Terwyl die brood braai, plaas jy die wors in ’n toeklaprooster en braai tot gaar – sowat 10 minute. Trek gaar brood van die stokke af en plaas wors binne-in elke brood. Sit voor met tamatiesous.
SPEK EN MOZZARELLA BROODSTOKKIES: [ONBEKEND]
Wanneer jy iets soos potjiekos maak wat lank neem voor dit gereed is, het ‘n mens ‘n vullende voorgereg nodig. Hierdie stokkies kan jy aanpas soos jy daarvan hou: dit bestaan uit mozzarellakaas wat in spek toegedraai en saam met ‘n sampioen, broodsnytjies en kersietamaties op ‘n sosatiestokkie geryg word –
gereed om op die kole te braai. Heerlik!
Om 8 stokkies te maak:
16 kersietamaties
2 - 3 lang broodrolletjies
4 spekrepies, gehalveer
16 mozzarellakaasblokkies van 2 x 2 x 1 cm
8 portabellini- of knopiesampioene
2.5 ml aangemaakte Engelse mosterd
50 ml olyfolie
50 ml witwynasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml fyn suurlemoenskil
15 ml vars, gekapte pietersielie (opsioneel)
Begin deur die mozzarellablokkies en die sampioene te marineer.
Klits die mosterd, olyfolie, asyn, sout, peper, suurlemoenskil en pietersielie saam. Gooi dit oor die mozzarella en sampioene in ‘n bak. Plaas dit in die yskas om te marineer vir ten minste ‘n halfuur.
Laat intussen 8 sosatiestokkies in water lê – ook vir ‘n halfuur - terwyl die kaas en sampioene marineer.
As jy dit nie in die water sit nie, is daar ‘n sterk moontlikheid dat die stokkies aan die brand gaan slaan – wees gewaarsku!
VRYSTAAT SE ROOSTERKOEK:
brooddeeg
braaivleisspeserye
knoffelvlokkies
gerasperde kaas
• Verdeel die deeg in porsies en maak die deeg plat.
• Strooi knoffelvlokkies, braaivleisspeserye en gerasperde kaas oor.
• Vou die deeg toe en knyp goed vas.
• Laat weer rys en braai oor die kole op ‘n rooster.
SOPHIE ô SE ROOSTERKOEK: [BOEREKOS - DINE VAN ZYL]
1 kg witbroodmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
5 ml (1 t) suiker
2,5 ml (½ t) sout
500 – 600 ml (2 k of meer) warm
water
ekstra meelblom om oor te strooi
Voeg al die bestanddele bymekaar en knie tot die deeg van die hande
afkom. Bedek die deeg met ‘n doek en laat dit hoog rys. Knie af en sny in ewe groot stukke. Strooi meel oor en maak gaar oor die kole.
ROOSTERKOEK MET BRUISMEEL:
Bestanddele
500 g bruismeel
7.5 ml sout
30 ml olie
250 plus 100 ml water
Metode
Gooi die meel en sout in ´n mengbak. Voeg die olie by die koppie water.
Maak ´n holte in die meel en sout en gooi die water-oliemengsel daarin. Meng met ´n houtlepel – gooi nou nog van die water by. Die 100 ml behoort net reg te wees, maar aangesien die tipe ding deur allerhande natuurlike en wetenskaplike verskynsels beïnvloed word, moet jy dit sluk-sluk byvoeg.
Die deeg moet net-net nie meer taai wees nie, eerder glad. Knie dit so bietjie om te meng en vorm dan in ´n lang reghoek van ongeveer 8 cm breed en 1 – 2 cm hoog. Jy kan die oppervlak met nog meel bestrooi sodat dit nie vasplak nie.
Sny nou plat reghoekies met ´n breedte van ongeveer 5 cm. Jy sal tussen 10 en 12 roosterkoeke hiervan kan maak.
Hierdie reghoekies kan nou êrens op 'n meelbestrooide bord wag vir die vuur.
Die braaivleisvuur moenie te warm wees nie – die roosterkoeke brand maklik! Pak dit aan die kante van die rooster, sodat dit nie direk in die vlamme is nie, maar eerder egalige hitte op die kantlyn ontvang. Draai gereeld om en moenie wegstap nie. Dis alles harde lesse om te leer, die dat ek dit so stiptelik uitspel! Dit neem tussen 10 en 15 minute, alles hang af van hoe dik hulle is. Breek maar een oop en kyk as jy twyfel.
Nou kan jy dit opdien: met botter en stroop of konfyt, of met maalvleis en kaas, of saam met jou braaivleis, of net soos jy gaan lekker kry!
ROOIBOS OONDKOEKE: [Leonie van der Merwe]
Bestanddele vir meelmengsel
• 1.25kg witbroodmeel
• 10ml sout
• 1 pakkie (12.5g) kitsgis
Gooi bymekaar en meng deur met die hand.
Bestandele vir rooibosteemengsel
• 25ml heuning
• 25ml olyfolie
• 750ml rooibostee wat goed getrek het (4 teesakies)
• 2ml witasyn (dit neem die gissmaak weg)
Metode:
Gooi die rooibostee by die heuning en olie.
Roer goed deur sodat die heuning vloeibaar kan wees en laat afkoel tot louwarm. Maak ‘n holte in die meelmengsel en gooi die rooibosteemengsel by. Knie baie goed tot deeg elasties is en daar nie meer deeg aan jou hande vassit nie. Laat rys op ‘n louwarm plek tot die deeg dubbel die grootte is. Klits 1 eier en 10ml koue water met ‘n vurk. Sit ‘n teesakkie in en laat week. Knie die deeg af.
Vorm oondkoeke, ‘n bietjie groter as ‘n gholfbal of soos jy verkies. Pak in ‘n oondpan met spasies tussen-in sodat dit nie teen mekaar vasrys nie. Gebruik die teesakkie en smeer die eiermengsel bo-oor die oondkoeke – dit gee ‘n baie mooi kleur.
Bak teen 180°C in ‘n voorafverhitte oond tot deurgebak vir 30 – 35 minuut. Sit warm voor met plaasbotter en tuisgemaakte konfyt.
KOELDRANK SKONS IN JOU PLATBOOMPOT: [Resep: Tiaan Langenegger]
Verpotmaklik kry nuwe betekenis as jy van hierdie resep praat. Net twee bestanddele? Wie kan dít nou nie doen nie?
Ja, dis só maklik!
Jy benodig
1 pakkie (500 g) bruismeel
1 blikkie (330 ml) limonade
Só maak jy
1 Meng die meel en limonade saam. Sprinkel 'n hand vol meel oor 'n plat, droë oppervlak en drukkie deeg daarop uit.
2 Gebruik 'n glas en druk sirkels uit die deeg.
3 Smeer 'n broodpanpotjie of platboompot met 'n bietjie botter en sit die deegbolletjies daarin.
Bak dit oor matige kole vir sowat 20 minute tot gaar. Die skons is reg as jy 'n tandestokkie daarin steek en hy skoon uitkom.
ROOSTERKOEK BOERIE: [Deur Aletta Lintvelt]
Gebruik ’n lekker vetterige lamswors vir hierdie resep.
Maak langwerpige roosterkoeke.
Braai dan ’n heel eiervrug – skil en al – oor die kole totdat dit sag is, en vul dan die gaar roosterkoeke met ’n skeppie sagte eiervrug, tzatziki (die meeste goeie winkels en supermarkte hou dit aan) en skyfies Deense fetakaas (dit is romeriger as gewone feta).
Sit ’n stukkie lamswors bo-op die kaas.
ROOSTERKOEK: [deur MICHAEL COETZEE]
2.5kg broodmeel
1 pakkie yeast
teelepel sout
+/- 1.4 - 1.5L sterk lou water....
METODE:
Meng die lot en knie lekker deur... gee tyd om te rys en en knie weer af... as die outjie weer lekker gerys het, maak jou broodjie en braai oor stadige kole tot brosbruin... jy weet mos jy moet kaas en appelkooskonfyt in die tent hê...
ROOSTERKOEK: [Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Somer 2007 Foto’s: Micky Hoyle Galery]
Ek het met roosterkoek in die Karoo grootgeword en het altyd appelkoosfonfyt daarop geëet.
(6 groot roosterkoeke of 12 kleintjies)
•250 g witbroodmeel
•250 g koekmeel
•10 ml sout
•1 x 10 g-kitssuurdeeg
•15 ml suiker
•315 ml warm water
DAN MAAK JY SO:
Meng die witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg in 'n elektriese menger met 'n deeghaak. Meng die suiker en warm water saam en voeg by die meel. Meng goed. Jy kan die mengsel ook met 'n houtlepel aanmaak en dit op 'n meelbestrooide oppervlak met jou hande knie tot elasties. Dit neem so 10 minute. Sit die deeg in 'n groot genoeg bak vir dubbel die grootte daarvan. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rys tot byna dubbel die grootte op 'n louwarm plek. As dit die dag nogal koud is, sit ek my lou-oond op laag en laat die deeg daarin rys. Knie die deeg af en vorm jou roosterkoeke - tradisioneel 'n ovaalvorm. Besprinkel die roosterkoeke met ekstra meel en sit hulle op 'n bakplaat om weer te rys. Hulle moet weer tot so dubbel die grootte rys. Braai stadig oor matige kole en draai nou en dan om. Dit sal so 20 - 30 minute neem. Onthou, die deeg moet gaar word.
Wenk
Jy hoef nie altyd roosterkoek oor die kole te braai nie. Ek het dit al in 'n riffelpan oor lae hitte op die stoof gaargemaak.
BROODKRUMMELROOSTERKOEK: [ EG SUID-AFRIKAANSE RESEPPE]
1 kop ou broodkrummels
½ kop water
3/4 kop melk
1 kop meelblom
3t Royal bakpoeier
½t sout 2 eiers goedgeklits
3e gesmelte smeer [botter/margarien]
SO MAAK JY:
Hou broodkrummels 10 minute lank in water, gooi melk by.
Sif meelblom, bakpoeier en sout bymekaar, gooi by broodmengsel, gooi geklitste eier en smeer by, meng goed.
Bak op effens gesmeerde roosterplaat,
Maak 12 roosterkoekke.
MIELIEMEELROOSTERKOEK: [EG SUID-AFRIKAANSE RESEPPE]
3/4 kop mieliemeel
1 kop kookwater
1e stroop of bruinsuiker
1 kop suurmelk of karringmelk
2 eiers
½ kop meelblom
1t sout
4 gelykvol teelepels bakpoeier
¼t koeksoda
2e gesmelte smeer [botter/margarien]
SO MAAK JY:
Gooi kookwater oor die mieliemeel en roer tot dit dik is.
Gooi stroop, melk en ongeklitste eier by, klits deeglik.
Laat afkoel.
Wanneer dit koud is, sif die meelblom, sout, soda en bakpoeier saam.
Gooi gesmelte smeer by en meng goed.
Bak op warm, effens gesmeerde rooster of roosterplaat.
ROOSTERKOEK MET BROOD EN KOEKMEEL: [Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Somer 2007 - Foto’s: Micky Hoyle Galery]
Ek het met roosterkoek in die Karoo grootgeword en het altyd appelkoosfonfyt daarop geëet
(6 groot roosterkoeke of 12 kleintjies)
•250 g witbroodmeel
•250 g koekmeel
•10 ml sout
•1 x 10 g-kitssuurdeeg
•15 ml suiker
•315 ml warm water
SO MAAK JY:
Meng die witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg in 'n elektriese menger met 'n deeghaak. Meng die suiker en warm water saam en voeg by die meel. Meng goed. Jy kan die mengsel ook met 'n houtlepel aanmaak en dit op 'n meelbestrooide oppervlak
met jou hande knie tot elasties. Dit neem so 10 minute. Sit die deeg in 'n groot genoeg bak vir dubbel die grootte daarvan. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rys tot byna dubbel die grootte op 'n louwarm plek. As dit die dag nogal koud is, sit ek my lou-oond op laag en laat die deeg daarin rys. Knie die deeg af en vorm jou roosterkoeke - tradisioneel 'n ovaalvorm. Besprinkel die roosterkoeke met ekstra meel en sit hulle op 'n bakplaat om weer te rys. Hulle moet weer tot so dubbel die grootte rys. Braai stadig oor matige kole en draai nou en dan om. Dit sal so 20 - 30 minute neem. Onthou, die deeg moet gaar word.
WENK:

ROOSTERKOEK MET GEKOOPTE BROODDEEG: [Lezanne Strauss]
1 Voorafbereide brooddeeg
Maak bolle en laat rys vir ‘n rukkie.
Sit op matige kole – redelik hoog, moet stadig gaar word.
Draai gereeld, en laat staan so elke nou en dan op die sykante om ooral oor gaar en bruin te raak.
Om te weet of dit gaar is:
Klop met jou vingernael of kneukels – dit moet HOL klank he.
Wat lekker is, is as jy ‘n savory roosterkoek wil he, sny ui in die helfte en strooi garlic sout oor en so klontjie botter. Smeer nou die ui oor die koek die laaste paar minute as reeds…. harderig gebak is. Bietjie Italian spices werk net so lekker .
STOKBROOD:
Sif saam:
2 koppies koekmeelblom
2 teel. bakpoeier
2 teel. suiker
2 ml sout
SO MAAK JY:
Vryf 2 eetl. margarien in bg. mengsel.
Voeg: 1 geklitste eier
75 ml melk
5 eetl. water by bg. en meng tot ‘n stywe deeg.
Rol deeg uit: 20 mm x 350 mm
Rol om stok en verseël punte met water.
Maak gaar oor vuur.
Jy kan die stokbrood nadat dit gaargemaak is vul met ‘n dun worsie of gerasperde kaas en gouestroop.
GEVULDE ROOSTERKOEK: [PASELLA]
OP HIERDIE FOTO IS DIE ROOSTERKOEK GEVUL MET BILTONG!!!!! Vir een van Pasella se 2009-Kersetes, het Arno Janse van Rensburg van Dish Food and Social, roosterkoek op die kole gebraai met lekker moderne vulsels soos gerookte tamatie, brie, basiliekruid, cheddarkaas, ui- en perskeblatjang.
(Maak 8-10)
1/2 pakkie (7g) gis
1 k warm water
1 eiergeel
1 e botter
2 k meel
sout en peper, na smaak
1 e tiemieblare
SO MAAK JY:
Meng die gis en die warm water en plaas in ʼn groot bak. Voeg die botter, eiergeel en tiemie by en voeg die meel stadig by totdat alles goed gemeng is. Knie die deeg tot gladderig (10 minute). Laat in ʼn warm plek rys tot dubbel die volume. Knie af, vorm in bolle en laat weer 15 minute rys. Druk effens plat en braai oor matige kole. Roosterkoek is gaar wanneer dit hol klink as ʼn mens daarteen klop.
ROOSTERKOEK: [UITKYK]
Genoeg vir 15 - 20 roosterkoeke
Bereidingstyd: 15 minute plus rystyd
Gaarmaaktyd: 25 - 30 minute
5 x 250ml koekmeel
10ml suiker
5ml sout
1 pakkie (10g) kitsgis
15ml olie
sowat 325ml louwarm water
MAAK SO:
• Meng die droe bestandele, voeg die olie by die louwarmwater en meng alles om 'n hanteerbare deeg te vorm.
• Knie die deeg totdat dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande kleef nie.
• Plaas die deeg in 'n gesmeerde bak en bedek dit met 'n skoon vadoek. Laat staan dit vir sowat 15 minute op 'n warm plek om te rus todat die deeg tot dubbel die volume gerys het.
• Knie die deeg af en rol dit in balletjies. Druk die balletjies effens plat en sprinkle 'n bietjie meel oor elkeen.
• Laat staan weer om tot dubbel die volume te rys, dit sal sowat 15 - 20 minute neem. Rooser oor stadige kole tot gaar en goudbruin.
VARIASIES:
Braai 2 gekapte uie in 2 teelepels olyfolie tot sag.
Voeg 2 teelepels bruisuiker by en roerbraai totdat gekaramelliseer is.
Voeg 3 eetlepels balsemiekasyn by en laat prut dit tot geurig.
Laat dit heeltemaal afkoel.
Knie die gekaramelliseerde-uiemengsel by die deeg as jy dit afknie en voeg ook 'n halwe koppie.